Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 188 -

DIE MEESTER SE LIEFDESFEES AAN DIE SONBEWONERS SE TAFEL. DIE REGTE PLEK VIR DIE MEESTER.

(Die wyse buig diep voor die Meester en sê met die grootste moontlike eerbied): "O, Meester, God, Vader van u kinders en die mees heilige, almagtige Skepper van U oneindige werke, ons het ons bes gedoen om te voldoen aan U wil. Alle soorte voedsel en drank is bymekaargemaak en die groot tafel is daarmee gelaai. En nou, laat U allerheiligste wil geskied!"

(Ek sê): "Dit is goed, maar dit is nou vir jou, as die hoof van die hele gemeenskap, om saam met die werklike gasheer die sitplek orde vir ons vas te stel!"

(Die wyse en die eienaar van die huis gelyktydig): "O Meester, hoe kan ons, wat net wurms voor U is, veronderstel om vir U te sê waar om te sit? O Meester, sulke veronderstellings van ons kant moet ons vir ewig doodslaan! Alles is U s’n en die plek waar U is, in elk geval die grootste en heiligste! En ons, nee, ons kan dit nie weer sê nie! O Meester, ons smeek U net hierdie een ding: Dat U aan ons U allerheiligste wil in alles bekend maak! Ons sal dit dan in ons harte kry as `n skat en alles doen om dit getrou te vervul. Onttrek daarom genadiglik hierdie opdrag dat ons die sitplekke vir U en U verhewe kinders aan die groot tafel moet bepaal."

(Ek sê): "Wat jy nou sê is goed en reg en dit was jou liefde vir My wat jou dit laat sê het. Maar as jy My egter wil erken as `n skat van jou hart, moet jy die instruksies wat aan jou en die eienaar van hierdie huis gegee is, aanvaar en daaraan voldoen. Andersins is dit met jou net `n kwessie van die regte ding sê oor My wil, maar wanneer Ek wil hê dat jy iets moet doen, dink jy dat jy my aanstoot gee as jy doen wat Ek jou vra. Daarom, doen wat Ek wil hê en jy sal uiteindelik verstaan waarom ek wil hê dat julle dit doen." Nou buig die wyse en die huiseienaar diep en dink angstig hoe om dit te hanteer en waar om My te plaas, want hier is een plek soos die ander. Die sogenaamde gasheer se plek en die prominente plek van die wyse word beskou as ongeskik deur beide van hulle, want deur My in een van hul sitplekke te plaas, sou hulle hulself net eer. Hulle dink eers vir `n rukkie na oor hierdie saak, maar kan nie `n goeie oplossing vind nie. Oplaas draai die wyse na Martin vir sy advies.

(Martin trek sy skouers op en sê): "Wel, vriend, dit is nie maklik om te besluit nie. Is daar geen plek toegewy aan liefde nie?"

(Die twee is baie verbaas en sê): "Vriend, ons het nog nooit so-iets gehad nie. Wat kan ons daaraan doen?"

(Martin): "Julle beter nou sorg vir so `n plek, want dit mag julle oplossing wees."

(Vra die twee): "Maar hoe moet so `n plek wees?"

(Martin): "Gaan na die drie dogters van die huis, wat nou by die Meester is, hulle sal spoedig so `n sitplek voorberei." Die twee wysgere doen soos voorgestel en hulle vra die drie sondogters.

(Die drie sondogters druk hulle hande op hulle harte en sê): "Kyk, liefste vaders, dit is die regte plek vir die Meester van die heerlikheid. Moenie probeer om dit met julle koppe uit te werk nie. Maar trek Hom met julle harte en dan sal die eerste plek waarby julle kom, die regte een wees." Slegs nou verstaan die twee wat Ek van hulle verlang. Hulle kom na My toe, buig diep en tel weer hul koppe op en sê:

(Die twee wysgere): "O, Meester, God, Vader! Lof aan U, ons dank en al ons liefde! Met die hulp van liewe broer Martin en ons geliefde dogters het ons ten laaste U mees heilige wil herken en het dit vervul na die beste van ons vermoë. O Meester, God, Vader, hier in ons harte het ons vir U en ook vir al die ander broers en susters, die beste en sonder twyfel, behoorlike plek van rus. So kom, U, heiligste en mees liefdevolle Vader, met almal vir wie U liefhet en neem volle besit daarvan vir alle ewigheid. Want nou het ons besef dat die tafel met al die materiële geregte niks anders is nie as `n eksterne simbool van wat ons in ons harte vir U moet voorberei nie, mees heilige en liefdevolle Vader. Die tafel van ons innerlike lewe is natuurlik nie so ryk gedek soos hierdie eksterne een met die geregte wat volgens U smaak is nie. Maar ons vra U, o heilige Vader, om dit vir ons te seën, sodat dit kan ryker word deur dade van liefde, nederigheid en sagmoedigheid. Dan sal ons ook in staat wees om U te ontvang, o heilige Vader, met `n ware, ewige en aktiewe Hosanna! U Naam, wat U almagtige, heilige wil is, word deur ons vir ewig in alle oneindigheid geprys!"

(Ek sê): "So is dit reg, my geliefde nuwe kinders! As julle bly soos julle nou is, sal alles wat aan julle belowe is , in alle detail vervul word. En nou, laat ons gaan sit vir `n maaltyd aan hierdie eksterne tafel. Ek sal die disse vir julle seën en hierdie liefdesfees met julle deel. En almal wat daaraan deelneem, sal My in hulle harte ontvang en het dus binne in hulle die ewige lewe, verligting en waarheid vergestalt.

Dus laat ons nou almal aansit by die maaltyd. Niemand moet egter vir `n spesifieke plek kyk om te sit nie, in plaas daarvan sal die eerste plek wat kom die beste en regte een vir elkeen wees. Want slegs dit wat binne-in jou is, is belangrik; al die uiterlike dinge is baie onbelangrik. Laat dit dus wees soos Ek gesê het:" Hulle beweeg nou na die tafel en wag totdat Ek `n sitplek geneem het. Ek kies die naaste een, met die vyf meisies langs My, dan Johannes, Petrus, Martin, Borem, Chorel en al die ander wat saam met My gekom het, die sonbewoners neem respekvol hul sitplekke aan die teenoorgestelde kant, met Uron en Shonel (die huiseienaar) direk oorkant My. Almal, oor 3 000 sit aan die tafel. Ek seën die voedsel en die drank gemaak daarvan en nooi hulle almal om te eet en te drink. Ek en almal wat saam met My gekom het, eet en drink en die soninwoners eet en drink saam met ons en jubel in hul harte om My te sien deelneem aan die maaltyd.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205