Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 111 -

DIE MEESTER SE WEDERSYDSE GELYKENIS: DIE TWEE MENSLIKE PLANTE IN DIE TUIN VAN GOD SE LIEFDE. GOD SE INKARNASIE.

(Intussen, praat Ek met Chanchah en Gella soos volg): "My beminde Chanchah, `n ruk gelede het jy my iets vertel wat baie wonderlik was, omdat dit uit die diepte van jou hart gekom het. Ek het belowe om jou iets te vertel wat nog meer wonderlik is en Ek is nou hier om My belofte te hou. So, luister geduldig na my. Julle moenie verwag dat Ek `n lang toespraak moet hou nie, want My toesprake is altyd kort en dit is my gewoonte om baie te sê, met net `n paar woorde. Jy het My `n beeld gegee van hoe jy jou oggend- en aandblomme versorg het, wat baie mooi was. Ek sal jou nog `n oggend- en aandprentjie gee. Kyk, soos jy jou blomme geplant het, so ook het die groot, goeie Lama twee menslike wesens in die tuin van Sy liefde geplant: Die een teenoor die oggend vir Sy hart en lateraan, die ander een na die aand van Sy wysheid. Hy het die eerste een met al die elemente van Sy goddelikheid gekoester, sodat hy so glorieryk soos Hy, die Lama self kon word. Maar die eerste mens wou nie floreer nie, maar in plaas daarvan het hy baie arrogant geword en was wederstrewig teen Lama en nog steeds tot vandag toe minag hy Hom, hoewel Lama op enige stadium bereid is om hom terug te ontvang met ope arms en hart. Toe hierdie eerste man `n mislukking word, het Lama kort daarna `n tweede een in die rigting van die aand geplant, dit is in die wêreld en het hom sy beste sorg gegee. Maar hierdie een het ook gefaal deur ongehoorsaamheid. Toe het Lama dit betreur dat Hy ooit die mens geskape het en het gedink om die werk wat nie `n sukses was nie, te vernietig, soos `n pottebakker `n foutiewe pot sal vernietig. Maar Lama het Sy Liefde geraadpleeg en Sy het opgestaan vir die mislukkings. Daarom het Hy self na die wêreld gekom as `n mens om `n voorbeeld te stel vir alle mense. Maar die Goddelike Mens is gevange geneem deur die goddelose sterflinge en gedood, alhoewel hulle nie die God in Hom kon doodmaak nie. Net `n paar het Hom herken en hulle harte oopgemaak vir Sy onderrig. Daar is talle mense wat, alhoewel hulle bly hoor van Hom, weier om sy onderrig te glo en dit te aanvaar, wat hulle daardeur Sy kinders sou maak sodat, hulle kon word soos hulle Ewige Vader. 

Wat dink julle moet Lama met sulke mense doen? Moet Hy hulle langer verdra? Sy liefde vir hulle is so groot dat Hy weer vir hulle `n duisend keer sou sterf as dit moontlik en voordelig was vir hulle. Maar hulle wil Hom nog steeds nie meer liefhê as die onsinnige wêreld nie! Hulle verkies om Hom heeltemal te ignoreer om hulle wêreldse plesier onbelemmerd deur hul gewete na te streef. O, Chanchah, vertel my wat mense soos hulle verdien? Moet Lama veel langer opsit met hul uittarting, of moet Hy hulle vernietig?"

(Chanchah): "My beminde vriend, watse bose plante van Lama is hulle nie! Hulle behoort swaar gestraf te word. Maar as Lama so buitengewoon vriendelik is, sou Hy werklik Homself sover kan bring om dié plante uit te kap en te verbrand soos die voorvaders gewaarsku was Hy sou doen? Ek dink die oneindigheid, soos ek nou begin om te besef, moet voldoende ruimte hê vir die stoor van onkruid soos dié. As ek die Lama was, sou ek niks wat lewe vernietig nie. Stem jy saam, my liefste vriend?"

(Ek sê): "Natuurlik, My lief, dit is wat Ek ook dink en dit is wat Ek doen! Maar wag net `n klein bietjie, binnekort sal ons twee broers terugkeer met die vreemdste gaste en ek wonder wat jy van hulle sal sê? Wees dus bereid om die mees ongewone dinge te sien en te hoor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205