OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 145
Ordelikheid.
09 Januarie 2008 om 00h15
Wanorde skep onrus, onsekerheid, ongelukkigheid, smart en ellende. My vyande skep graag chaos en onrus om My en mens en mens om mens as’t ware uitmekaar te jaag. Ek word nie gedien in wanordelikheid en die wilde opsweping van die gees nie. Die hele skepping getuig daarvan dat Ek ‘n God van orde is. Die resultaat van goeie orde is vrede. Die mens se lewe weerspieël My vrede. Elke gelowige kan strewe na ordelikheid in elke byeenkoms, in die openbare lewe, in die gemeente en in die intiemste kring. Met ‘n gedissiplineerde leefwyse, ‘n goedversorgde liggaam en die ordelike benutting van tyd, verheerlik julle My.
‘n Geordende ordelike lewe – van die kleinste persoonlike opset tot by die breedste terrein van landsbestuur en kommunikasie met die wye wêreld, strek tot elke indiwidu se liggaamlike en geestelike voordeel. Sonder ‘n strewe na vrede met alle mense en ‘n heilige lewe, kan niemand My sien nie. Die wysheid wat van Bo kom, bring ‘n mens in die regte verhouding met My, Elohim, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. Ek gee om. Ek het die aarde en alles daarop sinvol en ordelik geskape. Ek kan ingryp in ‘n wêreld waar die wanorde en antichristelikheid die orde en vrede bedreig.
Julle sug: “Die ou wêreld is so deurmekaar!” Maar glo julle nog in My en dien julle nog My, Elohim van orde en vrede?
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205