Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 73 -

BISKOP MARTIN SE OPMERKINGS EN BOREM SE WYSE WENKE BETREFFENDE DIE WEG VAN EWIGE LIEFDE. DIE BRANDENDE DAMES VAN DIE HEILIGE HART.


(Biskop Martin begin lag nadat hy die toneel gesien het en sê): "Broer, kyk net na dié lawwe vrouens! Ag, in hul blinde woede sny hulle mekaar in stukke met hul dolke! Wat `n gesig! `n Mooi heksesabbat! As hulle so aangaan, sal daar nie veel van hulle oorbly nie en ons ingryping sal heel onnodig wees. Dit maak nie saak nie, want daardie flenters is nie `n groot verlies vir die hemel nie, vergewe my, liefste broer, as dit lyk of ek met welgevalle neersien op die ongeluk van daardie wesens, maar ek kan dit net nie help nie. Enigiets is makliker vir my om te verdra as vrouens wat terselfdertyd dom en goddeloos is. Hulle is veral moeilik om te verdra, as hulle soos hierdie hier, amper hulself vernietig in hul woede en haat. Ek wens hulle nie regtig iets slegs toe nie, maar ek voel dat `n bietjie van die hel nie sleg sou wees vir sulke wilde diere soos hierdie nie. Ek bedoel nie vir ewig nie, jy weet, maar net `n bietjie, soos die Rooms-Katolieke vagevuur!"

(Borem sê): "Moenie oorgretig wees nie, broer en maak seker dat jy al die begeerte van oproeping van vuur uit die hemel uit jou hart verban! Bly net kyk wat die Meester hier doen en jy sal die enigste ware manier leer waarop sulke donker, onkundige wesens weereens in die rigting van die lig gekeer word. As die Meester gedink het soos jy, sou daar baie min hoop vir sulke arm mense wees om ooit die ewige lewe te bereik. Maar hier kan jy duidelik sien dat die Meester meer liefdevol is as die beste mense of engele. Die Meester se weë is vreemd, hulle getal oneindig. En elke manier waarop die Meester `n mens lei is `n onnaspeurlike wonder, selfs vir die wysste gerub en heilig, ongeag sy manifestasie. As jy so na al hierdie manifestasies kyk, sal jy in die toekoms niks vind wat vir jou irriterend of belaglik daaroor is nie. Uiteindelik sal jy oortuig wees hoe oneindig liefdevol en wys die Meester almal lei na die heilige doel en hoe, deur blykbaar die eenvoudigste en mees onbeduidende manier, Hy ten alle tye, die mees verhewe doel bereik. En waar Hy een help, help Hy gelyktydig ontelbare ander wesens. O, broer, jy sal geleidelik verstaan hoe oneindig verhewe dit alles is, wat aan die wortel van hierdie manifestasies is; hoe heilig die bestaan en die aktiwiteit van selfs `n wurm is wat jy op die aarde gesien het, wat kruip oor `n halfdroë blaar! Daarom, wees verheug oor alles wat jy hier sien! Want alles sonder uitsondering is die resultaat van ons Hemelse Vader se mees heilige Liefde! Dink jy die hel, met al sy onbeskryflike verskrikking, kan die Meester se wraak wees op grond van Sy ewige toorn? Op geen manier nie! Die Meester is die essensie van liefde ook in die hel, want ewige liefde ken geen woede of wraak nie en daarom kan al sy instellings op niks anders behalwe liefde gegrond wees nie. Maar gaan kyk nou en sien alles met ander oë en `n ander gedagte. Jy sal dit baie leersaam vind. Want die Meester laat dit alles gebeur hoofsaaklik ter wille van jou om die wedergeboorte van jou gees en die bekleding van jou siel in hemelse gewaad te bespoedig. Dus, weereens, neem alles wat ek vir jou gesê het getrou in ag en dit sal tot die grootste voordeel vir jou word." 

Biskop Martin bly nou kyk na die agterkant van die dame se kop en sien die laaste twee veg nog steeds, hulle steek hul dolke in mekaar se liggame. Hulle val dan neer en lê op die grond asof dood. Nadat hy die toneel gesien het, sê hy:

"Dank God, hulle het klaargespeel met mekaar! Die Meester seën hulle! Dit is werklik wonderbaarlik dat dit hulle gaan help om verlos te word, soos wat jy nou verduidelik het. Ek is baie nuuskierig om te sien wat nou gaan gebeur met hierdie amasones, wie nou asof dood op die grond lê. Aa, `n nuwe manifestasie gaan begin! Die dames lyk nog steeds heel dood, maar hulle begin te rook! Hier en daar vlieg selfs vonke. Liewe vriend, dit begin om nogal onheilspellend te lyk en ek is seker `n bietjie van die hel manifesteer hier. Kyk, vlamme slaan reeds uit! Dit lyk soos spontane ontbranding; die arme goed het aan die brand geslaan, maar behalwe vir die rook, vonke en vlamme, beweeg niks op of om hulle nie. Kyk, die vlamme neem toe in intensiteit en die dooie dames is reeds heeltemal gloeiend. Goed vir hulle dat hulle dood en ongevoelig is! Wat `n merkwaardige gesig en vreemd genoeg, niks blyk vernietig te word deur die intense vlamme nie. Vertel my, dierbare broer, wat hierdie vreemde manifestasie beteken?"

(Borem): "Dit dien die beste doel, want wat van die Meester kom is altyd goed! Gaan kyk en jy sal self sien hoe reg ek is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205