Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 62 -

BESPREKING TUSSEN 'N JESUÏET EN BISKOP MARTIN. ADVIES AAN 'N SUSTER VAN LIEFDADIGHEID WAT BANG IS VIR DIE HEL.

(`n Jesuïet tree vorentoe en sê): "Edele vriend, dit lyk nie of jy baie van kuns en wetenskap dink nie, gesien jou afkeer aan die waardige Dames van die Heilige Hart. Hulle is die enigste vroulike orde wat hoofsaaklik besig was met wetenskap en kuns van vroegoggend tot laatnag en dus kom hulle die naaste aan ons orde van die Vereniging van Jesus. Geagte broer en vriend, jy moet regtig hierdie dames met meer respek en liefde behandel." 

(Biskop Martin): "Hoekom sou ek dié lawwe, verwaande vrouens met meer respek behandel? Ek het hulle reeds te veel respek betoon! Eintlik moet hulle vir nog `n miljoen jaar weggestuur word totdat hulle hul vreemde tale vergeet, wat hulle baie goed kan doen. Soos ek nou na hulle kyk, sien ek woede en arrogansie in hulle oë. Hulle sou my baie graag wou verskeur, maar dit is onmoontlik in die geestewêreld en veral sulke los geeste kan gou deursien en herken word vir wat hulle werklik is. Omdat ek deur hulle sien vind ek hulle groot dwaasheid sieklik, ek het hulle na daardie verste hoek gestuur om ontslae te raak van hulle irriterende aansig. Jyself en al die ander van jou dom orde, moenie trots wees op julle baie onvanpaste naam nie. Oordink dit en vertel my wat julle die reg gee om julleself Jesuïete te noem? Wie het julle toestemming gegee om die goddelike Naam te ontheilig? Jy sal dan miskien verstaan hoe skandelik julle almal misbruik gemaak het van hierdie heiligste van name en op watter manier julle kon boete doen vir hierdie heilig skending. Kan enige een van julle sê: 'Jesus het ons aangestel, net soos Hy Paulus en Petrus aangestel het’? Het enige een van julle ooit vir Jesus gesien of met Hom gepraat, of het julle gedurende julle lewe op aarde, meer gedink van die Evangelie as van Ignatius van Loyola? Julle was in werklikheid die baie vasberade teenstanders van Jesus Christus, maar tog noem jy jouself 'Jesus-s’n'!"

(Die Jesuïet): "Liewe vriend, jy weet duidelik min of niks van hierdie aangeleentheid nie. Weet jy nie wat Omnia ad majorem dei gloriam (Alles vir die groter glorie van God) beteken nie? Hierop is ons naam gegrond. Dit is nie asof die Meester Jesus self ons aangestel het nie, maar ons het hierdie naam gekies vir Sy groter heerlikheid. Ek is baie bewus daarvan dat die middel as sodanig nie lofwaardig is nie, maar dit maak nie saak nie, so lank as wat die doel die middele heilig."

(Biskop Martin): "Jy praat ook soos `n dwaas en oordeel goddelike dinge soos wat `n blinde man kleure sou beoordeel. Dink jy dat die Groot God, Wie in die ewigheid verheerlik word deur ontelbare tallose ongekende wonderwerke deur die hele oneindigheid, wonders so verhewe en onbegryplik in hul goddelike skoonheid dat die aanskoue daarvan jou sal doodmaak, dalk iets meer aan Sy heerlikheid doen as julle julself onbehoorlik 'Jesuïet' noem, vir Sy onthalwe, of as julle probeer om skynbaar iets goeds te bereik deur middel van duisende verskillende, soms baie skandelike dade? Glo julle dat deur middel van `n monnik ingestelde skandelike Inkwisisie dit tot Sy groter heerlikheid is? Of dink jy dat Jesus gunstig kyk na auto-da-fes en ander gruwels van julle, gedoen vir Sy groter glorie, met `n heel ander, geheime, agenda in gedagte?

Of dink jy dat die Meester Jesus gunstig kyk na jou optrede toe jy `n meisie swanger gemaak het en haar, (ad majorem dei gloriam) lewendig in `n grafkelder toegemessel het? Of as, vir die groter glorie van God, deur gemene maniere, jy besit van die eiendom van `n duisend weduwees en wese geneem het en daarna geen jammerte getoon het toe jy sien hulle vergaan in groot ellende nie? Glo jy ernstig dat dit vir die groter glorie van God is en dat die Meester Jesus gunstig sou neersien op so `n manier om Sy Naam te verheerlik? As jy dit regtig glo, is jy die mees miserabelste skepsel in die hele oneindigheid van God! Wat sou jy sê as Jesus, die enigste ewige Meester en God van die hemel en die eindelose tallose van wêrelde, hier voor jou staan en vra hoe jy en al jou volgelinge Sy Woord hanteer het? En wie julle die reg gegee het om Sy baie heilige Naam so afskuwelik te ontheilig,? Wat sou julle almal antwoord aan die almagtige, ewige God?" Hulle is almal natuurlik oorval met vrees, wat lei tot `n lam ongevoeligheid. Niemand waag dit om `n woord aan Biskop Martin te sê nie, want hulle beskou hom nou as `n Engel van oordeel.

(Slegs een, `n Suster van liefdadigheid, benader Biskop Martin angstig en sê): "O engel, oordeel ons in die Naam van God, maar moenie ons na die hel veroordeel nie, maar ons is heeltemal bereid om in die Naam van God na die vagevuur gestuur te word. O, o, wat `n harde regter is jy! Betoon `n bietjie medelye aan ons arme sondaars!"

(Biskop Martin): "Kry jouself bymekaar, jou dwase Suster van Liefdadigheid! Ek is nie `n regter nie, net self `n arme sondaar, in die hoop vir die Meester se genade. Hoe ook al, Goddank, ek sien nou my groot dwaasheid in en wil julle, julle s`n wys, om julle te help om ontslae te raak daarvan en word wat die ewige orde van die Meester wil hê julle moet wees. Andersins, in plaas van voortgaan na groter saligheid, sal julle ellende net al die tyd erger word. My bereidwilligheid om julle nie weg te stuur nie, maar in plaas daarvan om julle almal hier te hou as julle wil bly, bewys dat ek julle nie oordeel nie. Maar as julle bly, moet julle nie vashou aan julle dwaashede nie, maar advies aanvaar van een wat baie langer hier is en wie sekerlik meer ervaring het as julle nuwelinge in hierdie wêreld. Nou, kalmeer julleself en dink na oor my woorde! "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205