Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 160 -

OOR MUSIEK IN DIE SONWÊRELD. PETRUS SE ERNSTIGE WAARSKUWING AAN MARTIN OM SY SINLIKHEID TE OORKOM.

(Martin): "Maar ek hoor nou iets soos die geluid van klokke. Wat kan dit wees? Dit klink mooi! Dus is daar ook musiek hier, ek kan nie `n ritme uit maak nie, maar dit klink tog mooi. Ek wonder wat se musiekinstrumente gebruik hulle."

(Petrus): "Dit is `n soort klok, liewe broer, soortgelyk aan dié wat deur die ou Egiptenare gebruik was en vandag nog deur Perse en Hindoes gebruik word. Maar hier is hulle klank baie helderder as op aarde. Hierdie klokke bestaan uit `n soort skyf wat met veerkragtige hamers geslaan word op groot feestelike geleenthede, of ook natuurlike verskynsels, wat ongewoon is hier. Vir kleiner geleenthede het hulle kleiner klokke waarmee hulle verskillende seine gee. Hulle het ook `n soort van harp. wat hulle soos meesters hanteer. Maar jy sal dit net hoor as jy binne-in die woning is. Nou weet jy wat jy so angstig was om uit te vind. Maar omdat hulle enige oomblik gaan uitkom, laat ons stil wees en op hulle wag."

(Martin vra gou nog `n vraag): "Vriend, is ons ook in die regte posisie vir die ontvangs?"

(Petrus): "Ons is nie soldate nie, nóg komediante! Wat gee jou so `n idee?!"

(Martin): "Ek smeek jou, liewe broer, moenie jou vir my vererg nie, of ek sal regtig wanhoop. Wanneer ek my mond die afgelope tyd oopmaak, lyk dit my of niks anders as onsin uitkom nie!"

(Petrus): "Dit is amper waar en die rede daarvoor is dat jy bly praat en vra sonder dat die Meester jou nooi om dit te doen. Buitendien het jy nog baie sinlikheid, wat in jou siel soos klein reptiele rondswaai en draai, wat nog die sinne van jou gees in so `n mate verduister dat jy net kan praat met `n bietjie wysheid as jou sluimerende sinlikheid nie opnuut opgewek word deur `n eksterne stimulus nie. Ek vra dat jy ter wille van die Meester, jouself uiteindelik regruk en `n besluit neem om nie te begeer wat onwaardig vir jou gees is nie. As gevolg hiervan, sal jou gees meer en meer verlig word en jy sal te alle tye suiwer woorde van wysheid spreek. Anders sal jy nooit wegkom van jou dwaasheid nie en die Meester, in plaas van om jou na hoër vlakke te lei, jou op die maan van jou aarde plaas vir `n duisend aardse jare. In `n oomblik sal `n menigte van die mooiste en aanloklikste vroue en dogters van die son hulle verskyning maak en ek sê nou vir jou, in die Naam van die Meester, en in alle erns: Dit is so ver as wat die Meester van plan is om jou te lei om ten einde laaste ontslae te raak van jou sinlikheid. As jy hierdie toets slaag, sal dit baie voordelig vir jou wees. Maar as jy dit faal, sal jy jouself skielik verlaat deur ons vind, nie meer op die son nie, maar op die mees onvrugbare grond van die maan. Jy het reeds voorheen `n ontmoeting met `n filosoof van daardie wêreld gehad. Alles wat met jou en om jou gebeur het sedert jou aankoms in die ryk van die geeste, het hoofsaaklik plaasgevind om jou ontwil, om jou `n doeltreffende werker in die Meester se groot wingerd te maak. Soos die Meester self vir jou gesê het, jy kan `n nuttige dienaar vir Hom word, veral in hierdie wêreld; en dit is hoekom Hy sulke groot dinge vir jou doen, ten einde `n ware engel van jou te maak, maar jy moet ook `n paar pogings aanwend, in die lig van alles wat die Meester vir jou doen, anders sal jy `n treurige lot vir jouself voorberei. Op die beste sal jy net `n treurige vodderaper in die ware koninkryk van God word, waarmee jy nog nie vertroud geword het nie. Nou weet jy die sin van alles. Ruk jouself vir eens en vir altyd reg. Wees ernstig en goed en as jy te veel ontstel word deur te veel skoonheid, kyk na die Meester en jy sal vrede vind. Jy moet só sterk word, dat selfs veel groter skoonhede nie in staat sal wees om jou te beweeg nie en dit net omdat jy vir ewig die Meester s’n wil wees. Eers dan kan jy toegelaat word tot die ware hemel waar ontelbare, ondenkbare salighede op jou wag, waarvan jy nog nie `n idee het nie. Tot dusver het jou oë nog nie gesien wat die Meester voorberei het vir dié wat Hom waarlik en getrou liefhet nie, diegene wat nie, soos jy Hom byna heeltemal vergeet in die aansig van `n gladde, goed geronde vroulike vel nie, terwyl die situasie nie te sleg is nie en nog `n beroep op Hom gemaak kan word wanneer jy in `n wanhopige penarie kom deur middel van jou dwaasheid. Kyk, Martin, dit is hoe jy so ver was en, soos jyself al herhaaldelik erken het, dat jy altyd meer dier as `n mens is. Maar noudat ons in sig van die doel is, gooi alles af wat nog dierlik in jou is, in die Naam van die Meester. Gooi die ou Adam in jou heeltemal af en trek Christus aan in die volheid van die liefde. Dan sal jy onmiddellik toegelaat word in die ware, werklike, permanente hemel, die nuwe Jerusalem, wie se burgers ek, Johannes en talle ander reeds vir `n baie lang tyd is. Verstaan jy my, Martin?"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205