OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 97
Die rede vir alles.
25 Desember 2007 om 00h05
Dis alles vir My.
Die einddoel van die heelal is om die glorie van My duidelik te maak. Dit is die rede vir alles wat bestaan – ook jy. Ek het alles vir My heerlikheid gemaak. Sonder My heerlikheid sou daar niks gewees het nie.
Waar is My heerlikheid? Kyk maar net om jou heen. Alles wat Ek geskep het, weerspieël My heerlikheid op die een of ander manier. Julle sien dit orals, van die kleinste mikroskopiese lewensvorm tot die grootste Melkweg, van sonsondergange en sterre tot storms en seisoene. Die skepping toon My, die Skepper, se heerlikheid.
Julle sien My heerlikheid die beste in My. Ek, die Lig van die wêreld, belig My glorie. Ek het aarde toe gekom sodat julle My heerlikheid heeltemal kan verstaan. Die Woord het mens geword en onder julle kom woon. Julle het My heerlikheid gesien ... vol genade en waarheid. Julle kry egter die opdrag om My heerlikheid te erken, My heerlikheid te eer, My heerlikheid te verklaar, My heerlikheid te loof, My heerlikheid te weerspieël en vir My heerlikheid te leef.
Aanbidding is julle eerste verantwoordelikheid teenoor My. Julle aanbid My deur in My ‘n behae te hê. Ek wil hê julle aanbidding moet deur liefde, danksegging en vreugde gemotiveer word, nie deur pligsgevoel nie. Aanbidding is veel meer as prys, sang en gebede tot My. Aanbidding is ‘n lewenstyl van ‘n behae in My, liefde vir My. Die Woord sê: “... stel elke deel van julle liggame in diens van My as werktuig om te doen wat Ek wil.”
Dit is jou verantwoordelikheid om te leer liefhê soos Ek liefhet, want Ek is liefde, en dit is tot My eer. Ek het gesê: “Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Wanneer julle deel van My familie word, wil Ek hê julle moet geestelik volwasse word. Geestelike volwassenheid is om soos Ek te word in hoe julle dink, voel en optree.
Ek het julle elkeen uniek geskep, met talente, gawes, vaardighede en vermoëns. Ek het julle, julle vermoëns nie vir selfsugtige redes gegee nie. Dit is vir julle gegee sodat ander daarby kan baat, net soos ander mense vermoëns gekry het wat tot jou voordeel is. Ek wil nie hê My liefde en doelwitte moet geheim bly nie. Wanneer julle die waarheid ken, moet julle dit met ander deel. Dit is ‘n groot voorreg – om ander mense aan My bekend te stel, hulle te help om hul doel te ontdek, en hulle op hul ewige lotsbestemming voor te berei.
As jy die res van jou lewe tot eer van My wil leef, gaan jou prioriteite skedule, verhoudings en sommer alles moet verander. Dit beteken jy sal soms die moeilike pad moet kies, pleks van die maklike een. Gaan jy vir jou eie doelwitte, gemak en plesier leef, of gaan jy My vir die res van jou lewe verheerlik, in die wete dat Ek ewige belonings belowe het?
Dis tyd om die kwessie op te klaar. Vir wie gaan jy leef – jouself of vir My? Ja, jy huiwer miskien, en wonder of jy die krag sal hê om vir My te lewe. Moenie bekommerd wees nie. Ek sal jou gee wat jy nodig het, solank jy besluit om vir My te leef. Op hierdie oomblik nooi Ek jou uit om tot My verheerliking te leef deur die doel te vervul waarvoor Ek jou gemaak het. Dis eintlik die enigste manier om te leef. Enigiets anders is maar blote bestaan. Die ware lewe begin wanneer jy jou volledig aan My toewy.
Glo eers. Glo dat Ek jou liefhet en jou vir My doel gemaak het. Glo dat jy geen toeval is nie. Glo jy is gemaak om vir altyd te lewe. Glo dat Ek jou gekies het om ‘n verhouding te hê met My wat vir jou aan die kruis gesterf het. Glo dat Ek jou vergewe, al het jy ook al wat gedoen.
Ontvang dan. Ontvang My in jou lewe as jou Meester en Verlosser. Ontvang My vergifnis vir jou sondes. Ontvang My Gees, wat jou die krag sal gee om jou lewensdoel te vervul. Waar jy dit ookal lees, nooi Ek jou om die hoof te buig en die gebed wat jou ewigheid sal verander, saggies te bid. As jy daardie gebed opreg bedoel het – geluk! Welkom by My familie.
Ek sal jou alles gee wat jy nodig het, wees net lief vir My en ontvang My as jou Verlosser.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205