OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 188
Ons heimwee na God.
19 Januarie 2008 om 02h35
Psalm 61:3 “Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U.”
‘n Immigrant het een middag op die rotse by die see gaan sit en verlangend oor die blou water in die rigting van sy geboorteland getuur. Toe hy daar was, was dit nie goed genoeg nie. Daarom het hy geëmigreer. Toe hy hier kom, was dit ook nie goed genoeg nie en het hy terugverlang. Terwyl hy daaroor nadink, besef hy dat, waarheen hy ookal mag gaan, daar altyd onrus en heimwee in hom sal wees. So is dit met elke mens. Dis ‘n gewoon menslike toestand. Dit spruit uit ons verlating van die paradys. Die verlange na die verlede is ten diepste ‘n verlange na die verre verlede van die paradys waar die mens met My, Elohim, gewandel het.
Hier is julle nou in die vreemde en hoor julle die uitnodiging diep in julle onderbewussyn of hart: “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is.” Hou ouer julle word, hoe sterker trek die verlede en hoe sterker verlang julle na My. Hier het jy jou huis, familie, vriende, werk en nog baie ander dinge, maar dit alles is van verbygaande aard. As gelowige is jou ware burgerskap in die hemel en is jy hier ‘n vreemdeling. Die wêreld kan jou nooit sielerus gee nie. Jou uiteindelike tuiste kan nie hier wees nie. Dis by My!
Soos ‘n voëltjie wegvlieg van die grond met al sy gevare en veilig gaan skuil in die oorhangende takke van ‘n hoë boom, en soos ‘n dassie wegskarrel van die vlaktes en diep in ‘n rotsskeur inkruip buite bereik van die vyand, so vlug die gelowige spontaan en van nature na My, Elohim, jou toevlug en vesting. By My is jy in jou hoë boom en in jou klipskeur.
My liefde en trou wat jy deur die jare ervaar het, het in jou hart geregistreer en jy weet jy kan altyd daarop staatmaak. Hoor dan voortdurend die uitnodiging: “Kom na My toe!” en kom na My toe met al jou sorge en vreugde.
Ek seën jou vandag!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205