Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 127 -

LASTERING VAN DIE BADDENDE AANHANGERS VAN DIE DRAAK. DIE MEESTER SE KALMERENDE EN LEERSAME WOORDE.

Terwyl Borem, Martin en Chorel die vroue na die sondeur neem, word die duisend badgaste baie onregeerbaar in hulle bad. Hulle begin verskriklik godslasterlik te praat, hard genoeg vir al die gereinigde monnike en selfs Chanchah en Gella, om te hoor. Die twee kom uit hulle geseënde staat van liefdesvervoering en begin meer aandagtig te luister. Chanchah is op die punt om My te vra wat al hierdie beteken, toe `n honderd monnike haastig na My toe kom en My soebat om die gaste in die bad stil te maak, aangesien dit `n slegte uitwerking op die swakker broers onder hulle het.

(Op hierdie oomblik kom die Sjinese met hulle vroue en ook die ouers van die nonne na My en sê): "U, magtige boodskapper van God, hoor U nie hoe die aanhangers van die draak in die groot bad vir God, U en almal van ons dreig nie? As hierdie bose skuim uit die hel nie stopgesit word nie, sal die situasie hier baie ondraaglik word vir ons. Luister na die vreeslike godslastering! Daardie diere is erger as die draak self, wat heel verstandig met Martin en ook met U gepraat het. Maak asseblief `n einde aan hierdie gebeure, of laat ons almal na buite gaan, sodat ons nie hoef te luister na sulke lastering van die Allerheiligste nie!" 

(Ek sê): "Dit is heeltemal reg dat julle harte met afgryse gevul word vir sulke irriterende tonele, maar dit is nog steeds nodig dat julle My reaksie sien en nie julle eie nie, want anders stel julle, julself dalk aan as regters. Dit sou dan selfs erger wees as al hierdie leë godslastering deur die weliswaar nog baie goddelose badgaste. Met godslastering bewys `n mens niks meer sy onvermoë nie. Een wat enige krag het, sou onmiddellik optree en nie woorde mors, wat niks meer is as `n leë geraas nie. Een wat magteloos is, maar voorgee om mag te besit, gee homself uit as `n valse regter en meng kwaadwillig in met God se eksklusiewe regte. Deur sy onvermoë, ontheilig hy dit, terwyl in God alleen daar al die mag en krag en die eksklusiewe reg om te oordeel moet wees, ter wille van die nodige ewige orde. Kyk, liewe vriende en broers, julle is vererg deur die afskuwelike misbruik aan die kant van die baddende gaste en dit is reg dat julle dit in jul hart walglik vind. Maar daarbenewens neem Ek in almal van julle `n sterk genoeg vuur waar om hierdie badders vir ewig te vernietig. Hierdie vuur is erger as die sinnelose, tevergeefse misbruik. Hierdie gaste misbruik ons, terwyl hulle baie goed weet dat hulle ons nooit kan seermaak nie. Hulle is ook bewus van God se geduld en verdraagsaamheid. Ons kan hulle egter vernietig daarvoor, of ten minste vir ewig verlaat, want ons het die mag om dit te doen. Is dit wys? Sal dit binne die orde van God wees, wat nooit wil vernietig nie, maar te alle tye wil bewaar? God moet dit doen, anders sou die Godheid ly as iets wat uit God voortgekom het, vernietig kan word. Laat hulle dus vloek en laster. Dit sal uiteindelik tot `n einde kom en hulle sal met groot berou bevang word. Hulle gaan nog baie geliefde en getroue broers vir ons wees, of liewer susters, want die meeste van hulle is vroulik. Dat hulle absoluut hulpeloos is, kan julle sien uit die feit dat hulle nie kan beweeg in die bad nie, selfs nie `n haarbreedte nie. Dit sou sekerlik nie tot ons krediet wees as ons wraak op hulle sou neem nie, omdat ons die krag het en hulle nie. Dit sou wees soos `n leeu wat homself verneder deur `n muskietvanger te word!  

Ek raai julle aan om altyd eers na My te kyk en te sien wat Ek doen en dit sal verhoed dat julle, julle vererg en in julle harte `n begeerte voel om ander te oordeel. Dit alles gaan My die meeste aan en steeds bly Ek kalm. Aangesien al hierdie misbruik julle op geen manier aangaan nie, het julle meer rede om kalm te wees. Hulle skel net God se geregtigheid wat hulle forseer om te bad en natuurlik kan die proses nie heeltemal pynloos wees as hulle enigsins gehelp moet word nie. Elke verandering is tot `n sekere mate pynlik om `n geïntegreerde wese te verander na `n ander orde. Die pyn as sodanig is nodig, want as daar geen pyn is nie, kan daar geen saligheid wees nie en `n wese wat geen pyn kan voel nie, is nie in staat om saligheid te ervaar nie. Hierdie badders is tans in `n geweldige proses van transmutasie en die pyn wat hulle moet ly dryf hul tonge aan tot sulke misbruik. As hulle uiteindelik nader aan `n nuwe vaste bestel kom, sal hulle pyne verminder en gevolglik sal hul tonge ophou om te beledig en begin om woorde van berou en roem te vorm en sodoende `n brug bou na liefde en lewe. Om julle te red van verdere ontstigting deur hierdie betekenislose misbruik, volg My na die deur waar Borem, Martin en Chorel reeds staan met al die vroue. Die deur is steeds gesluit vir julle oë, maar Ek sal dit oopmaak. Julle sal `n groot geleentheid gebied word om julle hele wese tot aan die innerlikste vesel van julle nog steeds trotse harte nederig te maak, wat baie nodig is vir julle almal. Daarom, volg My. Laat dit so wees!"  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205