Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 31 -

BISKOP MARTIN SE KRITIEKE VRAE EN DIE WYSE MAN SE ANTWOORDE.

(Die wysste man van die groep sê): "Vra en ek sal antwoord, maar dit is nie belangrik vir my of my antwoorde oortuigend en bevredigend vir jou is of nie."

(Biskop Martin): "Hoekom het die aarde slegs een hoogste berg? En woon die Godheid in al sy volheid in of daarbo, want dit is die hoogste berg op die aarde?"

(Die wyse man): "Die aarde het, en dit is waar, een berg wat hoër is as enige ander bekende berg. Maar dit maak dit nie die god van al die berge nie. God weet waarom Hy `n hoogste berg op hierdie planeet gesit het. Waarskynlik as `n algemene verdeelpunt vir die winde. Vir dieselfde rede, is die hoogste berge te vinde in die tropiese gebiede naby die ewenaar, want in daardie streek is die winde die sterkste, te danke aan die aarde se rotasie. Daar is die effek van die sentrifugale krag die geweldigste en gevolglik, is die sirkels van die rotasie die verste verwyder van die middelpunt, of asse van die aarde. As die Meester nie sulke hoë windreguleerders opgerig het in hierdie gebiede nie, sou hulle waarskynlik vir ewig onbewoonbaar wees. In daardie gebiede - meesal in die grootste kontinente, veral in Asië, waar die lug saamvloei in `n groot stroom, vind ons die hoogste berge. Daarom moet die hoogste berg van almal in Asië wees, dit is die grootste van alle vastelande. Is jy tevrede met die antwoord?"

(Biskop Martin): "Perfek - so ver dit aangaan! Maar nou `n verdere vraag: Waarom is die Amasone in Amerika die grootste rivier op aarde? Is dit dalk vir dieselfde rede, om die Godheid in al sy volheid te hou?"

(Die wyse man): "Vriend, Ek verstaan waarop jy afstuur, maar ek sal hierdie uiters dom vraag so deeglik moontlik beantwoord. Kyk Amerika is `n baie jonger kontinent, met baie groot bergreekse in die Cordilleras, en ook in die Andes. Hierdie reekse is geleë baie naby aan die grootste oseaan van die wêreld en gevolglik hou hul onderaardse basisse `n groot hoeveelheid water, wat onophoudelik opwel deur die ontelbare porieë en die baie groot are en kanale. Aan die ander kant, met veral Suid-Amerika, as `n baie jong kontinent, is bo seespieël vir slegs `n paar duisend jaar, het baie uitgestrekte vlaktes van los sand, net effens bo seevlak. En in `n gebied waar die uitgestrekte bergreekse enorme hoeveelhede water trek, wat dan versamel in die groot vlaktes, versprei onbelemmerd, en vloei dan net baie stadig in die rigting van die oseaan, daarom is daar behoefte vir die grootste en breedste rivier. Natuurlik hoef dit nie meer van die Godheid te bevat as `n reëndruppel nie! Vertel my, stel hierdie antwoord jou tevrede?"

(Biskop Martin). "Perfek, so ver as wat dit gaan! Jou antwoord is baie bevredigend, maar laat ons voortgaan. Sê my, waarom is die diamant die mees kosbaarste edelsteen en goud die mees kosbaarste edelmetaal?"

(Die wyse man): "Omdat die mens dit gemaak het wat dit is. En die rede waarom hy dit gedoen het, is dat hierdie minerale minder dikwels voorkom as die ander. As daar so baie diamante soos klippe en soveel goud soos yster was, dan sou diamante gebruik wees in padbou en goud as vellings op wawiele. Maar die Meester weet die beste rede waarom hierdie twee minerale skaarser is as ander. Waarskynlik omdat hulle die mens se gees met duiwelse elemente vergif. In die lig daarvan, sou jy nie verwag dat hulle `n aansienlike gedeelte van die Godheid inhou nie? Is jy tevrede met hierdie antwoord?"

(Biskop Martin): "Ek kan nie enige besware teen jou verduidelikings inbring nie, en daarom moet ek tevrede wees! Maar ek het nie gevind in jou antwoord wat ek verwag het om te vind nie, naamlik: Werklike bewys vir die goddelikheid van Jesus. Want daar is op die aarde, soos waarskynlik op elke planeet, in alle dinge, wesens en mense hoogtepunte wat uniek is en vir ewig ongeëwenaard. Dus, daar moet seker `n grootste son wees, `n grootste planeet, en op dit `n aantal onvergelyklike dinge. Maar kan `n wyse aanspraak maak dat hierdie gode is, omdat hulle onvergelyklik is? Slegs die heidene het dit eeue gelede gedoen, en die resultaat was `n veelgodedom. ongetwyfeld was daar een of ander tyd `n baie intelligente aap, hond, of esel, soos die een van Bileam, of die mooiste en moedige perd, soos Bucephalus, of `n mooiste vrou, soos die Venus van Medici, of `n Apollo, `n wysste heldin, Minerva, en `n baie jaloerse Juno. Die heidene vergoddelik al hierdie hoë persoonlikhede; wat nie ontken kan word nie. En as die inwoners van `n planeet dit met superieure dinge en wesens uit alle dele van die natuur doen, is dit geen wonder dat die mens die grootste onderwyser en die grootste towenaar tot hul hoogste Godheid verhoog het en altare vir hom oprig en is nog steeds tot op hierdie dag besig om hom te aanbid - waarvan sommige met ware vroomheid, maar die meerderheid, vir redes van beleid, met die doel om die ander in die donker te hou. Maar omdat die mens dit aan hulle wysste medemens gedoen het, sou dit voldoende rede wees om hom heeltemal te vergoddelik? Of het ons ooit hoër wesens gesien of gehoor wat aarde toe gekom het om die goddelikheid van Jesus te bewys en te bevestig? Daar bestaan stories van wonderbaarlike gebeurtenisse met sy geboorte - dat engele sigbaar afgedaal het na die aarde en die mensdom van sy goddelikheid vertel het. Maar het ons enige van hierdie gesien? Nie ek nie, jy, miskien? Sulke stories is fiktief in die saai en selfsugtige drome van monnike en nonne, maar as jy die waarheid ondersoek, sal jy net menslike begeerte vind wat meer en beter wil weet as jou medemens, alhoewel diep in sy hart, weet elkeen dat hy blind is, en sy kennis is uitsluitlik gebaseer op gewone, onverskillig geloof.

Waar `n man `n ander man se gesag as bewys aanvaar, kan ons nie praat van ware oortuiging nie. Maar aangesien ons nog nooit iets gehoor het van die ware God nie, behalwe deur mense, waar anders sou mens verwag om enige lewende bewyse te kry? Dus, `n openbaring is niks meer as die werk van `n mens nie. Dit is duidelik, omdat ons nog nooit `n openbaring gehad het wat nie die menslike invloed en verbeelding toon nie. Daarom, liefste vriend, moet ek alles kontroleer en kan nie oortuig word nie. Jou bewyse is ontoereikend vir my! `n Mens se wens vir begrip van God kan net deur God self tevrede gestel word, nooit deur `n mens nie, en ek glo dat ons deur die baie en verskillende ervarings in Sy ruimtes van skepping voordat ons gereed is vir `n ware goddelike openbaring! Alles wat ons ervaar het tot dusver, is net `n laerskool om ons voor te berei vir die toekomstige groot en goddelike lesse. As jy egter in `n posisie is om te antwoord op my argumente met iets beter, reiner, waaragtiger, en meer goddelik, sal ek geduldig en gedienstig na jou luister."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205