Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 204 -

MARTIN, DIE NUWE BESKERMENGEL SE TOESPRAAK AAN SY SONGEMEENSKAP. URON SE GOEIE ANTWOORD. SY VERSOEK AAN DIE MEESTER, EN DIE MEESTER SE "AMEN."

(Martin bedank My uit die diepte van sy wese vir hierdie opdrag, draai dan na Uron en Shonel en sê): "Geliefde vriende en broers, julle het nou met julle eie oë gesien en met julle eie ore gehoor wat die Meester self gedoen en gesê het. Toe julle besef dat `n versoek belangriker is as `n danksegging, het julle versoek dat die Meester en almal van ons permanent in julle midde bly. Die Meester het julle versoek toegestaan en is bereid om julle te gee wat julle groot liefde vir Hom en ons begeer. Maar dit kan natuurlik slegs gebeur in ooreenstemming met Sy ewige orde. Alhoewel ons nie in persoon hier sal bly nie, sal `n seker weg oop wees vir julle waardeur julle altyd in staat sal wees om ons sigbaar te bereik en ons julle. Bly van nou af by die leer wat die Meester self aan julle gegee het en dan sal die pad van julle na Hom verrassend kort wees. Maar as met verloop van tyd julle Sy woorde en onderrig minder waarneem as wat julle nou met Sy Woord gevul is, dan sal die pad geleidelik langer en meer moeisaam word. Maar die Meester self en julle groot liefde vir Hom sal dit behoed. My huis en die Meester se huis is nie twee huise nie, maar net een, `n huis van liefde. Julle weet waar om dit te vind en julle is te alle tye welkom om ons daar te besoek. Daar sal julle die Meester altyd in julle midde vind as die ewige heiligste en beste Vader onder Sy kinders wat Hom bo alles liefhet. Laat dit so wees, in die Naam van die Meester!"

(Uron): "Al ons liefde vir God die Heer en vir julle deur Hom! Geheilig is Sy Naam vir ewig! Ons liewe dogters, wat aan julle gegee is deur die Meester en ons, sal ons harte binne-in julle word en die tong van ons innigste dankbaarheid in julle monde. Mag die lied van lof, wat ons aan die Meester en julle in Hom offer, klink in die suiwerste harmonie so ver as wat die strale van ons wêreld reik in die oneindige ruimtes!"

(Uron draai na My, die Heer): "En U, onvoorstelbaar heilige Vader, dink aan ons, U nuwe kinders; bewaar ons en al ons nageslagte en ons groot gemeenskap vir ewig in U genade en liefde! Maar onthou ook al die ander gemeenskappe en mense van hierdie groot aarde, die inwoners van lande en gebiede wat nog heeltemal onbekend aan is ons. Mag U wil vir hulle doen wat dit vir ons gedoen het, volgens U liefde en oneindige wysheid!" 

(Ek sê): "Amen, sê Ek vir julle! Hulle sal om My versamel word, uit al die streke van My oneindige skeppings en ek sal aan elkeen in oorvloed gee wat hom toekom. My liefde, My genade en my goedertierenheid wees met julle!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205