OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Getuie vir Christus
27/11/07          03h40
Om in hierdie wêreld vir My ʼn getuie te wees, moet julle aan sekere vereistes voldoen.
ʼn Betroubare getuie van My moet weet dat dit wat hy bely, die waarheid is en niks anders as die waarheid nie. Kyk in ʼn hofgeding kan jy nie getuienis lewer oor iets waarvan jy van ander gehoor het nie; dit moet ʼn eie persoonlike ondervinding wees. Jou getuienis is nie ʼn kwessie van “ek – dink – dit – is – so” nie!
ʼn Betroubare getuie vir My is nie soseer ʼn man van woorde nie, maar eerder ʼn man van dade. Die blote betroubaarheid van ʼn man se lewe moet die sterkste getuienis wees wat jy kan lewer. Jou belydenis en jou lewe moet mekaar sinvol aanvul. Kyk, die wêreld lees nie meer die Bybel nie, maar hy lees die leuens van hulle wat hulleself Christene noem. Kyk, Ek sê nie: “Jy sal vir My getuig” nie. Maar Ek verklaar: “Jy sal My getuie wees”.
Ja, ʼn betroubare getuie is getrou ten opsigte van wat dit jou ookal mag kos. Dit beteken dat jy nie alleen bereid moet wees om vir My te getuig en te lewe nie, maar indien jy daartoe geroep word, om ook vir My te ly en te sterwe. Is die kwaliteit van jou getuienis sodanig dat jy dit sal kan doen? Om in hierdie sondige wêreld standpunt in te neem vir My en onverskrokke daarby te bly, is die roeping van die kinders van My, julle Vader.
Ja, jy vra, waar kry jy die krag vandaan om so ʼn tipe getuienis te kan lewer? Voorwaar Ek sê vir jou, jy kry dit deur die werking van die Heilige Gees en ʼn antwoord op gebed. Die Heilige Gees is soos dinamiet: Dit ontplof in hierdie wêreld en bring kragdadige veranderinge teweeg. Eers moet dit in jou lewe gebeur, dan moet dit deur jou getuienis uitdring tot almal met wie jy in aanraking kom. As jy jou lewe volkome tot My beskikking stel, sal Ek deur My Heilige Gees in jou lewe werk en sal jy die onbeskryflike glorie ervaar om Medewerker van My te wees. Dan sal jou Christenskap nie bevraagteken word deur die wêreld nie, maar sal jou lewe ʼn uitroepteken tot eer van My in jou lewe word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205