OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 57
Moenie oor ander oordeel nie.
10 Desember 2007 om 21h35
Sonder liefde is geen gesonde verhouding in die lewe moontlik nie. Veral nie waar daar vermaning en beoordeling moet wees nie. Indien julle sonder liefde vir ander meet, sal julle sonder liefde gemeet word.
Jy mag nie oordeel nie, omdat jy nie oor al die feite beskik nie. Om alles te weet, is om alles te verstaan. Wat weet julle van die ander mens se versoekings; van sy lewensomstandighede, sy agtergrond en herkoms? Net so min as wat julle wil hê dat ander julle moet oordeel op gebrekkige feite en getuienis, net so min moet julle ander oordeel, omdat julle nie oor al die feite beskik nie. Julle mag nie oordeel nie, want geen mens kan onpartydig en onbevooroordeeld in jou oordeel wees nie. Julle oordeel word meesal beïnvloed deur julle instinkte en julle reaksie op iemand se dade. Alleen Ek, julle Vader, is volkome onpartydig en onbevooroordeeld en daarom het alleen Ek die reg om te oordeel.
Julle mag nie oordeel nie, want geen mens is goed genoeg om oor ‘n ander te oordeel nie. Julle soek die splinter in die oog van ‘n ander en vergeet die balk in jou eie oog. Alleen ‘n foutlose mens het die reg om te oordeel – en geeneen is foutloos nie, behalwe Ek. Veel beter is dit om vir mekaar te bid. Daar is soveel in jou eie lewe wat jy moet regmaak, dat julle eintlik nie tyd het om ander se lewens reg te maak nie. Laat julle daarom biddend konsentreer op julle eie foute en in liefde die foute wat ander maak aan My oorlaat om te beoordeel.
Julle mag nie oordeel nie, omdat julle dan onder dieselfde oordeel val. As jy met die maat van haat meet, sal vir jou die maat van haat gemeet word. As jy met die maat van liefde meet, sal weer vir jou met die maat van die liefde gemeet word. Dikwels is dit waar ja, dat julle wat die hardste oordeel, mense is wat juis dieselfde fout in julle eie lewe maak. Ek bewaar jou met Geregtigheid om ligtelik oor jou medemens ‘n oordeel uit te spreek.
Laat die liefde jou maatstaf wees in jou beoordeling van ander. In die Naam van My julle Meester en liefdevolle Vader in die hemel.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205