Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 22 -

BISKOP MARTIN SE NEDERIGE BEKERING EN DIE ONTWAKING VAN SY LIEFDE. - DIE VERANDERDE LANDSKAP EN DIE PALEIS EN SY VUIL BINNEKANT.


(Biskop Martin): "Jy is heeltemal reg, dierbaarste vriend. Eers nou begin ek verstaan! Ek voel ook liefde in my - ja, ek het jou nou lief met my hele hart! O, laat my jou omhels, want ek sien nou hoe vreeslik dom ek was en hoe werklik edel jou bedoelings is. O, jou wonderlike vriend, en jy ook, my eerste gids, vergewe my, my groot blindheid! Maar wat is dit? Die see het verdwyn en so het ons boot. Alles is droog, pragtige land! Watter pragtige weiland, en die pragtige tuin en daar oorkant waar die hut eers gestaan het, staan nou `n pragtige paleis! Hoe het dit gebeur?"

(Ek sê): "Kyk, broer, `n klein vonkie ware liefde vir ons, jou broers en vriende, het al hierdie geskep. Dit het die see van jou sondes opgedroog met al die bose uitwerkinge daarvan, en dit het die modder van jou hart verander in vrugbare grond. Die arm hut van jou begrip is in `n paleis verander deur daardie vonk van liefde.

Dog, ten spyte van die skoonheid van dit alles, kan geen ryp eetbare vrugte êrens gevind word nie. Alles is nog baie soos die vyeboom wat geen vrugte gedra het nie, in `n tyd toe die Meester honger was vir sy vrugte. Daarom is dit nou belangrik om aktief te word en die nuut wakker geworde liefde sy weg te laat gaan, as gevolg daarvan, sal hierdie bome gou vrugte dra. Soos in die wêreld alles groei en rypword in die lig en die warmte van die son, hier is dit dieselfde in die lig van die liefde van `n menslike hart. Mense se hart is vir ewig die son van hierdie wêreld!

Binnekort sal daar baie geleenthede wees om jou hart aktief te hou, sy krag uit te brei en te vergroot. Hoe meer vriendelike dade jy dit laat doen, hoe meer sal die seëninge wees wat jy sal opmerk in hierdie gebied. Maar nou laat ons die paleis betree, waar ons die besonderhede van jou huidige staat sal bespreek. Daar sal jy ook baie geleenthede kry om jou hart besig te hou. Laat dit so wees!"

Ons is reeds binne die paleis, waar dit by verre nie so pragtig lyk soos wat dit van buite gelyk het nie. Biskop Martin is ook nogal getref deur wat hy sien, en kan hom nie weerhou om `n spottende opmerking te maak nie:

Voorkoms is misleidend! Wie ook al hierdie paleis gebou het, het swak beplan. Dit lyk asof die binnekant van die gebou nie voltooi is nie, maar net oppervlakkig gedoen vir die voorkoms se onthalwe. Liewe vriende, ek moet erken dat ek die vorige hut `n miljoen keer sou verkies bo hierdie. Kyk na al die vuil hier. Ek sal dit nie kan verdra om lank hier te bly nie.

Ek smeek julle, liewe vriende, laat ons weer na buite gaan waar dit so pragtig is. In hierdie vuil kamers sal ek nie in staat wees tot een goeie gedagte nie. Ek vind hierdie kamers eenvoudig afstootlik!"

(Nou praat Ek weer): "Ek kan sien dat jy nie van die binnekant van hierdie paleis hou nie, liewe vriend. Maar jy sal verstaan dat die binnekant van jou hart, wat in elke detail ooreenstem met hierdie paleis, is net so aanstootlik vir die Meester is soos hierdie vuil kamers vir jou oë.

In die wêreld, het jy seker van die fabel oor Hercules gehoor, wat twaalf harde take moes verrig ten einde in die gemeenskap van die gode toegelaat te word. Een van hierdie take was die beroemde reiniging van die stal. En wat het Hercules gedoen? Hy herlei `n hele rivier deur die stal, en al die mis is opgetel en weggewas in die kortste tyd. Op dieselfde wyse, moet jy `n hele stroom liefde deur jou sonde gevulde hartkamers voer, om al die vuil vinnig weg te spoel. Terwyl ons nog op die see was - wat ontstaan het uit die sondvloed van jou sondes - was `n baie klein vonkie ware liefde voldoende om dit op te droog en die modder in vrugbare grond te verander.

Hierdie klein vonkie, die resultaat van My woorde, `n stimulant van buite, kon net die oppervlak van jou hart roer en skoonmaak, maar die kern bly onveranderd, `n gewone Augeanstal, wat net jyself kan skoon maak. En, soos reeds gesê, dit kan deur middel van `n stroom van ware liefde vir ons, jou broers en beste vriende, gedoen word, sowel as vir diegene wie jy gou sal ontmoet en wat jou sal nodig hê. Kyk uit deur hierdie venster. Wat sien jy in die vêrte, na die noorde?

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205