OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 165
Wat Ek, (God) van jou verwag.
14 Januarie 2008 om 11h00
As jy jou tiende as ‘n dankoffer gee, maar jy lewe soos jy wil, val jy nog steeds onder My afkeur. Ja, jy kan jou gewete met jou bydrae sus, maar jy kan My nie daarmee omkoop nie. Ek is Elohim en my Woord stel die norm van die lewe waarin Ek ‘n behae het. Wat Ek van jou verwag, is baie eenvoudig: Jy moet My al die lof in jou lewe toeswaai en reg leef volgens My Woord.
‘n Mens kan so maklik die eer wat My toekom, vir jouself neem of aan ander gee en dan verskuil jy jou hart agter jou dankoffer van geld of goed. Jy neem My eer vir jouself as jy roem op wat jy bereik het en jy gee dit aan ander as jy op hulle roem. Dit beteken nie dat jy minderwaardig moet voel oor jouself nie. As My kind mag jy altyd met vrymoedigheid weet: “Ek is tot alles in staat ... “ en kan jy te alle tye waardig voel. Maar dan moet jy daarby weet: “... deur My wat krag gee!” Jy is waardig, maar alle lof kom My toe. En wanneer jy in die regte verhouding met My leef, moet jy dit opvolg met ‘n lewe wat reg is teenoor jou medemens. Dis nie so maklik om te weet wat reg is nie, omdat jy grootgeword het met norme en waardes oor wat reg en billik is. Sommige daarvan is reg, maar ander weer verkeerd. Jou norme en waardes moet deur My Woord gevorm word.
Jy moet “reg leef” nie onderskat nie. Geregtigheid verhoog ‘n volk en ongeregtigheid bring skande oor ‘n volk. Gaan leer in die Skrif wat is reg en doen dit, so ook met wat My skryfknegte vir julle neerpen. Want dit is My Woord. Dit mag aan die begin swaar wees en selfs pynlik, maar doen dit en jy sal My guns ervaar.
Kyk, daar is baie beloftes vir die mens wat reg leef.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205