OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 183
Soek jy vir My (Jahshua)?
17 Januarie 2008 om 02h00
Daar is in hierdie dag baie mense wat naarstig probeer om My te vind. Julle soek My in aanbidding, bepeinsing, gebed en in studies van die Skrif. Julle sonder julle af; hou konferensies, seminare en werkswinkels in ‘n poging om My te ontmoet. Duisende woon evangeliese saamtrekke by met die hoop om My te vind in die ekstase van lofprysing, of in die drama van Goddelike genesing en bekerings. Daar is ook hulle wie se eertydse lewende geloof die gloed daarvan verloor het en hulle hernu hulle pogings om by My, wat vir hulle vroeër soveel beteken het, uit te kom. Baie behaal sukses hierin en geniet die wonder van nuwe gemeenskap met My. Ander misluk weer en hulle geestelike lewe bly dor en kaal en troosteloos; hulle geloof taan en hulle dryf verder weg van My na wie hulle so naarstig soek en nodig het.
As jy eerlik soek om My te ontmoet, is een seker manier om My tussen mense te soek. Waar daar ook al ‘n nood is, sal jy My sekerlik vind en Ek sal met jou wees in enige daad van barmhartigheid wat jy verrig. Die Messias wat jy soek, leef in die hart en denke van mense en in die glimlag van dankbaarheid wanneer jy liefde en deernis betoon. Dit is hier waar jy die Meester wat jy soek sal ontmoet. Dit is in die stilte wat Ek gevind word en deur misteries wat Ek Myself openbaar.
Wees lief vir My, julle hemelse Vader en Meester.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205