Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 169 -

DIE EFFEK VAN URON SE BEKERING OP DIE LEDE VAN SY HUISHOUDING. INTREDE IN DIE SONWONING.

Petrus, Johannes en Martin tel die wyse van die grond af op en dra hom in die pragtige huis in. Met dit skrik die ander sonbewoners, hoofsaaklik die lede van sy huishouding en sê vir mekaar:

(Die lede van die huishouding): "Wat is dit? Die onsterflike, hoofwyse het geval soos `n dooie aan die voete van hierdie menslike gees? En nou dra drie van die vreemde geeste hom in ons huis in! Wat sal daarvan kom? Wie is hierdie gees dat hy so baie mag het, wat ons nog nooit in `n engel opgemerk het nie?"

(Sommige wat die draers gevolg het): "Het julle nie `n rukkie gelede gehoor dat hierdie gees veronderstel is om die Allerhoogste Gees van God te wees nie? Ons is amper seker daarvan, maar kan nie verstaan hoe julle dit gemis het nie. Het julle nie gehoor dat ons hoofwyse met Hom praat en Hom erken as die enigste gasheer en oudste van hierdie en elke ander huis nie? Deursoek daarom julle harte en dink wat se genade betoon word aan hierdie huis, aan die hele wêreld, as sy Skepper dit vir die eerste keer, sigbaar aan ons sintuie, betree met Sy allerheiligste voete. Maak gou en reinig die luukse stoel van die oudste van hierdie huis, sodat die regmatige eienaar vir die eerste keer kan sit op Sy regmatige plek hier."

Na aanleiding van hierdie woorde, het hulle almal haastig in die huis gegaan en hulself besig gehou soos voorgestel deur die wyser kinders uit hul midde. En Ek volg op hul hakke, vergesel deur Chanchah, Gella en die drie dogters van die huis. Agter My volg Borem en Chorel en lei die res van die groep, wat nie hul oë groot genoeg kan oophou om al die prag en praal in te neem wat hulleself aangebied word nie. Hulle is almal vol vreugde en lof vir My, want nou besef hulle almal ten volle dat Ek alleen die Heer is. En dat hulle nou in die geselskap is van Hom wat die ewige Heer van al hierdie prag en praal is en dit maak hulle baie gelukkiger. In hierdie orde tree ons die eerste woning op die son binne.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205