Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 96 -

DIE MEESTER SE WAARSKUWING OOR HANTERING VAN DIE ONVOLWASSE. CHANCHAH SE LIEFDE VIR DIE MEESTER IN KONFLIK MET HAAR LIEFDE VIR DIE LAMA.

(Ek sê): "Wees versigtig met wat julle sê. Ons drie weet wie ons is, maar hulle almal is nog te swak om die waarheid te dra. Ek vertel dit vertroulik aan julle en hulle kan ons nie hoor nie, maar as ons hardop voor hulle praat, is ons almal gelyk. Julle weet wat ek bedoel?"

(Biskop Martin): "O broer, U geliefde broer, ons verstaan! Ek sal baie versigtig wees om nie die verkeerde ding te sê nie, maar wees asseblief geduldig met my, ingeval my tong `n bietjie glip. Soms verbeel ek myself al heel verstandig, maar wanneer U teenwoordig is, lyk my wysheid belaglik vir my. Tog is ek bly dat met U hulp, daar soms iets wys van my kom."

(Ek sê): "Moenie jou bekommer nie, liewe broer Martin, jy mag bly soos jy is, want dit is hoe ek die meeste van jou hou, want `n gepaste sin vir humor, wat uit die hart kom, moet selfs nie in die hemel ontbreek nie. Maar nou laat ons ons aandag weer aan Chanchah gee. Martin en Borem, tel haar van die grond af op by my voete. Want op hierdie stadium mag ek haar nog nie met My hande aanraak nie. Die twee doen vinnig soos gesê en gou staan Chanchah in ons midde, nog altyd baie verward en skaars in staat om haar emosies in woorde uit te druk.

(Martin): "Hoe mooi is sy in haar emosie! As hierdie soort skoonheid op aarde gesien kan word met so `n oorvloed van vroulike sjarme, ek dink die aanskoue daarvan sou manne gek maak. Ek verbaas myself werklik dat ek nou met genot na sulke uiterste skoonheid kan kyk en sonder die minste sensuele begeerte. Dit soos ruim deur die mooi Mercuriaan en die kudde lammers bewys dat dit aanvanklik nie die geval was nie. Alhoewel ek die aanraking van hierdie sagte goedafgeronde arm geniet het, het dit my sintuie nie in die minste geroer nie. Hiervoor moet ek julle-weet-Wie dank en loof!"

(Martin praat met Chanchah): "Hoe voel jy nou, jou mooiste huurder van my huis wat aan my gegee is vir ewig deur die groot, heilige, mees liefdevolle Lama? Praat asseblief weer, want ons almal het jou baie lief en ons harte geniet jou pragtige woorde."

(Chanchah): "O, ek voel so wonderlik, my liefste, hemelse vriende, dienaars van Lama, die Heilige! Wie sou nie gelukkig wees in julle midde nie? Want is die liefde nie die kosbaarste besitting van die menslike hart nie? En as `n hart liefde gevind het soos ek het, wat anders kan daar wees om voor te wens? Watter groter saligheid kan daar wees as dit wat veroorsaak is deur die liefde? Ag vriend, ek voel net heerlik hier! Maar, geliefde vriende, ek sal julle nie moet verlaat nie, sal ek? Natuurlik, voel ek nie waardig vir julle nie, nieteenstaande hierdie glorieryke kledingstuk, want ek het nog steeds baie foute. Maar my hart het julle lief, dit moet ek openlik erken, veral jy, wat my nie jou naam wil vertel nie. Maar as gevolg van hierdie onbeperkte liefde van my hart vir elkeen van julle, maar veral jy, die naamlose, sal julle My sekerlik nie verstoot nie."

(Ek sê): "O nee, jy sal nooit van ons geskei word nie, want kyk, al die hemele is gegrond op liefde en die liefde self is die hemel van die hemele! Wie oor so `n volle maat van die liefde beskik, hoe kan hy verstoot word van wat sy hele wese is? Bowendien, liefde soos joune vir ons, wis dadelik alle defekte van die siel uit en laat dit so suiwer asof dit nou net voortgekom het uit die asem van die Lama self. Moet daarom nooit bekommerd wees of jy in staat sal wees om hier te bly nie, maar dink dat ons jou altyd by ons sal hou as `n spesiale klein item van liefde, waar ons ookal mag nodig hê om te gaan, by tye in die loop van die veelvuldige behoeftes van hierdie ryk. Jy moenie as vanselfsprekend aanvaar dat ons vir ewig in hierdie huis sal bly nie, want daar is baie wonings in die koninkryk van die groot Lama. Maar waar ons ookal mag gaan, sal jy altyd met ons wees. Ons is nou so baie lief vir jou asof jy die enigste wese in die hele oneindigheid is wat ten volle geregtig is op ons volle maat van liefde. Omdat ons en weliswaar Ek in die besonder, soet Chanchah, jou so baie liefhet, hoe kan ons jou ooit laat gaan? Ek verseker jou dat jy nou vir ewig My liefde is!"

(Chanchah): "O, Lama, Lama, hoe heilig en goed moet U wees as U dienaars al reeds so goed en vriendelik is. Maar jy, my liewe vriend, as ek na jou kyk, o, ek kan net nie dink dat Lama self enigsins beter as jy kan wees nie. Miskien is dit die enigste fout van die liefde: Dit beskou sy objek as die beste en mees volmaakte van alles. Daarom is ek van mening dat u ten minste net so goed soos die groot Lama self is. Ek vertrou dat Hy die arm Chanchah sal vergewe omdat sy so dink en voel. Want hoe kan ek help om u so grensloos lief te hê?"

(Ek sê): "O, Chanchah, wees verseker dat jou Lama jou lank gelede alles vergewe het! Hy het ook sy dienaars grensloos lief en Hy kan net bly wees as Sy kinders, wat regtig Sy diensknegte is, vir mekaar onmeetlik lief is. Daarom, moenie vrees dat jou liefde vir My `n sonde teen die groot Lama kan wees nie. Daarvoor kan Ek instaan met al die skatte van die hemel!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205