|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 86
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
- Hoofstuk 86 -
DIE EEN GROOT, EWIGE HELD. DIE ROEMRYKE VERLOSSING. GELYKENIS VAN SAAI, GROEI EN PLUK. DIE GROOT OES.
(Biskop Martin): "Maar hoekom sou hierdie twaalf geeste soveel respek betoon aan die een boodskapper? Hulle het almal afgesak op hul knieë en hom feitlik aanbid. Dit sou nie die Meester self wees nie, sou dit? As ek net sy gesig kan sien sal ek gou weet of dit die Meester is, of iemand anders. Die twaalf staan weer op en buig diep na die een, maar hy skud nou hande met almal van hulle en sê in `n lae, maar duidelik hoorbare stem: "Kyk, broers, wat `n goeie weiding. Ek gee hierdie lammers oor aan julle. Laat hulle wei en vet word vir My trop as goeie voedsel wat my hart kan geniet. Tel hulle versigtig uit die beker van My sorg en laat hulle vrylik wei oor hierdie uitgestrekte weivelde van My liefde, genade en barmhartigheid. laat dit so wees!” Dit is die Meester, inderdaad! In die oneindigheid van die hemel, kan geeneen, buiten die Meester, praat soos hierdie boodskapper nou gepraat het nie. Dus is ek nou oortuig daarvan dat hierdie boodskapper die Meester self is. Wat dink jy, broer?"
(Borem): "Ja, broer, dit is die Meester. En jy kon dit al lankal opgemerk het, maar Hy het jou oë beperk om jou gees meer aktief te maak. Maar nou is dit tyd vir jou oë om oop te gaan. Nou is dit oopgemaak en jy herken nou die Meester, wat baie goed is. Maar bly vir nog `n klein rukkie langer na die toneel voor ons kyk, sodat jy die volledige ontrafeling van die groot knoop kan sien en sodat jy die Meester se onbeperkte liefde en genade kan herken. Want daar is niemand soos Hy nie, nie in al die hemele nie en ook nie in al die wêrelde nie en ook nie in alle oneindigheid nie!"
(Biskop Martin): "O God, o Meester, U mees liefdevolle en heilige Vader! Wie kon ooit U onbeperkte wysheid en goedheid begryp? U, alleen, die heiligste van die Heiliges, is `n Meester van die diepte van alle wesens! Geen gerub kon ooit U wysheid heeltemal begryp nie! Heilig, heilig is u Naam en die ewige orde van alle dinge is U heilige wil! U is vir ewig selfonderhoudend en het niemand se raad nodig nie. Maar U heilige Vaderlike hart wil nie die onbeperkte oorvloed van U heilige volmaaktheid alleen geniet nie. Dus uit Sy diepste gedagtes, bring dit wesens voort en vorm hulle tot kinders van God in die vuur van Sy oneindige liefde en in die lig van Sy ewige wysheid, sodat hulle vir altyd ten volle kan deel neem aan die oneindige volmaaktheid van hierdie mees heilige hart van die Vader, soos onafhanklike goddelike wesens. Hoor dit, al die hemele, julle serafs en gerubs en al julle engele, God, die ewige Gees, in al Sy volheid van die goddelike volmaaktheid, vir ewig onbegryplik, is ons Vader en wandel onder ons asof Hy niks meer is as wat ons is nie! O, laat ons Hom loof in ons harte omdat Hy Homself so onvoorstelbaar verlaag het na ons sondaars! Meester, o Vader, van nou af sal niks anders plek hê in my hart behalwe U nie, want U het nou alles vir my geword! Daar was `n tyd toe U baie klein was in my hart. Dit was toe ek `n sondaar was. Nou het U oneindig groot gegroei en, gevolglik, is ek `n geseënde gees. Maar dit alles, Vader, is uitsluitlik U werk en ek was, is en sal vir ewig `n mees nuttelose dienaar bly! O, broer Borem, kyk, daar is die twaalf nou besig om die gaste van die heilige beker uit die water te haal en hulle is so mooi en goddelik dat ek hulle net as engele kan beskryf. Hoe wonderlik lyk hulle nou! Kyk na die vreugde wat blink uit hul hemelse oë, wat nou bestem is om God te aanskou! Juig saam met my, broer en voel hoe goed die Meester is! O, o, ek kan vergaan van liefde vir die Meester!"
(Borem): "Die stadium van die werk waar ons nie iets kon doen nie en waar die Meester self altyd direk handel, is nou voltooi. Dit is nou vir ons, as kinders van God, om voort te gaan met hierdie werk binne sy liefde en orde. Daarom moet ons nou voorbereid wees vir wat ookal mag gebeur. Waarlik, wat die Meester hier doen, stem ooreen met wat Hy op die aarde doen. Daar neem mense koringsaad en saai dit in die grond. Sodanige voorbereidende werk was ook hier gedoen, toe jy die hele groep onderrig en bevele gegee het, bygestaan deur my. So het ons God se koring gesaai in die beddings van hul troebel harte. Sodra die saad in die grond is, kan niemand iets doen om dit te laat groei en vrug dra nie. Die Meester alleen kan dit doen, deur Sy direkte invloed op die onderskeie geeste van die natuur, deur hulle te inspireer tot volle aktiwiteit, wat lei tot die groei van plante en diere. In hierdie werk is slegs `n paar van die geeste betrokke wat ten alle tye die Meester se naaste vriende en broers is. Wanneer die werk voltooi en die oes gereed is, word hulle weer oorhandig aan mense om versamel en gestoor te word in hul skure. En dieselfde werk wag nou op ons. Eerstens het ons die saad van die Woord van God in hulle harte gesaai, waar dit rus net soos die saad in die grond op die aarde. Gedurende hierdie rus begin die Meester met Sy werk en daar was niks wat ons kon gedoen het, behalwe om Hom aan die werk te sien nie. Net soos wat dit op die aarde is, kan die boer net kyk na sy koring terwyl dit groei en rypword vir die oes. Hierdie graan hier, ons broers en susters, het nou ryp geword, danksy die enigste pogings van die Meester. Nou het die tyd vir ons gekom om te oes. Daarom, laat ons besit neem van hierdie oorvloed in die Naam van die Meester en laat ons harte weer aktief word. Soos jy weet, die oes is altyd aansienlik meer as die saad; dieselfde sal die geval wees hier. Waar ons oorspronklik te doen gehad het met net een siel, sal daar nou dertig tot `n honderd wees. Verbly jou, liewe broer, want `n ryk oes wag op ons!"
|
|
|
|
|