Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 55 -

OOR HONGER EN DORS IN ONVOLWASSE GEESTE. MARTIN IN 'N BENEWELDE TOESTAND NA SY MAALTYD. DIE AVONTUURLIKE MARTIN ONTNUGTER DEUR ‘N TOORNIGE JUPITERAAN.

Na hierdie woorde begin Biskop Martin `n groot stuk brood te eet, met `n groot eetlus! As `n gees vir `n rukkie wegdraai van My af, word hy gou geteister deur honger en dors en wanneer hy weer iets kry om te eet wanneer hy begin om hom te bekeer, eet en drink hy met groot gretigheid. Hierdie ywer onthul die innerlike leegheid van die gees en dat daar vir `n hele tydjie nie veel van hom verwag kan word nie, soos wat binnekort deur ons Biskop Martin gedemonstreer sal word.

Nadat hy die brood geëet en `n bottel goeie wyn gedrink het, het hy baie vrolik geword en terselfdertyd, nog meer sensueel. Geeste wat nie uit en deur My wedergebore is nie, kan dronk word en in die toestand is hulle dikwels sensueel bandeloos en dan misbruik hulle hul vryheid erg. Nadat hy die bottel wyn leeggemaak het, maak ons biskop die kas toe om die kos te beskerm, soos hy dink. Dan gaan hy uit in die oopte en sê aan homself:

(Biskop Martin): " Dank aan God dat die baie honger maag iets te doen gekry het! Nou gaan ek vir `n wandeling in my klein tuintjie om `n bietjie vars lug te kry. Vars lug ná `n maaltyd is seker baie beter as daardie lawwe swart koffie en ek moet erken dat die lug in hierdie klein tuintjie sy beste eienskap is. Die wyn was `n ware druppel van die maan! Dit was net `n halwe maat, maar ek voel dit nou! Nie dat ek dronk is nie, maar Ek voel dit! Ek wens daar was `n bank in hierdie klein tuintjie waar ek vir `n rukkie kon gaan sit in geval my bene onvas raak, dan sal hierdie tuin inderdaad heel aangenaam wees! Maar daar is niks van die aard nie en die grond lyk ook nie te uitnodigend nie. Ek sal na die heining gaan, waarteen ek `n bietjie kan leun en terselfdertyd kan ek sien of ek enige bure het of nie. Daar is geen spoor van `n landskap hier nie, net woestynsand met bewolkte lug wat `n somber en onvriendelike atmosfeer skep. So, ek sal gaan na die heining en wie weet wat ek daar mag vind?

O aarde, o aarde, ek moet sê ek kan die wyn voel! Maar, laat ek na die heining gaan! Ag, hier is ek! Wat `n mooi uitsig! `n Mens kan eenvoudig niks sien nie! Hierdie tuin met my koninklike paleis lyk soos `n skip op die golwe van die oneindigheid en min kans van enige bure. Dus is ek nou alleen, heeltemal alleen! Dit is my vloek, my veroordeling. So, dit is dit! Ek kan nêrens gaan buite hierdie tuin nie! O, d---- dit! So ek is in die geheim veroordeel! Dit was aan die onderkant van die gesegdes op die wit tablet. Daarom het dit gesê, "Dies irae, dies ilia” (Die dag van toorn, daardie dag!). Dus sal ek hier bly tot die Oordeels dag - requiescam in pace (mag ek rus in vrede). En dan sal dit die ewige verdoemenis wees vir my! O, ongelukkige ellendeling wat ek is! As ek net my krale oor en oor kon tel en ook een heilige lauretanic litanie na die ander, wat baie kragtig en effektief is, wat my nog mag help. Maar ek kan nie bid nie en ek het die gevoel dat selfs as ek kon, sou ek nie wou nie. Die meeste wat ek kan uiter is: 'Meester, ontferm U oor my; Christus, ontferm U oor my, Meester, ontferm U oor my!' Dit is so ver as wat ek kan gaan.

Hoekom staar ek in hierdie verspotte niks in? Terug na die huis! Ten minste kan ek daar na die deur van die son gaan, vanwaar ek dalk van die pragtige sonlig kan geniet. Of wag, dit sal miskien beter wees as ek na die deur van die maan gaan. Miskien kan ek die maanfilosoof ontmoet wat my moontlik kan vertel wat om te doen om my lot ietwat te verbeter. Dus, in die huis en na die maan se deur! Hier is ek binne-in die huis. Dit is nog steeds onveranderd en lyk regtig mooi. Ek moet liewer altyd in die huis bly want dit is heel lekker hier. Maar nou na die maan se deur! Oeps, ek het byna geval daar! O, daardie wyn, dit is nog steeds in my kop! Ongeag, daar is die maandeur reeds en dit is selfs oop! Maar o, jou hopelose knaap van `n maan, wat `n groot afstand hiervandaan! Nie veel kans om met die filosoof te praat nie. Alhoewel dit volmaan is, lyk dit steeds verder weg hier van af as van die aarde af. Ook niks om hier te doen nie. Ek sal Jupiter probeer. Miskien is hy nie so onttrek soos die sku maan nie. Hier is die deur na die groot Jupiter al, maar dit is ook toe! Ek sal probeer om dit oop te maak. ‘EPHETHA’! (Maak oop!). Kyk, dit was maklik! Goddank, dit is redelik naby en hierdie ‘Grand Mogul’ onder die planete bly naderkom. 0 God, wees bedank! Uiteindelik sal ek dalk in staat wees om enkele gerespekteerde menslike geselskap te bereik!

Waarlik, die planeet is redelik naby en iemand kom al klaar na my toe. O God, watter groot area! Dit lyk selfs vir my asof my huis op die grond van hierdie reuse-planeet staan. Die mooi man, `n reus, staan direk voor my, maar merk my nie op nie. Ek sal in sy gebied tree, dan sal hy dalk in staat wees om my te sien."

Biskop Martin betree die gebied van die Jupiteraan, wat hom nou sien en onmiddellik vra:

(Die Jupiteraan): "Wie is jy dat jy my durf nader so vol vuilheid, bedrog en ontug? Al daardie skandelikhede is heeltemal onbekend op my groot planeet. My wêreld is `n suiwer land en sal baie kwaad word as jy op sy grondgebied bly vir enige tyd. Daarom, wees so goed en onttrek na jou vuil woonplek, waar jy kan vreet en hoereer na jou skandelike hartelus! Indien jy bly, sal ek jou in stukkies skeur!"

Biskop Martin spring terug na die binnekant van sy huis, klap die deur agter hom toe en sê vir homself: "Die knaap was al wat kort gekom het om die kroon op my ellende te plaas. Vaarwel, Meneer Jupiter, vir ewig! Stel jou voor, skeur my aan stukkies! Ek sal nooit ooit weer deur daardie deur kyk nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205