OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 192
Die nuwe lewe.
22 Januarie 2008 om 23h00
Hoe heerlik is die seën wat elkeen ontvang wat in My glo. Daar vind nie net ‘n verandering in jou gesindheid en leefwyse plaas nie, maar jy ontvang van My, Elohim uit die hemel, ‘n algeheel nuwe lewe. Jy word opnuut gebore, uit My, Elohim gebore; ja, jy het oorgegaan uit die dood tot die lewe. Hierdie lewe is niks minder nie as die ewige lewe. Dit beteken nie, soos baie dink, dat julle nou nie meer sal sterwe nie en dat julle huidige lewe tot in alle ewigheid sal voortduur nie. Nee, die ewige lewe is die lewe wat Ek self, daardie lewe wat Ek van ewigheid af in My gehad het en wat in Messias sigbaar tot openbaring gekom het. Hierdie lewe is nou die deel van elke kind van My. Hierdie lewe is ‘n lewe van onbegryplike krag. Wanneer Ek lewe gee aan ‘n jong plantjie of dier, dan besit daardie lewe groeikrag waardeur die plant of dier vanself groot word. Lewe is krag. In die nuwe lewe wat in jou hart is, is daar die krag van die ewigheid. Die groei en wasdom van My kinders wat hom aan die werking van die nuwe lewe oorgee, is sekerder as die gesonde groei van enige boom of dier.
Daar is twee dinge wat hierdie krag en die vordering van die geestelike lewe verhinder. Die een is onkunde omtrent sy aard, sy wete en sy werking. Die mens, selfs die gelowige, het in homself geen begrip van die nuwe lewe uit My nie; dit gaan jou verstand te bowe. Jou eie verkeerde idees oor hoe om My te dien en te behaag is so diep by jou ingewortel dat, al dink jy dat jy My Woord verstaan en aanneem, jy tog op menslike en vleeslike wyse oor goddelike dinge dink. Julle moet elke dag soos blindes deur My gelei word. Die jong gelowige moet diep oortuig wees van sy onkunde omtrent die nuwe lewe, en sy vermoë om dit te begryp. Dit is slegs aan mense met so ‘n nederige, kinderlike gesindheid wat Ek My verborgenheid bekend maak.
Die tweede hindernis is gebrek aan geloof. In die lewe van elke plant en elke dier en elke kind is daar genoeg krag om dit te laat grootword. Ek, Elohim, het in die nuwe lewe die heerlikste voorsiening gemaak vir genoeg krag om My kind alles te laat word wat hy moet wees. Ek, Messias self, is sy lewe en lewenskrag. Maar omdat hierdie kragtige lewe nie sigbaar is, of gevoel kan word nie, maar te midde van menslike swakhede werk, begin die jong gelowige dikwels twyfel. Hy glo nie dat hy sal toeneem in goddelike krag en sekerheid nie. Hy begryp nie dat die nuwe lewe ‘n lewe van geloof is nie, waardeur hy op die lewe wat daar in My, Messias vir hom is, staatmaak, al sien of voel of ervaar hy niks nie. Laat elkeen wat die nuwe lewe ontvang het, die vaste geloof aankweek: Dit is die nuwe lewe wat in My werk; dit werk met goddelike krag; jy kan en sal word wat Ek wil hê jy moet wees; Messias self is jou lewe; jy moet My elke dag aanneem as jou lewe deur My, Elohim, aan jou gegee, en Ek sal in volle krag jou lewe wees.
Hierdie nuwe lewe is in My, en die Heilige Gees is in jou om al wat in My is, in jou oor te dra. Ja, Ek leef in jou deur die Heilige Gees. Vergeet nooit nie dat al die wette van hierdie nuwe lewe teenstrydig is met alle menslike idees oor hoe om My te behaag. Vrees jou eie idees terdeë en laat My, wat jou lewe is en wat ook jou wysheid is, jou alles leer.
So spreek Ek, julle hemelse Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205