Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 38 -

BISKOP MARTIN IN SY HEMELSE HUIS. DIE EERSTE VERASSING. DIE INTERIEUR VAN DIE HUIS.

Met die binnekom in sy huisie, is Biskop Martin baie verbaas om My te vind wat reeds vir hom op die drumpel wag om hom rond te wys, - vir die ander word dit gedoen deur engele, want hul gevoelens vir my bestaan nog steeds meer uit ontsag as uit liefde. Met Biskop Martin, is die teendeel die geval, wat die rede is waarom hy nie van die idee gehou het om weg te gaan van My af nie. Maar toe hy My by sy huis vir hom sien wag op die drumpel, is hy baie gelukkig.

(Biskop Martin): "Ag, ja - so is dit selfs beter as in die saal van glans in U huis! Solank U by my is, my geliefde Meester Jesus, is die kleinste hut die mees glorieryke hemel vir my! Maar hoe het U so vinnig hier gekom sonder dat ek dit opgemerk het? Dit is nog `n wonderwerk my liefste Meester Jesus, want alles oor U is wonderbaar. Net ek is nog steeds te dom om dit te verstaan! Maar dit is eienaardig dat U hier aangekom het voor my, in ag geneem dat ek U by U huis agtergelaat het!"

(Ek sê): "Moenie bekommerd wees oor hierdie dinge nie, my liewe broer, Martin, want as ek nie die eerste en die laaste en alles in alles orals is nie, sou dinge nie te goed in die oneindigheid wees nie. Maar jy kan draai waar jy ook wil en jy sal My vind. Laat ons hierdie huisie nou inspekteer, sodat Ek jou self kan leer in die korrekte gebruik van alles wat jy sal sien daarin. Kom saam met My in jou huis wat, alhoewel klein, meer bevat as die hele wêreld, selfs meer as `n sonnestelsel op die gebied van die natuurlike wêreld, soos jy gou sal besef. Laat dit so wees!"

Biskop Martin volg My in verbasing, want in plaas van die verwagte klein kamertjie, gaan ons `n enorme saal binne. Hoe langer en meer oplettend hy rondkyk, hoe meer sit dit uit, en vertoon alles wat hy in staat is om voor te stel. In die middel van hierdie ruim saal, word `n groot, blink wit, ronde skyf vertoon op `n goue staander. Daaragter, op `n brons staander, is die mees volmaakte, kunsmatige wêreld, wat alles wys - van die grootste tot die kleinste - wat die werklike aarde bevat, van sy senter na die oppervlak, met inbegrip van alles wat daar gebeur. Agter hierdie wêreld is `n soortgelyke kunsmatige uitstalling van die hele planetêre stelsel van die aarde se son, wat ook elke detail in besonderheid van die planete en die son vertoon. Die vloer van die saal blyk te wees van suiwer saffier, die hoë mure van smarag, die plafon van lapis lazuli, met talle sterre. `n Glorieryke purper lig kom deur die groot vensters binne en skyn op `n pragtige galery van die suiwerste jaspis, wat die saal op die helfte van sy hoogte versier. Twaalf deure lei uit die saal na die aangrensende kamers. En, bo en behalwe dit alles, weerspieël die smaragmure die mooiste gekleurde silhoeëtte waaraan Biskop Martin ookal kan dink. Nadat hy vir `n rukkie in verbasing na al hierdie gestaar het, praat hy weer: "Ag, Meester, wat beteken die bedrieëry? want die buitekant van die huis lyk so klein, maar binnekant lyk dit soos `n hele wêreld! Hoe is dit moontlik dat iets groter aan die binnekant is as buite? Dit kan ek nie verstaan nie, dit is heeltemal buite my!"

(Ek sê): "My liewe broer, Martin, jy sal dit alles gou verstaan. In die ware, werklike wêreld van die geeste, is alles die teenoorgestelde van hoe dit in die materiële wêreld is. Wat groot is in die wêreld, is klein hier, maar alles wat klein is in die wêreld, is groot hier. Wie in die wêreld die eerste is, is die laaste hier, wie die laaste is, is eerste hier! Wat is die grootte van `n man in die wêreld? Dit kan ses voet hoog en twee voet breed wees. Maar as hy `n wyse man is, bedink dan die grenselose grootsheid en diepte in sy hart! Glo my, alle ewigheid is nie voldoende om die rykdom van sy wonders aan die lig te bring nie. In die wêreld, het jy dikwels na koringkorrels gekyk. Alhoewel so `n koringkorrel so klein in omvang is, bevat dit `n groot aantal soos hy, wat nie in ewigheid gemeet kan word nie. Dieselfde beginsel word hier voor jou geopenbaar. Die buitekant van die huis vergelyk met jou baie nederige buitenste persoon: Dit is, soos jy nou is, klein! maar die binnekant is soos jou innerlike wysheid, wat bestaan uit groter dinge. Daarom lyk dit ook groter as die buitekant van die huis. En hoe meer jy groei in die ware wysheid, as gevolg van My liefde, hoe meer sal dit uitbrei. Want elkeen in hierdie wêreld leef van sy wysheid wat afhanklik is van die maat van sy liefde vir My. En hierdie wysheid is die stigter van alles wat jy hier sien en so wonderbaarlik vind.  

Maar kyk daar die blink wit, regop tablet, dit verteenwoordig jou gewete, gereinig deur My. Van nou af sal jy ten alle tye My wil op hierdie tablet bekend gemaak vind en jy moet in ooreenstemming daarmee, onverwyld optree. In die wêreld het elke mens in werklikheid so `n gewete-tablet in sy hart wat my wil opneem wat gevolg moet word, maar slegs `n paar neem kennis daarvan. En baie verf hierdie tablet swart met hulle sondes, sodat hulle gladnie My wil kan sien nie. Dit wys jou hoe lewensgetrou die toerusting van jou huis is, en dat daar geen bedrieëry betrokke is, soos jy aanvanklik gedink het nie.

Agter die tablet is `n ware beeld van die wêreld soos dit in sy wese is, en daaragter sien jy die son met sy planete. As daar iets is wat jy nie verstaan nie, kyk op die agterkant van die tablet teenoor die aarde, en jy sal die uitleg daar vind. En as jy dan wil weet wat jy moet doen daaroor, sal die voorkant van die tablet jou wys wat my wil vereis.

Jy sien ook twaalf deure wat vanaf hierdie groot saal lei na kleiner kamers, waar jy `n verskeidenheid geregte sal vind, nog gedeeltelik bedek. Moenie van hulle eet voordat Ek hulle almal vir jou geseën het nie, want hulle sal jou persepsie verdof en jou onbekwaam maak om My wil op hierdie tablet te lees vir `n hele rukkie. Daarom, wanneer jy van aangesig tot aangesig kom met sulke bedekte geregte, draai jou rug daarop en kom na My, en Ek sal gaan en die geregte vir jou oopmaak en hulle seën. Nou weet jy wat die situasie is; tree ooreenkomstig op en jy sal aanhoudend groei in saligheid! Laat dit so wees!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205