OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Jy is kosbaar
29/11/2007 om 10h15
Kyk, Ek julle Vader, in My groot barmhartigheid, ontferm My oor die sondaarmens en Ek stuur Christus, om die sonde te straf en die Satan te verslaan. Kyk, daar staan geskrywe: “Ek, julle Vader, het die wêreld so liefgehad dat Ek My enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom Glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”
Ek het hierdie liefdesdaad vir julle almal, elke mens gedoen. Ja, Ek het klaar en volmaak van My kant af die versoening gegee. “Dit is alles die werk van My, julle liefdevolle Vader. Ek het julle deur Christus met Myself versoen... Ja, Ek, deur Christus (het) die wêreld met Homself ook versoen”. Julle vrede en versoening is klaar bewerkstellig. So kosbaar was jy, dat Christus sy bloed vir jou gestort het. Maar nou kry julle elkeen ‘n keuse of jy die versoening wat bewerkstellig is, wil aanvaar of verwerp. Ja, Ek het die versoening vir julle bewerkstellig en jy moet nou kies of jy met My wil versoen. Ek maak dit nie vir julle moeilik om te kies nie, Ek gee julle nie ‘n hele reeks keuses nie. Ek gee net twee. Baie duidelik en onomwonde en op ‘n ondubbelsinnige wyse sê die Woord: “Jy kan net God of Mammon dien.” Jy kan by die eindoordeel net links of regs gaan.
Selfs nadat Ek Myself met julle deur die Middelaar Christus, versoen het, kom Ek nog en maak die keuse so maklik. Ek stel net: Die een of die ander kant toe. Maar Ek maak die keuse nog makliker. Ek sê vir julle wat die gevolge van julle keuse sal wees en wat dit wat Ek aanbied, sal kos. Ek vra jou, het jy al in jou lewe van ‘n ander aanbod gehoor wat so wonderlik is? As jy My aanbod, My versoening aanvaar, hoef jy niks te betaal nie! Ja, dit kos niks. Kyk maar deur al die advertensies van die wêreld. Niks daar is ooit verniet nie. Jy moet altyd iets betaal, of iets doen. Hierdie pad wat Ek met julle geloop het, bewys net dit: “Julle is kosbaar in My oë.” Kyk, julle kan eet wat goed is en versadig word met die beste wat daar is.
Voorwaar, Ek het jou eerste as kosbaar beskou; Ek het jou eerste geroep. Dan moet jy mos in jou waarde vir My glo. Hoe kan jy, as jy die keuse maak en My versoening aanvaar, nog minderwaardig voel? Kyk, jy koop geen kwaliteitsproduk sonder om ‘n hoë prys te betaal nie. Maar vir My het jy soveel waarde, dat Ek My onskuldige Seun tot skuldige maak en die sonde van die wêreld op hom laai. Dit was en is darem ‘n hoë prys vir My! Christus se bloed het vir julle ‘n erfporsie verwerf – ‘n erfporsie in die hemel en die ewige lewe.
Verder beskou Ek julle so kosbaar en waardevol, dat ek die “boodskap van My versoening” aan julle toevertrou om aan ander te verkondig. Ja, julle word draers van ‘n goeie en ‘n blye boodskap wat vir julle medemens sy verlossing kan beteken. Daarom...
1.      Herken en ontwikkel die positiewe besef dat jy kosbaar is en so kosbaar is dat jy aan sondaarmense, gearresteer deur Satan, die vrylating moet verkondig. Jy het dus persoonlike bates wat Ek wil gebruik.
2.      Die “lewe” self het waarde. Jy moet soos ‘n lewensredder uitgaan om ander se lewens te gaan red. Ja, dit is mos ‘n positiewe opdrag en ‘n opdrag met positiewe gevolge, naamlik kennis van My, jou Vader, aan wie jy jou lewe toevertrou het en vir wie jy as dienskneg vrywillig as boodskapdraer en skryfkneg gaan optree.
3.      In die uitvoer van hierdie praktiese opdrag neem jy aktief deel aan die skepping van leefruimte vir ander en daarmee skep jy vir jouself ‘n gelukkige leefruimte. Dit bly altyd saliger om te gee as om te ontvang. Só dra jy by tot heil en welsyn van jou medemens. Ek skep dus mense vir mekaar. Jou persoonlikheid, jou invloed op ander en jou roeping is uniek. Jy het positiewe eienskappe wat Ek kan en wil gebruik.
Voorwaar; Ek, jou Vader, sal jou nie ‘n boodskapdraer maak as Ek jou nie die eienskappe gee om een te wees nie. Oor baie van die unieke kwaliteite waaroor jy beskik, kan jy opreg trots wees, mits jy die Gewer daarvoor dank en in My Naam roem.
Kyk, nou leef jy, omdat die ou mens in jou gesterf het en Christus deur jou leef. Wees net lief vir My
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205