|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 35
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
-Hoofstuk 35 -
BISKOP MARTIN SE EERSTE MISSIE EN SY ONDERVINDING. ‘N SKYNBARE DIERETUIN. "SONDER MY KAN JULLE NIKS DOEN NIE."
Biskop Martin loop blymoedig na die kamer, vergesel deur My, Petrus, en die wyse boekhandelaar, laasgenoemde volg respekvol agter ons. By die deur laat Biskop Martin ons agter en sluit aan by die dertig mense binne. Dit moet aangedui word dat ons biskop nou nie meer in sy eie, maar in my suiwerste goddelike lig is, waarvan hy egter vir baie goeie redes, nog nie heeltemal bewus is nie. In hierdie lig lyk alles anders as wat dit in die natuurlike lig lyk, dus ook die siele of heengegane geeste.
N.B. - "Heengegane" moet nie verwar word met “oorlede" in hierdie geval nie. Hier, beteken "heengegaan" `n staat van verdoemenis as gevolg van die verskillende sondes (defekte van die siel) na die verlaat van die fisiese liggaam. As gevolg van hierdie bestel, word Biskop Martin met sy intrede in die woonstel begroet met veral dierevorms in plaas van mense, nie wilde diere nie, maar eerder die beskeie en dom soort. Slegs `n paar het `n kreupel menslike vorm, bedek met gewasse. Die meeste van hulle lyk soos gejagte hase, uitgehongerde esels of beeste, en sommige soos verpotte, armsalige skape. Toe ons biskop die vreemde groep sien, in plaas van die dertig Protestante wat hy verwag het om te vind, wat wegkruip vir hom in die hoeke, is hy vir `n oomblik versteen. Daarna haal hy diep asem en sê vir homself: "Wat is hierdie helse spook in die Koninkryk van die Hemel, die huis van die Meester? Wat `n gesig! Miskien is daar ook rotte en muise hier, en miskien baie kleiner peste! Wat `n gesig! Regtig! En hoe rym dit met die Heilige Skrif, waar dit sê dat niks onsuiwer die Koninkryk van God kan betree nie? Die paar verpotte skape daar, daardie vyf kropmense bedek met vreeslike gewasse, al daardie vuil, uitgeteerde beeste en esels, en `n paar uiters armsalige hase - wat `n uitgesoekte groep vir die eerste of die hoogste hemel! Dit sou `n geselskap wees om die genot van die hemel mee te geniet! Dit is my slegte geluk as 'April Fools' dag boodskapper, dit is as die maand April in die hemel bestaan! Dit is te gek! Wat sal ek doen met hierdie goedgeaarde dieretuin? En waar is die dertig Protestante wat ek hierheen gebring het? Is hulle miskien verander in hierdie diere? Dit sou werklik snaaks wees, aangesien dit die middel van die hoogste hemele is. Die Meester is die Meester, inderdaad - dit is nou my diepste oortuiging. My liefde vir Hom vertel my dit. Maar hoekom het Hy hierdie praktiese grap op my gespeel? Hy weet die beste. Is dit moontlik dat Hy hierdie diere wil vetvoer? Dit sal nie `n baie belowende onderneming wees nie. Maar wat draai ek soos `n esel om hierdie groep? Ek sal terugkeer na waar ek vandaan kom. Tot siens, my geliefdes, ek sal bly wees om julle weer te sien!
Na hierdie lakonieke praatjie, keer die biskop terug na ons met `n verwarde uitdrukking op sy gesig. Maar Ek vra hom dadelik waar die dertig is.
(Biskop Martin antwoord): "O, Meester, sekerlik weet U dit beter as ek. Hulle daar binne kan nie die dertig wees nie, maar as dit hulle is, sou so `n metamorfose nie by die eerste en die hoogste hemel pas nie. sonder om die taal van die beeste te praat, as hulle `n taal het, dink ek nie veel kon met die gevangenes van daardie kamer gedoen word nie. U, natuurlik, verstaan die klippe en kan praat met die elemente en hulle beheer. Maar wat kan ek doen? Daarom, o Meester, terwyl U moes geweet het wat ek sou vind in die kamer, het U waarskynlik `n lokval vir my onnoselheid gestel!"
(Ek sê): "Glad nie, vriend! Jy het self die lokval gestel. Weet jy nie dat elke nuwe bediende instruksies moet kry van sy meester voordat hy `n taak doen nie?
Dit is nie genoeg as Ek vir jou sê: Gaan daar! en jy gaan, en Ek sê: Kom hier! en jy kom. Die belangrikste ding is die 'hoekom' en die 'hoe'. Is daar nie geskryf: “Sonder My kan julle niks doen nie”? Daarom, toe Ek jou na die kamer gestuur het, moes jy bely het aan My: "Meester, sonder U kan ek niks doen nie!," En Ek sou hierdie saak `n heel ander uitkoms gegee het. Maar jy het die kamer dadelik binnegegaan met `n soort van selfvertroue. Gevolglik moes jy vir jouself uitvind hoe min iemand kan doen sonder My. In die wêreld is daar ongelukkig net so baie onafhanklike werkers as wat daar mense is, en so baie verskillende opinies as wat daar koppe is. Maar hier is dit heel anders! Want hier is daar slegs een selfvertroue, wat die een in My is - en net een gedagte en een begrip ook in My en deur My! En waar dit nie die geval is nie, is daar niks anders as selfmisleiding nie.
Mag dit jou hoofgids wees vir die toekoms! Maar, nou laat ons almal in daardie kamer gaan en kyk wat ons kan doen met jou amper hemelse dieretuin, en of hierdie diere My taal sal verstaan. Laat dit so wees!"
|
|
|
|
|