Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 33 -

BISKOP MARTIN ERKEN DIE HERE IN JESUS. DIE SONDAAR SE VREES. BISKOP MARTIN SE VERLIGTING.

(Na `n ruk, praat Biskop Martin weer): "Ja, liefste broer, van watter kant ek ookal na die punte kyk wat jy gemaak het, ek vind hulle deeglik. Die Meester van hierdie huis is ook die Meester van die oneindigheid. Hy is sonder twyfel die Seun van die Allerhoogste, ook bekend as die Vader! Maar waar is die Heilige Gees dan - of so te sê, die derde goddelike persoon?"

(Die wyse boekhandelaar): "Vriend, verwys net na die Evangelie. Hier het jy `n Bybel met die Nuwe Testament. Lees wat Johannes sê, naamlik: "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God;... en die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon [in Jesus Christus] `n Ander vers sê: "In Hom woon die volheid van die Godheid liggaamlik", en `n ander: "Hy wat My gesien het, het die Vader gesien, want ek en my Vader is een; Ek is in die Vader en die Vader is in My", en talle soortgelyke verse. As jy mediteer oor sulke verse, en die hele Ou en Nuwe Testament, sal jy meer en meer oortuig word dat Jesus die enigste Meester en Skepper van die Hemel en aarde is. Wanneer een van Sy dissipels Hom vra om hulle die Vader te wys, want Hy het hulle so baie oor Hom vertel, het Jesus gesê: "Ek is so `n lang tyd saam met julle en het jy My nie geken nie? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien en hoe sê jy, toon ons die Vader? En jy vra nou dieselfde tipe vrae wat die dissipels die Meester gevra het toe hulle nog geestelik blind was!"

(Biskop Martin): "Jy is absoluut reg! Nou is ek werklik oortuig! dat Hy die enigste Meester God, Skepper en Vader van Hemel en van die tallose engele, sowel as die sonne, aardes, en alle mense is. Hy sal sekerlik sy redes hê waarom Hy ons aarde gekies het, en ek hoop om dit eendag te verstaan. Maar nou, broer, hoe meer ek dink oor dit alles, hoe meer begin ek om die betekenis van die feit te verstaan dat die Meester van die huis, Jesus Christus, God self is, hoe banger is ek om Hom in die oë te kyk! Want watter verskriklike sondaar is ek - dit weet jy net te goed! En so ook vir die Almagtige God! En die resultaat sal waarskynlik die ewige verdoemenis wees. Miskien het dit nie gebeur tot nou toe nie, want ek het nie die mees regverdige Regter herken nie. Maar nou dat ek Hom herken het, hoe verskriklik, sonder twyfel is ek seker ek het nie `n kans nie, wetend wie Hy is, sal ons Hom moet aanspreek as: “Meester, Meester!” Maar Hy het self op aarde eens gesê: "Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester, sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is." Vertel my, my vriend, het ons ooit Sy wil gedoen? Dus is die hemel heeltemal buite die kwessie vir ons! Maar wat anders is daar buiten die hemel? Niks, net die hel! Naakte hel! Ag, ek kan al sien hoe die vlamme om my en die duiwels is! O, liewe broer, `n verskriklike vrees het van my besit geneem! Wat kan ons sê as Hy, die almagtige God, die mees ernstige en genadelose Regter, nou na ons kom met sy verdoemenis, en ons wegstuur in die ewige vuur wat voorberei is vir al die duiwels? O, hoe vreeslik! Ek kan al amper die donder van sy vonnis hoor. Wat `n onuitspreeklike verskriklike ondervinding sal dit nie wees nie! Ek kan net nie verstaan hoe jy so kalm kan bly nie, terwyl ek byna bewusteloos wil word van vrees." 

(Die wyse boekhandelaar): "Ruk jouself reg, broer, en wees gerus; die Meester is beter as wat Rome se pouse en geestelikes Hom beskryf. Maar terwyl ons so dom bang is vir Hom, sal Hy waarskynlik wegbly en slegs na ons toe kom wanneer ons vrees verander het na liefde. Stel jou voor, watter plesier dit jou kan gee om wraak te neem op `n muskiet wat jou pla? Sou dit nie so `n sinnelose wraak wees nie, en wat slegs waardig is vir `n dwaas? Hoe kan jy enigiets soos dit verwag van Goddelike wysheid? Wat is ons in vergelyking met God? Is ons nie in vergelyking met Hom soos `n muskiet sou wees vir ons nie? Ons moet besef dat ons niks voor Hom is nie. Hoekom moet hy wraak neem op ons? Waarheen, my vriend, Waarheen? Hou jouself in! Ek is daarvan oortuig dat dinge nie so sleg vir ons sal wees as wat jy jou voorstel nie. Stil! Ek dink Hy kom! Daar is hy!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205