OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 167
Jou krag is uit My, Elohim.
14 Januarie 2008 om 23h35
Jy sal meer as een dag ervaringe hê wat jou klein en verpletterd laat voel. Dis menslik. Kyk, Dawid het dit ook gehad. Toe hy moes vlug vir Saul en Doëg wat hom verraai het, moes hy so gevoel het. Maar dit het hom nie ondergekry nie. Doëg was nie so ‘n belangrike persoon in sy lewe nie. Ek, Elohim, was die belangrike Persoon. En wat My betref, het Dawid geweet dat Ek hom nooit in die steek sou laat nie. Maar dit was nie net Ek wat sterk gestaan het in Dawid se lewe nie. Dawid het ook sterk gestaan in sy geloof en vertroue in My.
Ja, jy staan sterk wanneer jy besef dat jy nooit alle verantwoordelikheid vir jou lewe alleen dra nie. Messias dra saam met jou. Enige verantwoordelikheid is gedeelde verantwoordelikheid. Jou krag kom by Sy almag en dit maak jou sterk, ook wanneer jy swak is. Deur tot geloof te kom, het jy tot ‘n vennootskap toegetree. Jy mag wel die klein vennootjie wees en Ek die grote, maar jy is in vennootskap met My ten opsigte van jou lewe en jy kan met groot vrymoedigheid op My skouer rus. Ook wanneer die vloekhout te swaar word om te dra, wees dan net stil en weet Ek dra saam en My krag is genoeg om die kruis te dra. As jy so jou lewensverantwoordelikheid enduit met My kan deel, sal jy onoorwinlik wees en bly.
Dit vra natuurlik van jou dat jy voortdurend in ‘n geloofsverhouding met My moet leef. As Dawid na Doëg moes kyk en My misgekyk het, was hy verlore. So moet jy by jou vraagstukke en probleme verby kyk en die oog op jou Lewensvennoot hou en weet: Ek is getrou.
Wees lief vir My!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205