Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 100 -

DIE MEESTER BERISPE BISKOP MARTIN EN GEE HOM AANWYSINGS.

(Ek sê): "Het Ek jou nie gesê om `n voorbeeld te neem by Borem nie? Hoekom moet jy aanhou praat wanneer dit nie nodig is nie? Nou dat jy jouself in `n hoek gepraat het, kom jy na My toe dat Ek jou eervol daaruit moet help, maar dit is nie so maklik soos wat jy dink nie. Na aanleiding van My nodige wonderwerk en jou praatjie, is die Sjinees nou aansienlik aangeblaas. Haar hart voel my nabyheid en haar gees ontwaak meer en meer. Deur middel van jou definisie van hoe jy selfs die sagste wenke van Lama verstaan, het jy `n vuur in haar kop sowel as in haar hart aangesteek. Geen wonder dat sy nou alles insit vir die inligting wat sy wil hê nie! Maar jy het hierdie situasie vir jouself geskep en jy moet daarmee saamleef! Ek het reeds een keer tevore gesê dat hierdie Sjinees nie maklik sal wees om te hanteer nie, maar jy was nie oortuig nie. Aangesien jy nou deur middel van jou grootpratery hierdie kritieke situasie te vroeg veroorsaak het, sal jy jouself soos `n man moet verdedig en seker maak dat jy hierdie saak met Chanchah regmaak, terwyl Ek met die ander honderd Sjinese sal werk. Sodra ek hulle in orde het, sal ek ook na Chanchah omsien. Gaan nou en doen soos Ek jou sê!"

(Martin krap sy kop en sê na `n ruk): "O, my H---, ag, my tong het amper weer gegly, my broer. As ek in my eie diskresie mag optree, natuurlik onder U geheime invloed, dink ek dat ek hierdie Sjinees gou sonder veel moeite onder beheer sal hê!"

(Ek sê): "Doen soos jy wil, maar jy moet hierdie Sjinees ten alle koste regkry!"

(Biskop Martin): "Ja, my H --- Ek bedoel, broer. Ek sal hierdie saak met Chanchah regmaak. Gelukkig het ek nou meer moed, waarsonder ek nie te goed sou vaar nie."

(Borem): "Broer, maak seker dat jou moed nie opraak nie! Dit sal nie maklik wees nie en ek hoop net dat jy nie die verloorder sal wees nie. Die Sjinese, wat `n Stoïese gees het, is baie moeilik om te beheer; vir elke een ding wat jy sê, het hulle `n honderd besware. Besef jy dit? Hierdie Chanchah is `n uitsonderlike suiwer wese, gevul met `n eg Oosterse, brandende, maar nog steeds eteriese, sjarme, desondanks die feit dat sy `n Sjinees in die volste sin van die woord is. Daarom, weeg elke woord noukeurig, of sy sal jou baie probleme gee."

(Biskop Martin): "Maar wat moet ek doen? Ek is nog steeds verlore ten opsigte van hoe om te begin. Aangesien ek iets moet doen, sal ek my bes probeer om haar reg te kry soos gevra deur [in `n lae stem] die Meester."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205