OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Jy is die skepping van God
28/11/07          03h00
Dit is waar ja, jy mag moontlik nie ʼn baie hoë opinie van jouself hê nie en wanneer iemand neerhalend van jou praat, mag dit jou seermaak, maar jy voel dat hy tog reg het. Jy mag nie baie slim wees nie en weet dat in jou lewenstaak jy jou plafon bereik het. Jy mag gedurig daaraan herinner word dat jou geselskap oninteressant is en dat jou lewe sprankel kortkom. So kan die pynlike lys van jou tekortkominge uitgebrei word, totdat jy die gevaarpunt bereik dat jy nie alleen saamstem nie, maar dit ook aanvaar.
Ware lewenswysheid lê daarin dat jy nie noodwendig iemand anders se uitsprake oor jou bekwaamheid moet aanvaar nie. Sonder jou af met My, jou Hemelse Vader en oordink wat Ek in jou sien. Onthou dat Ek in liefde aan jou dink. Die evangelie leer jou immers dat Ek Myself gegee het om jou te maak wat Ek bedoel het dat jy moet wees. Ek is jou skepper en het jou die kosbare gawe van lewe gegee. Ek verwag dat jy in die hantering van jou lewe sal onthou dat jy My kind is. Ek verwag van jou niks meer en niks minder as jou beste nie.
As jy jou lewe vir My leef en nie volgens die eise van iemand anders nie, sal jy ʼn waardigheid ontwikkel wat alles wat jy aanraak sal veredel. Hoe nederig jou lewenstaak ookal mag wees, as jy dit tot eer van My doen, sal dit die stempel van waardigheid en stille grootheid dra. So word jy deur My genade ʼn mens van die stil en suiwer daad, om tot My glorie en eer te leef. Ek sal jou help om hierin getrou te wees, deur my krag wat ek jou gee.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205