|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 143
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
Die skare sonbewoners verlaat hulle, die drie sonmeisies staan weer en is nou nog mooier as voorheen. Uit hulle onvoorstelbaar mooi oë skyn die liefde reeds en hulle spraak is net so soet en harmonieus soos die sang van gerubs, want hulle praat nou van niks anders as die liefde nie. Ons begin ook om op ons pad voort te gaan en die baie vroue, onder leiding van Borem en Chorel, sowel as die monnike wat saam met hulle is, begin na vore deur te druk om `n beter blik te kry op die skoonhede van die son. Tot nou toe was hulle te besig om te kyk na al die wonders van hierdie wêreld, maar nadat hulle oë tevrede gestel is en aangemoedig deur Borem, wil hulle nou sien of die sonvroue hul eie skoonheid oortref. Deur `n wenk van My in sy hart, weet Martin wat in hulle gedagtes is. Hy weet ook dat hierdie nonne, wat baie trots is op hul eie skoonheid, verslaan sal wees deur die uiterste skoonheid van die drie sonmeisies. Daarom sê hy vir hulle:
(Martin): "Luister na my, mooiste dogters, `n groot aantal vroue van my planeet sal in `n oomblik voor julle staan om hul eie skoonheid met julle s’n te vergelyk. Maar julle skoonheid oortref hulle ver, tot so `n mate dat dit moontlik `n dodelike uitwerking op die ydel vroue kan hê. Doen dus vir my die guns om julle gesigte vir `n kort tydjie met julle hare te bedek en wys dan julle gesigte geleidelik as ek vir julle die teken gee."
(Die drie): "O geliefde, is ons regtig so mooi? Niemand in hierdie wêreld het dit nog ooit vir ons vertel nie, want hier is uiterlike skoonheid nie bekend nie, slegs sy orde en die wysheid wat daaruit na vore kom. Jy is die eerste een wat ons skoonheid ooit geprys het, maar ons het gedink dat jy na ons orde en wysheid verwys het. Nou het ons egter besef dat jy eintlik na ons uiterlike verwys. Vertel ons, wat is dit wat maak dat ons so mooi vir jou lyk?"
(Martin): "Voldoen eers aan my versoek, dan sal ek dit alles uiteindelik aan julle verduidelik."
(Die drie): "Dit sal beter wees as jy self ons hare oor ons gesigte stoot sodat die mense wat nou nader kom, nie bedreig word nie."
Martin is maar net te bereid om hierdie taak uit te voer en was net klaar met die derde een, toe Borem by hom kom en sê:
(Borem): "Broer, sover het jy `n uitstekende werk gedoen! Dit is waar dat jy twee vriende by jou het wat bekend is met al die gebruike van hierdie wêreld, sowel as talle ander, maar desondanks het jy nog steeds ware wonderwerke verrig. Maar met hierdie drie dogters en die naderende nonne sal jy baie versigtig moet wees, of jy kan `n verskriklike opheffing sien! Moenie toelaat dat hulle die sonmeisies se gesigte sien nie, tensy hulle daarop aandring, maar dit sou beter wees as jy op `n ander manier met hulle kan werk. Want as ons nonne die gesigte van die drie sien, sal hulle waarskynlik ineenstort asof getref deur `n flits van die weerlig en begin om hulself aan stukke te skeur uit hartseer en skande!"
(Martin, glad nie gelukkig met hierdie vooruitsig nie, sê): "Ons moet dus meer probleme met die nonne verwag! Ek het hulle altyd moeilik gevind om te hanteer en selfs hier in die hemel kan hierdie nonnies nie die vrede bewaar nie! Ek sou versoek wees om aan hulle die drie redelik ontbloot in hul uiterste skoonheid te toon, sodat die nonne tot onder die vlak van slawe verneder word en miskien dan as gevolg daarvan, sal dinge met hulle verbeter."
(Petrus): "Jy is reg broer, diegene wat so ydel en trots is op hulle voorkoms, moet nie met te veel oorweging behandel word nie. Die regte manier is om met `n sagter mate te begin, in `n poging om hul siele te red van die afsaksel van wêreldse ydelheid. As dit nie werk nie, dan moet dit tot die uiterste mate toegepas word. Jy is reg in jou denke, broer Borem, maar Martin is ook reg. Ons sal hom dit laat hanteer soos wat hy goeddink."
(Johannes stem ook saam daarnee en sê vir Borem): "Jy is reg en so is Martin, want kyk, daar is geen nag op die son nie en die Noordpool skyn net so helder soos die Suidpool. Gaan dus en bring jou vrome kleinvee en hulle sal hier goed gekam en geskeer word."
(Borem gaan en keer terug saam met Chorel en twintig van die ydelste nonne wat baie van hulleself dink. Hulle omsirkel Martin, Petrus, Borem en Chorel onmiddellik en sê aan Martin): "Wel, waar is jou groot skoonhede van die son, in vergelyking met wie ons niks is nie, soos ons in jou huis vertel is. Wys hulle vir ons en oortuig ons daarvan dat julle die waarheid praat?"
(Martin): "Julle sal kry wat julle wil hê, julle verwaande siele. Daar is alreeds drie van hulle hier. Hoe hou julle van hulle?"
(Die nonne): "Ons kan niks anders as hare en blou geplooide klede soortgelyk aan ons s’n sien nie. Maar ons wil hulle gesigte, boesems en arms sien."
(Martin): "As julle wil sterf van verdriet en skande, sal julle kry wat julle wil hê, sê dus vir my, ja of nee." Met hierdie woorde skrik die nonne en begin onder mekaar te praat wat om te doen, maar nie een van hulle het `n antwoord nie. Een van hulle draai na Chorel en vra sy mening, maar hy trek ook sy skouers op, redeneer vir `n rukkie en sê:
(Chorel): "Ja, my geliefde susters, dit is nogal `n probleem, as julle ja sê, kan julle in groot moeilikheid beland, te oordeel aan Martin se woorde. As julle nee sê, sal julle groot nuuskierigheid julle ruïneer. Sien julle hoe moeilik dit is om julle in hierdie geval te adviseer? Ek het `n ander voorstel, maar julle sal waarskynlik nie waag om dit te volg nie."
(Die nonne): "Ons sal enigiets doen as dit ons kan help! Asseblief, vertel ons wat jy voorstel."
(Chorel): "Wel, luister: Agter ons is die Sjinese en agter hulle volg die Meester, met die twee wat Hom bo alles liefhet. Vra Hom, Hy sal julle vertel wat julle in julle beste belang moet doen. As julle dan Sy raad volg, sal julle heel veilig wees, anders kan julle net julleself blameer as julle iets sou oorkom, want dit is duidelik dat hierdie dinge nie kinderspeletjies is nie. Dit is my advies. maar julle kan doen wat julle wil, neem dit of nie!"
(Toe hulle dit hoor, sê die nonne): "Vriend, ons weet dit baie goed, maar in hierdie geval sou dit beteken, - uit die pan in die vuur! Ons is `n duisend keer minder bang vir die drie as vir die Meester, want die Meester is die Meester, maar hierdie is slegs Sy skepsels, dieselfde as ons, of van uiterste skoonheid of uiters lelik, dit is nie relevant by die Meester nie. Daarom dink ons dat dit beter sou wees om te kyk na die drie pragtige sonmeisies, as wat dit sou wees om na die Meester te gaan en te wys dat ons Hom minder vrees as die drie wesens."
(Chorel): "Goed, as julle my advies nie wil volg nie, is dit in orde met my, maar julle moet seker wees wat julle doen, maak julleself dus gelukkig! In enige toekomstige soortgelyke situasie kan julle julleself die moeite spaar om my advies te vra!"
(Nou keer die nonne na Martin terug en sê): "Wat ookal gebeur, ons wil hierdie drie sonmeisies in hul volle skoonheid sien."
(Martin): " Reg, kom nader en maak julle oë wyd oop. Dit sal die einde van julle dom ydelheid wees." (Met hierdie woorde, draai hy na die drie sonmeisies en sê): "Nou my liefste dogters, neem weg julle hare en laat hierdie verwaande vroue julle aangesigte sien."
(Die drie sonmeisies): "Maar as dit hulle kan skade doen, sou ons eerder bedek bly, want ons wil niemand leed aandoen nie."
(Martin): "Dit, my pragtige, geliefde dogters, maak nou geen verskil nie. Hy wat vas staan op sy wil, of dit nou goed of sleg vir hom is,ly geen onreg nie. Hulle is deur my gewaarsku, sowel as deur `n ander broer, maar hulle dring nog steeds daarop aan. Daarom sal hulle hul wens hê en dit sal hulle gek maak met hartseer en hulle amper laat ondergaan. Toon dus julleself aan hierdie ydele dwase!"
(Die drie):"Goddelike vriend, jy is werklik wys, want jou uitspraak is grondig. Ons sal doen soos jy ons beveel! Wat ookal die effek mag wees, ons sal onsself nou vertoon." Met hierdie woorde het al drie gelyktydig hul hare eenkant toe gedruk en die glans van hul uiterste skoonheid het `n soortgelyke effek op die nonne asof hulle getref is deur talle flitse van die weerlig. Hulle val in `n hoop en slegs `n paar van hulle kla:
(Sommige van die nonne): "O wee, ons lelike wesens! Ons is verlore! krokodille, paddas!, En ander gruwelike ongediertes sal mooier wees in vergelyking met ons, as ons in vergelyking met die drie! O Meester! slaan ons met blindheid, want dit sal beter wees om vir ewig blind te wees, as om weer sulke skoonheid te sien!"
|
|
|
|
|