Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 199 -

GESKIL TUSSEN JOHAN EN DIE SATAN OOR GOD SE ALOMTEENWOORDIGHEID EN DIE OORSPRONG VAN DIE BOSE. SATAN AS SO 'N TRIOMF VAN DIE SKEPPER. JOHANNES SE BEWYS VAN DIE WARE BEVRYDING VAN DIE BOSE.

(Johannes antwoord): "Sekerlik! God is oneindig in sy goddelike wese en wil, daarom ook alomteenwoordig. Maar as die verpersoonlikte ware God en Vader van Sy kinders, woon Hy net by Sy kinders in die hoogste hemele."

(Satan): "Reg, jy erken die alomteenwoordigheid van God. Wees dan ook so goed om my te vertel of God uiters wys en goed is en gevolglik, alwetend en alsiende. En danksy Sy hoogste wysheid en oneindige goedheid, kies Hy altyd die beste en mees geskikte manier om sy doel te bereik?"

(Johannes): "Sekerlik! Want God, wie se wese die suiwerste liefde is, kan nooit enigiets anders as uiters goed en wys wees nie. Ek weet reeds waarop jy afstuur, maar gaan aan! Ek sal elkeen van jou vrae antwoord."

(Satan gaan voort): "Het God alle dinge in die hele oneindigheid geskep, of het daar enige ander god ingemeng met werke wat jy kwaad en sleg noem, tussen die werke geskep deur jou goeie God? Of is dit moontlik dat die een goeie God beide goed en kwaad kon geskep het?"

(Johannes): "In die begin van alle bestaan was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God en alle dinge is deur Hom geskep. Hierdie Woord self het vlees geword en het tussen die geskape vlees gewoon, maar die duisternis het dit nie begryp nie. Die Meester self het na Sy eie gekom in Sy eiendom, maar Sy eie het die Lig nie herken nie, die geleerdes van die wêreld het die Woord nie erken nie, ook nie die kinders hul ewige, heilige Vader nie. Want jy alleen het alle gedagtes gevange gehou om ten alle koste te verhoed dat hulle Hom ken Wie van die ewigheid is, is en sal wees, alles in almal. Omdat God die enigste Skepper van alle dinge is en daar nêrens enige ander god naas Hom is nie, is dit duidelik dat alles wat van Hom afkomstig is, nie anders as goed en volmaak kan wees nie. Hy het alle geeste geskep so suiwer en goed as wat Hy self is. Maar Hy het die geeste die absolute vryheid van wil gegee wat Hy in hulle geplaas het, sodat hulle kon doen wat hulle verkies het. En om hulle te leer hoe om hierdie gawes te gebruik, het Hy hulle saam met die vrye wil wette geheilig deur Hom gegee, wat hulle vry was om te hou of nie. En hulle almal het hierdie wette onderhou, behalwe vir een. Hierdie een, wat ook die eerste geskape was en toegerus met die grootste lig van kennis, het God se wette met sy vrye wil verwerp en hulle teengestaan en die gevolge daarvan geïgnoreer. So het die gees, met sy vrye wil wat deur God in hom geplaas is, die goddelike orde binne hom omgekeer, hy het in opposisie gekom teen daardie geeste wat nie hul vrye wil misbruik het en nie in hulself kwaad en sleg geword het nie. En toe, gedwing deur sy eie negatiewe aard, het hy die gemeenskap van die ander geeste verlaat en op `n afstand gebly, tot tyd en wyl hy vrywillig sal terugdraai en weer terugkom in die orde wat die Meester sonder uitsondering vir alle geeste gegee het, naamlik die orde van die liefde vir God en almal van ons wat nou suiwer hemelse geeste is. Jy wat die gees is wat teen God se orde opgestaan het, is nie boos nie, omdat jy ons nooit kan skaad nie. Jy is net teen jouself boos en sleg, want terwyl jy in jou opposisie bly, skaad jy niemand behalwe jouself nie. Jy het probeer om `n strik vir my te stel deur te veronderstel dat ek gedwing sou word om te sê dat God ook die bose geskape het, gesien die feit dat jy as `n bose gees, God se skepsel is. Maar sover as wat dit denke betref, is ek `n ewigheid voor jou en goed bewus van die slinksheid van jou wysheid. Daarom kan ek jou net aanraai om jouself die moeite te spaar van enige verdere vrae met die oog daarop om my te vang, want in die wedywering met my, sal jy nooit `n kans kry om te wen nie. Ek kan dit in jou moedswillige oë sien dat jy aan die einde van jou vrae aan my wou bewys dat ons `n baie onsuiwer konsep van God het, heel onwaardig aan Hom en dat ons die bestaan van twee gode moes erken, die een goed en die ander sleg, of `n God van gemengde karakter en gevolglik `n knoeier van sy werke. Dit is egter nie so nie, maar presies soos wat ek nou net vir jou beskryf het. God sal inderdaad onvolmaak wees as Hy nie sy geskape geeste bedeel het met `n heeltemal vrye wil nie, maar net met `n wil onder dwang. Maar daarvoor is jy jouself die beste teenbewys. Die feit dat jy, hoewel onder streng oordeel, in `n posisie is om die Skepper so lank as wat dit jou pas, teen te staan, bewys net te duidelik hoe vry en volmaak God alles geeste geskep het, insluitend jou. Jy kan ook met volkome vryheid optree in ooreenstemming met die Meester se wil, soos almal van ons. Ek verseker jou dat daar geen ander gees in al die hemele is wat God se oneindige volmaaktheid so duidelik demonstreer soos jy nie! Jy is, om dit so te stel, die Meester se grootste meesterstuk en kan dus nie knoeiwerk wees waar die Meester betrokke is nie. Dit maak dit baie duidelik dat jy my nooit kon vang met jou absurde opposisie nie, want alles wat jy weet, weet ek al vir `n lang tyd. En dit is nog `n bewys van God se eindelose volmaaktheid. Dat ek, `n gees bevry van jou materie, in staat is om jou kragtig in al jou voornemens te weerstaan. Wat sê jy nou? Het jy nog enige lastige vrae gereed? Uit dan met hulle en ek sal almal van hulle goed beantwoord!" Dit het Satan laat skrik en in aansienlike verleentheid gestel, want hy kan nie dink wat om aan die magtige Johannes te antwoord nie. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205