Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 119 -

MARTIN IS VOORBARIG. "ELKEEN ONDER JULLE WAT ‘N LEIER WIL WEES, LAAT HOM, DIE KNEG VAN ALMAL WEES."

Sommige van die ander het ook Gella se gedrag opgemerk en ook Chanchah se reaksie. En hulle vra mekaar wie Ek kan wees, want hoewel Martin veronderstel is om die gasheer hier te wees, tree Ek op asof ek die regte gasheer en Martin en Borem net my toegewyde dienaars is.

(Martin merk hierdie vertwyfeling onder die gaste op, stap na hulle en sê): "Luister, liewe broers en susters, dink aan die Woord van God. Het die Meester self nie gesê: "Elkeen onder julle wat `n leier wil wees, laat hom die kneg van almal word?" Dink julle dat hier in die hemel `n ander orde sal wees as die een wat die Meester self geleer en getoon het op aarde? Inteendeel, ek kan julle verseker dat die Meester se orde hier in hierdie wêreld tot in elke detail nagekom word. Daarom, moenie bly wonder wie hierdie een kan wees, of waarom dit so is nie, maar eet en drink, elkeen volgens sy behoefte en bedank dan net vir Jesus, die Meester, vir alles. Met verloop van tyd sal julle alles uitvind wat julle moet weet."

(Die gaste): "Vriend, alhoewel jou woorde nou net verstandig genoeg was, dank ons God dat ons bewus is van hierdie feit en jy het ons glad nie gehelp met jou advies nie. Ons is ook bewus daarvan dat ons toegelaat word om van hierdie geseënde kos te eet, net soveel as wat ons wil en jy kon jouself die moeite gespaar het om ons aan te moedig om nog te eet. Ons is daarvan oortuig dat ook hier in die Koninkryk van God, elke gees sy maag het wat behoort te weet hoeveel dit kan neem, daarom kon jy jouself die onnodige ywer gespaar het! Ons weet nou dat in die koninkryk van God, die kneg van almal die grootste is. Om die "kneg van almal" te wees moet aan die ander kant ook die bereiking van die hoogste liefde, wysheid en krag verteenwoordig. Want waar daar nie genoeg liefde is nie, kan daar nie genoeg dors na aksie wees nie, wat die belangrikste kenmerk van `n "almal se dienskneg" is. Tweedens moet so `n persoon vol van die hoogste wysheid wees. of anders sal hy dalk nie te suksesvol in sy diens aan almal wees nie. En laastens is ons daarvan oortuig dat so `n persoon baie kragtig en magtig moet wees. Vriend, dink jy regtig dat jy so `n baie-nederige dienaar van almal is? As dit die geval was, sou ons baie jammer vir jou wees. Van een ding is ons almal baie positief en dit is dat die Meester alleen in staat is tot so `n diens aan almal. Wat dink jy daarvan?"

Martin is verbaas deur hierdie woorde en weet nie wat om te antwoord op die wyse sprekers nie. Een van hulle, wat sy verleentheid sien, sê vir Hom:

(Een van die sprekers): "Broer, moenie bekommerd wees nie, maar gaan terug na jou vorige plek en vertrou op die een wat, vir almal van ons lyk of hy `n getroue dienaar van almal kan wees. Dan sal jy nooit weer in die verleentheid kom nie. Maar as jy soms daarvan hou om sake in jou eie hande te neem en dink dat jy dit op jou eie kan beheer, kan jy tot jou verleentheid uitvind dat jou krag nie groter is as dié van `n vlieg nie, in vergelyking met die kolossale krag van `n perd. Daarom, gaan terug na die sterk een. Met Hom kan jy groot dinge bereik. sonder Hom, niks!"

(Martin kom inderhaas na My toe en sê). "Maar Meester, wat `n les het hulle my geleer! Niemand het my nog ooit so vinnig stilgemaak nie! Daar was niks wat ek aan hulle kon sê nie. Ongelukkig is hulle reg."

(Ek sê): "Neem `n voorbeeld van Borem, hy doen nooit enigiets sonder my goedkeuring nie en gevolglik kry hy geen opposisie nie, terwyl jy soms gereken wil wees. En dit kry jou in die moeilikheid. Ja, My liewe Martin, in hierdie wêreld kan gaste nie behandel word soos op die aarde nie, want dit kan gebeur dat diegene wat jy wil leer, veel beter in wysheid is. Hoeveel keer sal jy jouself in verleentheid stel voordat jy wys word?"

(Martin): "Ag, Meester, die spreekwoord sê: Dat `n esel net een keer op ys sal loop en daarna daarvan sal afbly. Ek moet baie siele van esels hê, wat elke een, eenkeer moet gly, of ek moes nou al baie wyser gewees het, ter wille van U mees heilige Naam."

(Ek sê): "Wel, alles is weer in orde, maar bly in My wil en jy sal nooit in die verleentheid kom nie, maar verfris jouself weer met brood en wyn om jouself te versterk om daardie gas hierheen te sleep, saam met Borem."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205