OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Die onkant tong
30/11/2007 om 10h00
Mense kan mekaar so verneder sonder dat hulle besef hoe bitter seer hulle mekaar maak. Dit veroorsaak gewoonlik net onaangenaamheid, wat onnodig is. Die werking van die tong kan gevaarlik wees en kan ontsaglik baie skade veroorsaak as dit nie op die regte manier gebruik word nie. Hoor net hoe mooi beskryf Jakobus 3:5-8 dit vir julle: “...’n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ‘n vuur, ‘n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat alles in julle besmet. Ja, dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. Alles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur julle getem, maar julle kan nie die tong nie. Dit is ‘n rustelose kwaad, vol dodelike gif.”
Is dit dan nie wys om eers goed na te dink en die een woord netjies teen die ander op te weeg voordat jy begin praat nie. Stel dus ‘n wag voor jou mond, sodat jy nie later berou sal hê oor wat jy dalk te veel of te vinnig gesê het nie. In Matthéüs 12:36 en 37 sê Messias: ‘Dit sê ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat julle sê, sal julle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.’
Julle behoort altyd respek teenoor ander te betoon deur ook hulle gevoelens en hulle private lewens in ag te neem. Hoe kan dit ooit regverdig wees om ander af te takel? Niemand is mos volmaak nie en julle lewe mos maar jou eie lewe waarvoor jy self eendag verantwoording sal moet doen.
As jy dalk deurgeloop het onder iemand anders se onbeheerste tong, vra My, julle Vader, om jou te help om eerder die gesindheid van ‘n voetewasser te hê. Kyk, jy kan dink wat jy wil, maar jy is nooit vry om te sê wat jy wil nie. Dit is so! Hoe kon ‘n kind van My, wat in sy doen en late soos sy Vader moet lyk, dan met sy tong so dikwels onkant wees? So ‘n kind het immers ‘n nuwe hart.
Kyk, julle gebruik julle tong om My aan die eenkant te loof, maar sy medemens wat by dieselfde Vader sy oorsprong vind en na My beeld gemaak is, aan die ander kant te vloek. Dit is vir My net so onverstaanbaar en onaanvaarbaar as ‘n fontein wat uit dieselfde oog vars en brak water laat opborrel of ‘n vyeboom wat olywe dra, of ‘n druiwestok vye.
Jy kan byna nie woorde vind om jou sterk genoeg uit te druk oor al die manewales van die tong as dit ‘uit die hel aan die brand gesteek’ is nie. Dit steek die hele lewe, van geboorte tot dood, aan die brand. ‘n Wêreld vol ongeregtigheid, ‘n kiem vir die liggaam, ‘n rustelose kwaad, ‘n dodelike gif, ‘n instrument van vervloeking.
Maar as Ek, jou Vader, ingryp, kom hierdie onkantspeler weer tot orde. Meer nog, dan word dit immers ‘n Christelike politieke beleid, naasteliefde, geloofsoortuigings, ‘n opbouende grap of die boodskap van verlossing in My.
Kyk, gaan dink ernstig na oor wat Ek vandag hier vir julle deurgee.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205