Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 142 -

DREIGENDE HOUDING VAN DIE DRIE SONMANNE. MARTIN SE KRAGTIGE ANTWOORD. DIE SONMANNE VOLG DIE RAAD VAN HUL GEESTE EN GEHOORSAAM.

Die ander soninwoners, aan wie se familie die drie sonmeisies behoort, het opgemerk hoe hulle Martin omhels. Dit het begin om hulle te bekommer en drie mans kom nou na Martin en sê:

(Die drie sonmans): "Hoë en goddelike een, wat ons oë sien is baie ongewoon hier en nie deel van ons orde nie. Vertel ons wat dit beteken. Is jy van plan om hierdie drie dogters weg te neem van ons af? Wat gee jou daardie reg? Wil jy hulle as vroue vir jou hê om hulle te bevrug? Dit kan nie gebeur nie, want jy is nie van hierdie wêreld nie en buitendien, jy is `n gees wat nie kan bevrug nie! Daarom, vertel ons wat dit beteken en wat jy beoog om met ons dogters te doen." 

(Martin sê aan die drie manne wat ook baie mooi is): "Geliefde en mooiste vriende, wees nie bekommerd oor hierdie drie dogters nie, want hulle is beter af met my as met julle, wat net wysheid besit en baie min liefde. Ek sal hulle leer om lief te hê en hulle sal liefde ontvang. Dit is die wil van die Groot God, Wie, Self, die grootste, hoogste en suiwerste liefde is. Julle moet dit ook leer en dit sal vooruitgang vir julle beteken, in plaas van permanent in hierdie wêreld, liggaamlik en geestelik te bly. Ek sal julle dogters in my huis neem, maar julle sal ek nie aanvaar, as julle nie kan liefhê nie. As julle in staat is om lief te hê, sal daar vir julle ook plek wees."

(Die drie mans): "Daar is geen orde in die betekenis van jou woorde nie, daarom geen wysheid nie en is vir ons onverstaanbaar. Daarom, spreek met wysheid as jy met ons praat! Ons weet dat jy aan die kinders van die Groot Oergees behoort en ons topfilosowe ken jou van jou eie planeet af. Maar dit alles is nie vir ons belangrik nie, solank as wat jy nie die kleed van wysheid dra nie. Daarom beveel ons jou nou, in die naam van die hoogste wysheid van hierdie wêreld van lig, om hierdie drie onmiddellik te laat gaan, anders sal daar rampspoedige gevolge vir jou wees, asook vir die skare wat jou volg. Tensy jy gehoorsaam, sal ons, ons magtigste geeste roep om hande aan jou te slaan!"

(Martin): "Ag, ag, my mooi en geliefde vriende, moenie opgewonde raak nie! Kyk na my, onder al hierdie baie broers en susters wat saam met my hier is en ook my huis deel, mag ek die swakste wees. Maar in vergelyking met julle, het ek genoeg krag om julle met net `n klein gedagte te verstrooi, soos `n storm die stof verstrooi. Daarom wil ek julle aanraai om julle belaglike dreigemente te laat vaar, of ek sal my hande op julle en julle sogenaamde magtige en baie wyse geeste lê. Ek gaan `n hardheid uitstraal wat julle sal laat voel asof julle koors het. Julle beter dus vrywillig gaan, of ek kan dadelik stappe meem!" Die drie sonmans steek hulle hande na bo en roep na hulle geeste. Hulle antwoord egter uit `n wolk:

(Die geeste): "Ons kan nie hierdie groep op enige manier skade aandoen nie, omdat ons voel dat dit die Mees Verskriklike insluit. Luister dus óf na hierdie groep óf vlug so vinnig en so ver as wat julle kan, of julle sal in groot moeilikheid wees. Hulle almal is almagtig en die Mees Almagtige is onder hulle! Dus, gehoorsaam of vlug, maar gehoorsaamheid sou beter wees vir julle, want waarheen kan julle vlug van diegene wie se voete vinniger is as julle gedagtes?"

(Nou praat Martin weer): "Wel, my steeds minlike en geliefde vriende, wat gaan julle doen? Wat stel julle wysheid nou aan julle voor. Gaan julle nog steeds julle teen ons almal verset?"

(Die drie): "In so `n geval, sê ons wysheid: As hy teen wie julle wil veg, sterker is as julle, moenie veg nie. En gee hy jou dan `n bevel, gehoorsaam hom streng. Siende die feit dat jy en jou groep magtiger is as ons, is ons bereid om jou te gehoorsaam. Vertel ons dus wat jy van ons wil hê."

(Martin): "Gaan vooruit, behalwe julle drie dogters, wat by my bly en berei julle huis voor, want ons sal vir `n rukkie by julle bly. Wat later gedoen moet word, sal `n ander Een van my groep julle vertel, want, soos reeds vermeld, ek is die laagste onder die duisende. Laat dit so wees!" Na hierdie woorde van Martin, gaan die drie op hulle pad, oor blink velde na `n klein hoogte in die vallei, waarop `n groot tempel staan, wat die woning is van hierdie sonmense. Dit is deur `n aantal kleiner geboue op `n laer vlak omring, waar die kinders opgevoed word. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205