Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 144 -

DIE DRIE SONMEISIES BEJAMMER DIE NONNE WAT IN 'N BESWYMING IS. HULLE OPWEKKING DEUR DIE MEESTER. JOHANNES EN MARTIN BESPREEK DIE MEESTER MET DIE SONMEISIES.

(Na hierdie woorde, word hulle stil en die drie sonmeisies sê aan Martin, Petrus en Johannes): "Kyk nou wat gebeur het. Waarom wou julle dat ons, ons gesigte wys as julle geweet het wat sou gebeur! Nou lê die arme goed hier voor ons soos dooies. Wie gaan hulle laat herleef? As julle kan, doen dit asseblief, want ons is baie jammer vir hulle. O, as ons net nie onsself aan hulle gewys het nie."

(Johannes): "Moenie bekommerd wees wat julle hoogste skoonheid, in hierdie geval selfs verhoog deur God, die Meester, gedoen het aan hierdie nonne nie, want dit sal goed wees vir hulle. Dit het hulle laat ontslae raak van `n laaste materiële las wat swaar gelê het op hulle, een wat hulle nog vir `n lang tyd probleme sou gee en hulle nie in staat sou wees om die hoogste saligheid van God se hemel te geniet nie! Nou is hulle vir altyd en met een slag onthef van die las en hulle sal opstaan tot beter en reiner lewens, in staat om na julle te kyk sonder wrok of skande, ongedeerd, soos wat ons doen. En, synde die dogters van die mees hoë en heilige Vader, sal hulle van groot nut wees vir julle. Op die oomblik is hulle so goed as dood, want hulle valse liefde is van hulle geneem wat tot nou toe aan hulle meer lewe gegee het as hulle liefde vir God, die ewige Meester van die Heerlikheid en alle lewe. Maar kyk, daar uit die agterste deel van hierdie skare, kom `n man nader, `n vader tussen twee dogters. Hy sal mettertyd hierdie nonne wat nou dood lyk opwek en die Heerlikheid van God sal openbaar word voor julle oë."

(Die drie): "Goddelike vriend, jy het ons soveel vertroostende dinge vertel, so vertel ons ook wie die mens is, wie ons nou met sy twee dogters nader. Is hy ook een van julle broers van dieselfde heilige planeet?"

(Johannes): "Soos julle Hom nou sien, is Hy `n broer vir ons almal in Sy sigbare vorm, Hy is soos ons van die aarde, naamlik, daardie klein wêreld wat julle filosowe die "heilige planeet noem." Maar desondanks is Hy die Heer en Meester van almal van ons, want wie `n meester is, is ook `n heer en aangesien hierdie man ons Meester is in alles, is Hy ook Meester oor alle dinge in God se orde."

(Die drie): "As dit so is, moet hy aansienlik meer wees as wat julle is. Miskien soortgelyk aan ons hoofwyse, wat nie net al die mense van hierdie uitgestrekte wêreld moet gehoorsaam nie, maar al die berge, water, diere en plante."

(Johannes): "Ja, ja, soortgelyk daaraan, maar selfs meer as dit, soos julle gou sal uitvind!"

(Die drie): "Moet ons onsself ook vir Hom bedek?"

(Johannes): "Dit is nie nodig nie, want Hy het julle en julle hele wêreld geken voordat dit tot stand gekom het en voor ons en julle wysgere bestaan het!"

(Hierop is die drie sonmeisies baie verbaas en sê): "Wat sê julle? Ons het nog nooit so iets gehoor nie, selfs nie van ons grootste en mees wyse wysgere nie! Hulle het ons vertel dat ons wêreld van die lig soos `n moeder is vir al die ander wêrelde en is die oudste van almal. As ons groot en byna eindelose wêreld die oudste is en dit betwyfel ons nie, want ons het al dikwels gesien hoe dit aan kleiner wêrelde geboorte gegee het, hoe kan `n wyse van `n ander kleiner wêreld, een wat sy oorsprong in die eerste plek uit ons wêreld het, ouer wees as ons leermeesters en selfs ons hele eindelose wêreld? O, goddelike vriend, daar moes julle `n fout gemaak het, tensy die Meester `n oerengelgees is, in welke geval julle dalk reg kan wees. Maar dit is onwaarskynlik, aangesien hy nie omvou is met `n heilige lig soos die ander engelgeeste wie se glans so helder is, dat dit ons byna donker laat vertoon. Daarom moet jy dit nie teen ons hou as ons dink dat jy `n fout gemaak het nie."

(Johannes): "My hoog aangeskrewe dogters, julle wyse manne is goeie wiskundiges, maar ons is nog beter. Daar is `n groot verskil tussen julle en ons. Ons is ware kinders van die Allerhoogste, terwyl julle net sy skepsele is en kan slegs deur ons kinders van sy kinders word. Dit het julle ook van julle wyses geleer. As dit so is, sê vir my wie sal ouer wees: Die kinders, of die kinders se kinders, wie julle is?" 

(Hier is die drie nogal geskok en eers na `n ruk sê hulle): "Die wysheid van jou vraag is te groot en ons kan nie daarop antwoord nie. Dalk kan ons wysgere. Maar ons is nie in staat om te sê, sonder om die diepte van hul wysheid te weet nie. Kom ons los hierdie onderwerp vir die oomblik, omdat die een wat julle Heer en Meester noem, reeds baie naby is. Ons wil Hom `n waardige ontvangs gee. Laat ons weet hoe Hy verkies om ontvang te word, sodat ons in alle opsigte voorbereid kan wees."

(Johannes): "Met betrekking hierop, vra liewer julle tweede vader, Martin, wat julle geleer het hoe om lief te hê. Hy sal julle presies vertel wat om te doen." Nou draai die drie na Martin, wat sê:

(Martin): "My geliefde dogters, met hierdie Heer en Meester tel niks, buiten suiwer liefde nie. Ontmoet Hom daarom met die grootste moontlike liefde en julle sal Hom wen. En as julle Hom gewen het, het julle alles gewen, want alle dinge is vir Hom moontlik. Ek is ook oortuig daarvan dat Hy ware kinders van God van julle kan maak."

(Die drie): "Sal ons toegelaat word om Hom lief te hê, op die manier waarop ons jou liefhet? Kan ons Hom na hartelus omhels en toegee aan die nuutontwaakte emosie?"

(Martin): "Ja, want die liefde kan Hom nooit aanstoot gee nie, selfs as Hy vir julle sê: "Raak my nie aan nie!" Moenie dat dit julle afskrik nie, maar vertroetel julle liefde vir Hom al hoe meer. Hou in julle harte vas aan Hom en Hy sal na julle toe kom en julle, julle hartsbegeerte in oorvloed gee, sodra Hy julle in Sy hart geneem het en julle sal `n saligheid ondervind wat geen wyse van julle wêreld ooit kon dink nie."

(Die drie): "Geen twyfel dat daardie twee pragtige kinders so `n saligheid geniet nie. Wat `n magtige Gees uit die hemel moet Hy wees, dat julle as ware kinders van die Allerhoogste, Hom aanvaar as julle Heer en Meester! Hy moet seker die Eerste Seun van die Allerhoogste wees - Sy gunsteling, Sy alles!"

(Martin): "Julle is baie naby aan die waarheid, maar julle beter nou swyg, want Hy sal binne `n oomblik hier wees. Kyk selfs die dooies begin beweeg as Hy naderkom! Is Hy nie baie beminlik nie, liefste dogters?"

(Die drie, verruk): "O, hemel, hoe lieflik is Hy nie! Daar kan niks in die hele oneindigheid wees wat vergelyk met daardie onbeskryflike goedheid wat uit sy hele wese straal nie! Hoe nader Hy kom, hoe meer lieflik lyk Hy! Ag, vergewe ons as ons sê dat selfs julle, wat die kinders van die Allerhoogste is, vergelyk met Hom soos leë skaduwees en ons harte besef al duideliker dat dit onmoontlik sou wees om enige wese meer lief te hê as vir Hom. O vriend, jy, ons nuwe geestelike vader, ons kan nie ons harte meer in toom hou nie. Ons begeerte na Hom is te sterk vir ons! Hy stop omtrent tien voet van ons af en nou, wink Hy met sy vinger! Vertel ons vir wie wink Hy? Kyk, die berge van hierdie wêreld buig as Hy nooi en daar, diep in die vallei, dein die groot water op. O, sê vir ons, vir wie is hierdie heilige wink bedoel?"

(Martin, diep geraak): "Dit is vir julle bedoel, my geliefde klein dogters. En behalwe julle, is dit waarskynlik ook vir julle hele wêreld. Haas julle dus na Hom en doen soos ek julle geleer het."

(Die drie): "Neem ons daarheen, want dit ontbreek ons aan moed en krag om dit op ons eie te doen. Ons oorweldigende liefde verlam byna ons ledemate." Martin, Johannes en Petrus ondersteun nou ook die drie en lei hulle stadig na My.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205