Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 90 -

JESUS AS MEESTER, VADER, EN BROER. GELYKENIS VAN DIE KONING EN SY MINISTERS. RESPEK EN LIEFDE.

(Ek sê): "Staan op, liewe broer en moenie voortdurend aan My majesteit dink nie, maar slegs dat jy in jou liefde my broer is. Dit sal dit makliker vir jou maak om my teenwoordigheid te dra. `n Heer is Ek net vir diegene wie opstandig is teen My Woord en nog steeds hulle verbeel dat hulle groot in wysheid is. Aan diegene wat egter hul harte met liefde gevul het, is ek nie `n Heer nie, maar `n almagtige broer en gee hulle alles wat ek het soos `n ware vader. Daarom liefste broer, staan op en moet my nie in die toekoms met sulke heilige ontsag behandel nie. In die wêreld, as daar `n magtige heerser na sy ministers gaan en hulle gooi hulself uit respek aan sy voete, is daar niks mee verkeerd nie, want solank as wat hulle sy dienaars is, is hy hulle heer. As daardie diensknegte egter hul heerser bo alles liefhet en vir hom sê: “Heer, u is `n baie vriendelike heerser! U het nie net ons grootste respek verdien nie, maar ook al ons liefde. Aanvaar ons mees lojale dienste sonder beloning en omdat ons u meer as ons lewe liefhet, sal ons u getrou dien, sonder agting vir ons lewens. En as u `n honderd van ons lewens eis, sal ons dit gee, want u het nou `n ware heerser in ons harte geword!” Wat dink jy broer, sal die heerser doen aan sulke dienaars? Hy sou deur sulke ware liefde in die binneste kern van sy wese beweeg word en hy sal vir hulle sê: "O, my liefste vriende, aangesien julle so `n pragtige troon vir my in julle harte, sowel as in julle gedagtes opgerig het, sal ek nie oor julle heers deur my Krag en Mag nie, maar in julle deur julle groot liefde vir my! Almal van julle, wat reeds geheilig is deur die teenwoordigheid van my grootsheid in julle harte, dra nou dieselfde in julle harte as ek. Om dié rede is julle nou wat ek self is en daarom, my geliefde broeders sal julle met my alles deel wat ek besit." Net soos wat so `n wyse heerser met sy dienaars sou praat, as hulle hom soveel in hulle harte geneem het en miskien hulle na die adel verhoog, praat Ek met almal wat My in hulle harte dra soos jy. Daarom, vir hulle wat My liefhet soos dit en geheilig is deur My teenwoordigheid in hulle harte, is Ek nie meer `n Meester nie, net soos Ek geen Meester vir Myself is nie, maar `n liefdevolle broer vir ewig! En wat ek het, het hulle ook, want deur hul groot liefde vir My, dra hulle My binne hulself! Het jy nou verstaan, liewe broer, wat dit beteken as ek jou broer noem, soos ek my twaalf dissipels genoem het? As jy dit begryp, staan dan op en lei die armes na jou huis, saam met My. Maar moet my nie te gou aan jou gaste bekend maak nie. Hierdie honderd sal vir `n geruime tyd nog in elk geval nie weet dat Ek die Meester is nie. Hulle is Sjinese, wat op die aarde op die punt was om My Woord te aanvaar, alhoewel aansienlik verkeerd en daarvoor was hulle om die lewe gebring, saam met die sendeling. Wat hulle nie kon bereik in die wêreld nie, sal hulle hier ontvang in die volste mate. Nou is jy ten volle ingelig, so staan op en neem aksie saam met My, want van nou af sal My huis en jou huis verenig en een huis word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205