Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 84 -

 DIE BEKER VAN GENADE MET KOOKWATER. DIE HELSE SKANS.


(Biskop Martin): "Ek kyk reeds met die grootste belangstelling na die toneel, maar tot dusver is dit nog onveranderd. Die beker het al baie groot gegroei. Dit kan `n paar meter in omtrek wees, gemeet teen aardse standaarde. En as ek dit korrek sien, groei dit nog steeds. Die twee gesante staan aan die rant van hierdie groot beker en die ou man en sy dogter kyk aandagtig daarna. Die ander ou mense, kyk vanaf `n afstand daarna, net soos osse in die wêreld sou staar na `n nuwe hek. Die visse in die beker swem flink in die ruim goue bak, wat nou redelik groot is. Die koppe van sommige van hulle lyk reeds meer na `n mens, terwyl ander nog soos vis lyk. Ek neem aan hulle sal eers in soort van geestelike meerminne verander en uiteindelik in die werklike goedgevormde vroulike wesens. Maar wat is dit wat ek bemerk? Die see, wat voorheen so onheilspellend gelyk het, het heeltemal verdwyn! en die steeds groeiende kelk staan nou in die middel van `n uitgestrekte vlakte, van miskien `n honderd vierkante myl. In die verte, lyk dit of die vlakte omring is deur `n buitengewoon sterk en `n hoë skans, dit is duidelik merkbaar waar die vlakte eindig en die skans begin. Die merkwaardigste ding is dat die skans steeds hoër word en dan weer laer op verskillende plekke. Op die plekke waar die skans in hoogte groei, kan ek maklik onderdeur sien. Wat `n ongewone soort skans! Ek wonder wat dit kan beteken? Die beker bly onveranderd, maar `n goeie tienduisend voet daarvandaan het `n enorme, ronde gat nou gevorm op die plek waar, ek dink, die klooster eenmaal gestaan het en waar, ná sy verwoesting, die lelike moddergat verskyn het. Digte rook kom nou uit daardie gat, maar dit verdwyn weer nadat dit net `n paar vaam bo die rand van die gat opgekom het. Wat `n vreemde voorbereiding vir die derde toneel van hierdie drama!

Maar kyk na die beker, broer! Die water daarin begin te kook en dit stoom geweldig. Die arme visse lig koppe oor die rand van die beker en skree vreeslik. Hulle het almal al menslike koppe, behalwe dat sommige na seeleeus lyk. Ah, die water in die beker kook fel en die stoom word steeds digter. Die arme visse skree verskriklik van die pyn. As dit kokend bly vir `n rukkie, sal daar binnekort `n groot hoeveelheid gaar vis wees, een van my gunsteling geregte op die aarde. Ah, kyk gerus, die visse kry arms en goedgevormde hande, waarmee hulle probeer om hulself oor die rand van die beker te trek om te ontsnap aan die marteling. Maar hul arms lyk nie baie sterk nie, want hulle moet spoedig die rand los en in die kokende water terugval. Ek sou graag in wese wil verstaan wat die water so laat kook in hierdie reuse-beker. Die arme vis, hulle word rondgemaal in die feller en feller kokende water soos los sand rondgemaal word deur `n sterk vloeiende stroom! Hoe hulle draai en swaai en wat `n gekerm kom nie uit die beker nie!

Die twee gesante staan ongevoelig daar. Hulle gesigte verraai geen bejammering nie. Jy sou dink dat hulle die toneel geniet. Nee, liewe broer, ek dink dit is regtig oordoen! Waarom moet hierdie arme siele so verskriklik gemartel word om weer hulle menslike vorm te kry? Ek self, `n sondaar van die ergste soort, het nie nodig gehad om deur so `n reinigingsproses te gaan nie. Gelukkig is ek nog `n mens, selfs al is dit net in boereklere!" 

(Borem). "Broer, moenie vergeet van die woord "verskynings" nie! Jy sien nog steeds die dames ongedeerd in `n ry voor ons. Hoe kan jy bekommerd wees oor wat daar net in hul innerlike gebeur? Hoewel die innerlike wêreld van `n menslike wese die werklike wêreld is, die mens bly menslik en groei in volmaaktheid tot dieselfde mate dat die innerlike self geroer en geaktiveer word. Jy is onder die indruk dat jy jou menslike vorm behou het sonder reiniging soos hierdie. Ek kan jou verseker dat jy veel erger as die dames gekook het in die Meester se kelk van genade. Is jy enigsins bewus daarvan? As jy volmaak geword het en die aktiwiteite van die mense op die aarde gewys word, wat sal jy dan sê, siende die innerlike bron van lewe en die talle strome van vuur wat woed deur talle kanale? Wees dus redelik, my liewe broer!"

(Biskop Martin): "Natuurlik is jy reg! Laat hulle dus gekook word en indien nodig, ook `n bietjie gebraai! Om te kook en te braai in die Meester se liefde en genade is werklik niks om oor te kla nie! Aangesien ek deur hierdie kookproses gegaan het en min of niks daarvan gevoel het nie, vaar die dames seker nie so sleg as wat hulle maak nie. Wat die Meester ookal doen, is altyd die beste! Nou kom die ou mense nader aan die twee boodskappers en vra toestemming om by hulle dogters in die beker aan te sluit en toestemming word verleen. Ook die eerste ou man en sy dogter spring in die warm bad. Nou is hulle almal daarin en dit is verskriklik om te sien hoe die kookwater werk aan hierdie groep. O, die geskree, die geween, die wanhopige wringing van die hande en geroep om hulp! Nee, broer, selfs al is dit net `n voorkoms, indien dit so baie pyn veroorsaak, is ek nie daarvoor nie. Die dames moet iets voel. Ek merk dat hulle nou begin om te beweeg, terwyl hulle voorheen stilgestaan het, asof vasgespyker aan een plek!"

(Borem): "Maar dit is goed. Die lewe keer na hulle terug! Is dit nie iets om oor bly te wees nie?"

(Biskop Martin): "As dit die geval is, is ek gerusgestel. Maar, die gesig van hierdie herlewing is nogal onaangenaam. Dit laat my baie dink aan die vagevuur."

(Borem): "Vergeet van jou vagevuur! Ek kan jou verseker, daar is niks van die soort iewers, ooit nie! Hier kan jy niks anders as die liefde van God in aksie sien nie, wat natuurlik `n vuur van vure word. Maar die brand is nie pynlik nie. Inteendeel, dit verlig al die pyn en genees alle wonde toegedien deur die hel. Die siele ly pyn en roep om hulp en verligting. Maar dit is nie die kokende beker wat die pyn veroorsaak nie, net die hel wat hulle nou moet laat vaar. Hou aan kyk! Kyk na die enorme skans om die vlakte. Jy sal gou besef dat hierdie skans niks anders is nie as die hel of die duiwel in die vorm van `n reuseslang wat homself geposisioneer het om die vlakte om te verseker dat hierdie geredde siele nie hulle vermeende bederf ontsnap nie. Al hierdie is nog net `n voorkoms en die vlakte dui op die wêreldsheid van hierdie geredde siele, waaruit hulle nie kan wegkom nie, omdat dit deurtrek is deur die hel. "So dit is hierdie skans wat al die lyding veroorsaak vir diegene in die beker. Maar kort voor lank, sal hierdie skans verwoes word en in die afgrond gegooi word, wat reeds sigbaar is so tien duisend tree noord van die beker van genade. Kyk aandagtig en jy sal gou sien watter voorkomende maatreëls getref word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205