Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 163 -

OOR WARE GELOOF EN GEESTELIKE VRYHEID. DIE GEESTELIKE ONTWAKING VAN DIE WYSE.

Die wyse doen nou soos voorgestel deur Martin en gooi die band en die staf weg. Toe gaan Petrus na hom toe en sê:

(Petrus): "So, dit is waar. Jy het gedoen wat broer Martin namens elkeen van ons van jou gevra het en dit het jou nou ons nuwe broer gemaak. Daarom is dit net regverdig as ons voldoen aan jou versoek en jou vertel wie ons is en waarvandaan ons gekom het. Dit is maklik genoeg om jou met woorde te vertel wat jy wil weet, maar dit sal nie van veel nut vir jou wees as ons dit doen nie. Want jy moet sonder die minste twyfel glo wat ek jou vertel. As hierdie geloof jou ontbreek, sal wat ek jou ookal vertel, nutteloos wees vir jou. Jy sê nou aan jouself, "As bewyse hierdie woorde vergesel, sal ek alles wil en kan glo!" Maar hier moet ek jou daarop wys dat in so `n geval, sou dit nie geloof wees nie, maar eerder suiwer kennis, wat jou innerlike wese min, of gladnie sal baat nie. Kennis wat gegrond is op bewyse is nie meer vrye kennis nie, maar kennis uit dwang. Dit maak nie die gees vry nie. maar neem dit net gevange met elke bewys wat voorsien word vir `n bepaalde onderrig.

Die enigste ware geloof is die een wat soos `n vrywillige gehoorsaamheid van die hart is, waar die laaste nie vra hoekom, hoe, wanneer of op welke wyse nie! Slegs so `n geloof sal die gees bevry, want dit is `n vrye, ongebonde aanvaarding van dit wat `n engel uit die hemel vir jou gesê het, wie se gesag slegs nagegaan kan word deur die liefde in jou hart. As jy liefde voel vir die engel, aanvaar hom; indien nie, laat hom gaan. Die engel het dieselfde soort opdrag van God, Wie gesê het en nog steeds sê: "Waar julle ontvang sal word, bly daar, maar waar julle nie ontvang word nie, skud die stof van julle voete af en gaan voort op julle pad." Jy kan hieruit sien dat beide, die een wat die boodskap moet ontvang, sowel as die boodskapper self, vry moet wees! Die stelling moet vry wees en so moet die aanvaarding wees! Indien meer geëis word, is daar nie meer vryheid nie, maar slegs dwang, wat nie `n gees kan bevry nie. Dit sou baie maklik wees vir God, die Ewige Meester, as Hy dit wil, om Sy mensdom te leer deur onweerlegbare bewyse dat Hy is en hoe en waarom. Hy moet net eenvoudig die mense onder dwang plaas en dan sal hulle nie in staat sou wees om iets te veronderstel of iets anders te dink nie, want, soos die geval is met diere, sal hulle harte onder dwang wees. Maar die Meester wil heeltemal vry mense hê, nie robotte nie! En dus moet hulle harte vry wees, veral waar die aanvaarding van die Meester se onderrig betrokke is, anders kan hulle gees nooit vryheid wen nie.

Solank as wat jou gedagtes vra om `n bewys om `n onderrig of openbaring te aanvaar, is jou gees soos `n gevangene in `n donker sel. Honger en dors, die gevangene roep na kos, wat na hom kom deur bewyse soos geringe broodkrummels. Dit sal hom nooit die krag gee wat hy nodig het om homself te bevry van sy boeie nie. Maar as die verstand van die hart `n onderrig vrylik aanvaar sonder bewyse, openbaar die hart sy ongebonde krag, wat in die gees oorgaan en hom bevry. Wanneer die gees vry is, is alles in die mens vry: Die liefde, lig en visie. Geen bewyse vir die waarheid word benodig nie, want die vrye gees self is die duidelikste en mees volledige waarheid.

Nou vra jou hart of jy onvoorwaardelik kan glo wat ek jou sê. Dan sal ek aan jou openbaar wat jy wil weet. As jy dit nie kan doen nie, sal my woorde nutteloos wees, want ons het nie gekom om oordeel te bring nie, maar net om jou te bevry van die swaar juk van jou ou dwang."

(Die wyse): "Verhewe vriend, jy is op `n hoër vlak as ek. Praat dus en ek sal jou vrylik glo, want ek wil jou glo."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205