|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 10
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
- Hoofstuk 10 -
BISKOP MARTIN VERDWAAL. WENKE VAN DIE HERE OOR GEESTELIKE - VOORWAARDES EN HUL GEVOLGE.
Wie bekend is met die geestelike kompas sal gou agterkom dat ons man, in plaas van in die rigting van die middag, reguit in die aand se rigting loop. Hy stap moedig aan, maar sien niks nie, behalwe die redelik gelyk grond, bedek deur yl mos en `n grys lig op die horison wat blyk donkerder te word hoe verder hy vorder in daardie rigting. Hierdie groeiende donkerte begin hom te verwar, maar dit weerhou hom nie om in daardie rigting te loop nie, omdat sy waarneming en geloof feitlik nul is, en wat oorbly is `n paar vals argumente teen die suiwer Woord van die evangelie, `n duidelike antichristelike ingesteldheid, en `n haat teen die sektes wat weggesteek is agter `n humoristiese masker.
Daarom verwys die biskop se loop na die aand en die yl mos bedekte grond, na die droogheid en skaarsheid van My Woord in sy hart. En die groeiende donkerte is te wyte aan die feit dat die bietjie respek en selfs minder gehoor aan die Woord van God (want biskoppe van hierdie aard, in die rooi en goue gewaad, buig net ter wille van die vertoon) wat nooit in hom ontwikkel het tot die warmte van die lewe nie, wat kan genereer deur die heerlike lig van die ewige oggend vir die siel nie. In die geesteswêreld, moet mense van hierdie tipe uitgedaag word met die grootste oënskynlike armoede en die donkerste nag, slegs dan word dit moontlik om hulle te verander. Moeilik soos dit sou wees, om reeds in die wêreld, so `n biskop op die pad van `n ware dissipel te lei, in die ander wêreld is dit selfs moeiliker, want daar, as `n gees, kan hy nie van buite af beïnvloed word solank daar net foute, valse redenering, en wellus vir mag is nie. Maar My genadig kan bereik wat normaalweg onmoontlik sou wees. Daarom, laat ons kyk na hierdie man en sien waar sy neigings hom lei, en wat my barmhartigheid kan doen as die ergste tot die ergste kom, sonder inmenging in sy geestelike vryheid. Hierdie genade sal aan hom geskenk word, want, op `n keer het hy My gevra om hom te help en vas te hou. Maar die krag van My barmhartigheid kan nie besit van hom neem, totdat hy ontslae geraak het van die rommel van valse idees en verborge kwaad in hom nie, wat sigbaar word in die uiterste duisternis wat hom sal omring. So laat ons nou ons swerwer bekyk. Hy beweeg met stadige en versigtige treë, terwyl hy die grond ondersoek om seker te maak dat dit ferm genoeg is om hom te dra, want die grond is stadig besig om nat te word, wat beteken dat sy fundamentele vals konsepte binnekort sal oorloop in `n ondeurgrondelike see van geheimhouding. Daarom word verskillende kleiner moerasse van geheimhouding reeds duidelik - `n toestand wat op aarde dikwels duidelik word wanneer mense nie wil luister of praat oor die lewe van die gees in die hiernamaals nie, en beweer dat sulke gesprekke hulle net verwar en bekommerd maak, en dat om te broei oor sulke dinge maklik kan lei tot geestelike ongebalanseerdheid. Hierdie onwilligheid toon net dat die gees op baie nat grond loop, waar niemand die moed het om die onseker dieptes van sulke moerasse met sy veels te kort maatstaf van waarneming te meet nie, uit vrees om in die onpeilbare in te sink. Kyk, die grond wat ons man dra begin om meer poele water te wys, met net smal stroke van oënskynlike grond tussen hulle. Dit stem ooreen met die fantasie kafpraatjies van `n geestelik oningeligte persoon, wat God met sy mond bely, terwyl hy in sy hart eintlik `n ateïs is. Dit is die grond waarop ons man nou loop, en so ook baie miljoene! Die stroke vaste grond tussen die poele word smaller en die laaste dieper en dieper en desperaat onpeilbaar vir sy waarneming. Hy wieg soos `n persoon wat sy balans probeer hou oor `n smal plankbrug oor `n sterk stroom. Hy stop nie, want `n soort misleidende nuuskierigheid lei hom voort, op soek na `n denkbeeldige einde van die geesteswêreld aan die een kant, maar in die geheim, het hy ook die hoop om die pragtige skape en lammers te vind wat nog steeds in sy gedagtes is. Alles wat hom dalk aan hulle kan herinner is verwyder; die boek, die weiveld, die rots (wat `n steen des aanstoots verteenwoordig), en die skape en die lammers, want laasgenoemde het `n groot aantrekkingskrag vir hom in die wêreld van vermaak en ontspanning verskaf. Dit is ook die rede waarom die engel Petrus hulle gemaak het, om sy swakheid aan hom te openbaar. Dit wys vir ons wat ons man aanspoor, tot hy die eindelose see sal bereik, waar dit duidelik sal word: "So ver en nie verder nie, sal jou blindheid, onkunde, en uiterste dwaasheid jou lei!" Dus laat hom voortstrompel tot op die uiterste landskeiding van sy kafpraatjies, wat nie ver weg is nie. Daar sal ons hoor van al die valsheid wat hy sal uiter in die see van sy geestelike nag. En laat elkeen van julle in sy eie geheime dwase neigings soek om te verhoed dat julle op die verlate pad van hierdie dwaler beland!
|
|
|
|
|