Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 145 -

CHANCHAH EN GELLA SE VERBASING OOR DIE SKOONHEID VAN DIE DRIE SONMEISIES. DIE MEESTER SE LOF VIR MARTIN AS 'N VISSER VAN MENSE. OOR DIE GEE EN NEEM VAN GENADE.


Toe die drie sonmeisies, begelei deur hul gidse, My bereik, sien Chanchah en Gella hul skoonheid en is baie geskok. Chanchah sê:

(Chanchah): "O, my almagtige Vader, wat is hierdie wesens? Geen menslike hart kan ooit sulke ongekende skoonheid voorstel nie! O Vader, is hierdie ook geskape wesens, of is hulle oergeeste wat van ewigheid af suiwerder as die lig van die suiwerste sterre is? Hoe vreeslik lelik moet ek nie lyk in vergelyking met hulle nie! As ek na hulle kyk, voel ek, vergewe my vir so `n gedagte, asof dit byna onmoontlik vir U moet wees, o Vader, om die vroulike menslike vorm so eindeloos mooi te maak. Natuurlik, so `n gedagte is dom, net soos ek op hierdie oomblik dom is. Maar daardie grenslose skoonheid is regtig byna ondraaglik vir my." Na hierdie woorde is Chanchah stil. Gella het nog niks gesê nie, maar bly net in die geheim by haarself sug oor haar voorgestelde groot lelikheid.

(Ek laat hulle egter vir `n rukkie met goeie rede in hulle hartsgebrokenheid en sê aan Martin): "Wel, my geliefde broer, Martin, jy was baie suksesvol as `n visserman. Jy het vir My drie mooi vissies uit die diep water van die son gevang, wat my `n groot vreugde gee. Dit is duidelik dat jy meer suksesvol is met jou visvang hier as wat jy op aarde was! Daarom sal ek jou `n ware visser in die water van die Son maak. Jy word nou baie sterk en baie handig met my broers, Petrus en Johannes, wat te alle tye, my hoofvissers in die hele oneindigheid is. Hierdie keer het jy werklik uitgeblink en dit is die eerste ware blydskap wat jy my gee. Want tot nou toe het skaars enige van die vissers wat Ek na hierdie wêreld van lig gestuur het, daarin geslaag om enige wesens van hierdie wêreld in die net van liefde te vang. Hulle wysheid is groot en hul skoonheid het reeds baie vissers ongeskik gemaak. Jy het egter uitgeblink as `n ware meester en omdat jy die klein dingetjies so goed beheer het, stel Ek jou nou aan oor groter dinge."

(Martin): "O Meester, o Vader, te veel, te veel genade! U weet dat `n bees vir niks goed is buiten vleis nie! En voor U is ek maar `n bees of nog erger, U weet wat ek bedoel. Sonder U spesiale genade, sou ek nie so goed gedoen het in die teenwoordigheid van hierdie drie pragtige dogters van die son nie. Selfs al sou hulle wysheid nie te veel vir my wees nie, sou hulle verloklike skoonheid sekerlik wees! En wat `n skoonheid, van kop tot tone! Maar dan, U het my gehelp deur middel van die twee sterk broers en alles het goed gegaan. Maar as U net `n klein tydjie van my onttrek het, dan sou dit die einde van my krag gewees het. En hoe ek dan sou vaar, weet net U, O Meester, die beste!"

(Ek sê): "My liewe broer, jy is inderdaad reg, want sonder My kan niemand enigiets bereik nie. Maar kyk, laat dit soos volg wees: Die gee van My genade is my werk en dit word nie weerhou van iemand nie. Maar die aangryp van die genade en die ooreenkomstige optrede daarmee is die persoonlike taak van elke vrye gees en dus ook vir jou. En dit is hoekom ek jou prys. Omdat jy My genade so goed gegryp het en dienooreenkomstig opgetree het. Ek skenk my genade aan baie; hulle weet dit en loof My daarvoor. Maar wanneer dit kom by dienooreenkomstig optree, ignoreer hulle my genade en bly onveranderd in hul slegte wêreldse gewoontes. Terwyl hulle in die vlees is, vertroetel hulle dit en bly tot die laaste oomblik sensueel. Na hulle aankoms in die geestewêreld, is hulle veel erger as op aarde, want hier kan hulle alles kry wat hulle wil hê. My genade bly nog steeds na hulle vloei, maar hulle ignoreer dit en dit is baie skadelik vir hulle. Jy het egter My genade gerespekteer soos jou optrede getoon het en dit is hoekom jy My lof verdien, al hoe meer hier, want hier is die aksie in ooreenstemming met My genade `n duisend maal moeiliker om te doen as op die aarde. Hou aan om dit te doen en jou gees sal binnekort `n unieke krag van vryheid bereik."

(Petrus en Johannes getuig ook en sê):"Waarlik, ons sou nie gewaag het om die sonvroue met liefde te konfronteer nie, omdat ons hulle ken en weet wat hulle kan doen as hulle net die geringste spoor van swakheid in `n gees ontdek. Maar Martin het geslaag en daarvoor kom die hoogste lof U toe, o Meester en `n triomfkroon van die helde vir Martin."

(Ek sê): "Laat dit so wees, maar nou, My liewe broer Martin, stel jou drie vissies aan My voor, sodat Ek kan uitvind hoe jy hulle vir My voorberei het."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205