Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 71 -

BEKERING VAN EEN VAN DIE JESUÏETE. WRAAK VAN DIE ANDER NEGE-EN-TWINTIG GEESTE.

Biskop Martin kyk weereens na die agterkant van die kop van die Jesuïet voor hom en hy sien die dertig lyk `n bietjie onrustig en een van hulle sê: "Broers, ons het oorwin, maar kyk meer noukeurig na hierdie saak, Dit lyk my ons het die karavaan, wat nou in die hel brand, baie onregverdig en sonder enige gesag behandel. Hoewel hulle ons grootliks misbruik het, volgens die evangelie, het ons geen reg gehad om hulle te oordeel en te veroordeel nie. Bowendien onthou ek nou die waarskuwing wat ons ontvang het van die hemelse boodskapper voor ons hierdie vrye toestand van bestaan binnegegaan het. Volgens sy wyse onderrig, moes ons enige uitlokking uitsluitlik met liefde, sagmoedigheid en nederigheid tegemoet gegaan het. By hierdie geleentheid het ons nie enige spoor van hierdie kwaliteite getoon nie. Inteendeel, selfs die grootste duiwels het ons oortref in sagmoedigheid en geregtigheid, wat bewys dat ons nog baie slegter as hulle is. Wat dink julle hiervan, broers? Ek moet erken dit begin my te bekommer. Alles in die geestewêreld lyk geheel en al misleidend. Ons willekeurige optrede was op geen manier deur God se boodskapper gemagtig nie, dit lyk my nou heeltemal in teenstelling met die heersende orde in hierdie geheimsinnige wêreld. Ek het ook die gevoel dat iemand vir my fluister: "Vir hierdie baie wrede daad sal almal van julle vir ewig berou hê!” O, o, ek wens ek was nie `n getuie by hierdie gebeure nie!"

(Dit maak die ander nege-en-twintig Jesuïete ietwat skrik, maar na `n kort pose sê hulle):" Eintlik is jy reg, maar dan, hoe kon ons anders opgetree het, siende wat ons is? En wie ons bedeel het met woede en al die ander negatiewe kenmerke van ons siele, sal net daarmee moet saamleef! Wie die ratelslang sy dodelike gif gegee het, moes hom so wou hê, anders sou hy nie die bose reptiel so gemaak het nie. So ook moes ons Jesuïete wees wat ons is, geleer deur ons orde hoe om uiting te gee aan emosies van woede en wraak en met `n goeie gewete tot God se eer te doen wat verkeerd is. Daarom is ons ten volle dit wat ons bedoel was om te wees! Wat meer kan jy, of eerder, kan God van ons verwag?"

(Die een Jesuïet sê): "Ja, jy is reg, ons is bedoel om duiwels te wees en het die beeld vervolmaak! Wat anders kan jy verwag? Daarom kan ons nie verwag om hemel toe te gaan nie, maar slegs hel toe! Dus kan ons netsowel met ons goddeloosheid en boosheid voortgaan en ons ewige verdoemenis bespoedig! Dit is hoe julle dit sien en baie geluk aan julle op julle pad! Ek sal my egter nou van julle geselskap onttrek, want ek begeer nie die eer om myself enige oomblik saam met julle te vind drywend in die warm gloede van swawel damp nie! Wees verseker, ek sal geen wrok ooit teen julle hou vir daardie eer nie!" 

(Sê die ander nege-en-twintig Jesuïete, eenparig): "Wat, wil jy jou orde versaak? Jy wil wegdraai van die verhewe stigter, Ignatius en sy hoogheilige leer? Wat het oor jou gekom? Moenie vergeet dat almal van ons nog `n dag van die oordeel in die gesig staar en hoe sal jy dan vaar? As jy dit regtig doen, sal jou lot erger wees as dié van die karavaan!"

(Die een Jesuïet): "Maak nie saak nie! Doen wat julle wil, maar ek bly by my besluit en mag die Meester my krag gee! Ek is nie bekommerd oor die dag van oordeel nie, maar ek is bekommerd oor die ewige verdoemenis, waarvan ek in julle geselskap verseker is. Ek gee nie om vir Ignatius of die orde nie, maar ek sal in die toekoms die raad van God se boodskapper volg. Soos ek dit nou sien, moet die Meester geheel en al gewalg wees met ons hele orde, insluitende sy stigter. Al die Lutherane, Calviniste en die Ortodokse is engele in vergelyking met ons, wat saam met ons reëls en instellings, die ergste soort duiwels is. Doen met my wat julle wil. Ek sal myself nie wreek nie. Ek voel nou die diepste berou oor die manier waarop ek die arme Sjinese vrou behandel het. Maar dank God ek was saam met julle ernstig gestraf daarvoor. Hoe ookal, my deelname aan die veroordeling van die arme karavaan treiter my reeds soos die hel. Wat sou gebeur as ek aanbly as julle medepligtige? Nee, Ek vertrek nou, vaarwel! "Na hierdie woorde van die een Jesuïet, omring al die ander hom, veroordeel en vloek en verskeur hom en versprei sy vel onder mekaar. Toe stoot hulle hom uit hulle midde uit, gooi hom met klippe en roep die duiwels om hom te kom haal. Die duiwels kom, maar nie om die vellose een te kry nie, maar die wat hulle geroep het. Hierdie probeer hulleself desperaat te verdedig en roep om hulp. Nou staan die een sonder vel op en beveel die duiwels om die blindes te los. En kyk, die duiwels gehoorsaam hom en onttrek van die woeste geeste.

Biskop Martin is baie beïndruk met hierdie toneel en wag gretig om te sien wat volgende gaan gebeur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205