OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 55
Wat laat my glimlag.
10 Desember 2007 om 12h05
Dit is jou lewensdoel om my te laat glimlag.
Omdat dit jou eerste lewenstaak is om My te behaag, is dit jou belangrikste taak om vas te stel hoe. Die Bybel sê: “Vra jou gedurig af of iets vir My aanneemlik is,...” Gelukkig gee die Bybel jou ‘n baie duidelike voorbeeld van ‘n lewe wat My behaag. Die man se naam was Noag.
In Noag se tyd het die hele wêreld moreel korrup geword. Almal het vir sy eie plesier geleef, en nie om My te behaag nie. Ek kon op aarde niemand kry wat My wou behaag nie, dus was Ek gegrief, en was Ek jammer dat Ek die mens geskep het. Ek was so teleurgesteld met mense dat Ek hulle wou uitwis. Een man het My egter laat glimlag. Die Bybel sê: “Maar Noag is deur My begenadig.”
Ja, Ek het gesê: “Die man behaag My. Hy laat My glimlag. Ek gaan met sy gesin weer van voor af begin.”
Kyk, Ek glimlag wanneer julle My volledig liefhet. Noag het My meer as enigiets in sy lewe liefgehad, selfs al het niemand anders nie! Noag was ‘n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby My geleef. Dit wil Ek die graagste van jou hê: ‘n Verhouding! Dis die verstommende waarheid in die heelal – dat julle Skepper en hemelse Vader ‘n band met julle wil hê. Ja, Ek het jou gemaak sodat Ek jou kan liefhê, en Ek wil baie graag hê jy moet My terug liefhê. Ek sê: “... want Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers.” Kan jy My passie vir jou in die vers aanvoel? Ek het jou baie lief en soek jou liefde in ruil daarvoor. Ek wil hê jy moet My ken en tyd met My deurbring. Dit is waarom dit jou grootste doelwit in die lewe moet wees om te leer hoe om My lief te hê, en deur My liefgehê te word.
Die Bybel sê: “Omdat Noag geglo het, het hy My eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Sy geloof ... het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur geloof kom.” Volle vertroue in My beteken dat jy vertrou dat Ek weet wat die beste in jou lewe is. Vertroue is gelyk aan aanbidding. Net soos ouers tevrede is wanneer hul kinders hul liefde en wysheid vertrou, maak jou geloof My gelukkig. Die Bybel sê: “As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat Ek wil.”
Ek glimlag wanneer julle My heelhartig gehoorsaam. Ek is jou geen verklaring of rede verskuldig vir enigiets wat Ek jou vra om te doen nie. Begrip kan wag, maar nie gehoorsaamheid nie. Oombliklike gehoorsaamheid gaan jou meer oor My leer as ‘n hele leeftyd van Bybelstudie. Jy sal sommige bevele trouens nooit verstaan as jy hulle nie eers gehoorsaam nie. Gehoorsaamheid sluit begrip oop. Julle probeer My dikwels gedeeltelike gehoorsaamheid bied. Julle wil kies watter bevele julle gaan gehoorsaam. Die wat na jou mening onredelik, moeilik, duur of ongewild is, ignoreer julle dan. Heelhartige gehoorsaamheid geskied met vreugde en geesdrif. Die Bybel sê: “Dien die Vader met blydskap!” Dit is Dawid se houding: “Vader, leer my om U voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.” Jakobus sê: “Julle sien dus dat julle vrygespreek word op grond van jou dade en nie net op grond van jou geloof nie.” Dit kom net uit genade, nie jou pogings nie. As ‘n kind van My kan jy My egter deur gehoorsaamheid behaag. Enige gehoorsaamheid is ook aanbidding. Kyk, Ek het gesê: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.”
Ek glimlag wanneer julle My gedurig prys en dank. Min dinge is so lekker as om van iemand anders hartlike lof en waardering te ontvang. Ek is gaande daaroor. Ek glimlag wanneer julle, julle aanbidding van en dankbaarheid teenoor My uitspreek. Ja, Noag se lewe het My behaag, omdat hy met ‘n hart vol dank en danksegging geleef het. Danksy My offer hoef julle nie meer diere te offer nie. Pleks daarvan moet julle die “offer van lof” aan My bring, en My “loof met ‘n dankoffer.” Julle prys My vir wie Ek is, en julle dank My vir wat Ek gedoen het. Kyk, ‘n wonderlike ding sal met julle gebeur wanneer julle My prys en dank. Wanneer julle My behaag, raak julle eie hart vol van vreugde! Aanbidding sny ook twee kante toe. Julle geniet wat Ek vir julle gedoen het, en wanneer julle dit vir My sê, behaag dit My – maar dit maak julle ook gelukkiger.
Ek glimlag wanneer julle, julle vermoëns gebruik. Dis hoog tyd om jul lewens weer aan die gang te kry! Doen die dinge waarvoor Ek jou geskape het. Wees mense! Dit is wat Ek julle gemaak het om te wees! Jy reken miskien Ek het net in jou behae wanneer jy “geestelike” dinge doen – Bybel lees, kerk bywoon, bid of jou geloof met iemand deel. Jy dink miskien Ek traak My min aan die ander dele van jou lewe. Ek kyk egter graag na elke besonderheid van jou lewe, of jy werk, speel, rus of eet. Ek kyk geen enkele ding wat jy doen, mis nie. Die Bybels sê: “Ek, die Vader, bepaal die koers van die mens met wie se pad Ek tevrede is, en Ek ondersteun hom”.
Elke menslike bedrywigheid (behalwe sonde) kan My behaag as jy dit met ‘n houding van lof uitvoer. Soos ‘n trotse ouer kyk Ek veral graag hoe jy die talente en vermoëns wat Ek jou gegee het, gebruik. Ek het elkeen doelbewus verskillende gawes gegee sodat Ek dit kan geniet. Jy eer My nie en behaag My nie deur jou vermoëns te ontken of iemand anders te probeer wees nie. Jy gee My net plesier deur jouself te wees. Elke genieting word ‘n aanbiddingsdaad wanneer jy My daarvoor bedank.
Ek kyk na die houding in jou hart: Is dit jou diepste begeerte om My te behaag? Wanneer jy in die lig van die ewigheid leef, verander jou klem van “Hoeveel plesier put jy uit die lewe?” na “Hoeveel plesier put Ek uit jou lewe?”
Ek soek mense soos Noag – mense wat bereid is om te lewe om My te behaag. Gaan dit jou lewensdoel wees om My te behaag? Ek sal enigiets doen vir iemand wat net die doel voor oë het.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205