OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 65
Niemand roem in sy eie krag nie.
12 Desember 2007 om 20h45
Onthou julle daardie geskiedenis toe die Fariseërs en die Sadduseërs en Skrifgeleerdes ‘n vrou na My gebring het om My te versoek, en vir My gesê het: “Hierdie vrou het ons op heterdaad betrap. Die Wet van Moses sê: Stenig haar! Wat sê U?” En hoedat Ek neergebuk en met My vinger in die sand geskrywe het, en vir hulle gesê het: “Die van julle wat sonder sonde is, neem die eerste klip en gooi dit op haar.” Een vir een het hulle stilletjies verdwyn. Almal was skuldig.
Liewe vriende, Ek wil dat julle uit die Skrifte dit verstaan: Niemand mag in sy eie krag roem nie. As dit nie vir die genade van My was nie, was julle almal in daardie bootjie. En julle wil niemand minag, julle wil niemand verkleineer en met modder gooi nie. Ek wil julle maar net help om die noodsaaklikheid van hierdie ding te verstaan. As dit nie vir die genade van My was nie, dan was dit jy, en as dit dan so is dat julle deur julle eie gewete gedwing word om te erken dit is maar die genade van My, dan vra Ek jou met dieselfde erns: Staan daar dan nie geskrywe: “Jy mag My nie versoek nie”? Waarom terg julle My dan en waarom is julle besig om op die waters te vaar waar die krokodille julle kan insluk en julle lewens wil verwoes? Waarom speel julle met die genade van My? Waarom drywe julle weg van die waarheid en vind julle skuiling in die nag? Kyk, Ek roep julle dat julle, julle verstand gebruik, dan sal Ek tot julle kom met ‘n waarskuwing wat tydig is, sodat julle noual sê: “O Vader, ek het gesondig, maar deur U genade is dit iets van die verlede.” As jy dit voor My bely, dan werp Ek dit in die diepste diepte van die see. Ek sal daar nooit meer aan dink nie. Ek sal julle sondes vergewe en julle in My heerlikheid opneem. Ek vergewe menigvuldiglik.
As julle wil weet wat sonde is, dan moet julle weet wat sonde is uit die Skrif, die Woord van My, julle Vader, omdat dit die Boek is wat Ek vir julle gegee het. Dit is die lig vir julle pad en die lamp vir julle voet sodat julle, as julle in die Skrifte wandel, julle in die heerlikheid en liefde van My mag lewe, sodat die wêreld daarbuite sal sien dat julle My liefhet omdat Ek julle eerste liefgehad het. Die Bybel sê die Woord van My is ‘n beoordelaar van die gedagtes van die hart. Almal en alles moet aan die Skrif getoets word. Nie die gewete nie, maar die Bybel is die maatstaf. Julle gewete mag swak wees of dwaal – die Bybel egter nooit. Nie julle gevoel nie, want die is bedrieglik bo alle dinge. Nie julle verstand nie, want die is aangetas deur die sonde, maar alleen uit die Woord sal julle, julle pad suiwer hou.
As julle dan wil weet wat sonde is, dan moet julle vra: Wat sê die Bybel? Julle noem die woordjie “adika”, dit beteken eiegeregtigheid, ‘n mens wat sy eie baas wil wees. Wat het jy met my te doen? Waarom meng jy in my lewe? Jy wat so redeneer, jy leef in sonde. Kyk, dit is ‘n persoonlike Vader wat julle aanbid, dit is ‘n persoonlike boek, die Bybel, en elke boodskap wat in die Bybel gegrond is, is ‘n persoonlike boodskap. As die boodskap nie vir jou raak en nie vir jou bedoel is nie, dan is dit nie ‘n boodskap van My nie. Ek, julle Vader, wil in alle erns ‘n beroep op jou doen om te verstaan dat iemand wat sy eie baas is en wat sê: “Wat het hy met my te doen? Soos jy dink, so is dit reg, want jy is jou eie baas,” dat so iemand nog nie aan My behoort nie – jy is jou eie god.
Baie van julle is blind vir My, blind vir die Woord, en blind vir die Waarheid, en dis maar net die definitiewe bewys dat jy nie aan My behoort nie. Is jy jou eie baas, of is Ek jou baas? Is Ek jou eienaar? Sal jy luister na jouself, of sal jy jou neerbuig voor My en voor die roepstem van My? Dan is Ek jou Koning; dan is jy op die regte pad. Luister dan, en jy sal lewe. Daar is ‘n ander woord naamlik “anomia”; jou eie wette maak, jou eie opinie hê. Jou opinie is nou so en omdat jou opinie so is, daarom is jou opinie reg. Jy is altyd reg. O, die wysheid van die mens! Kyk, in Spreuke staan geskrywe: “Die weg van die mens is reg is sy eie oë, maar Ek toets die harte.” Die vraag is nie wat jou opinie of idee is nie. Nee dit is die duiwel se weg. Maar die vraag is: Wat wil Ek hê moet jy doen, en wat sê Ek is reg en wat is verkeerd? En as jy anders lewe, dan lewe jy gans en al in sonde, sonder hoop en sonder My.
‘n Ander woord is “parakôe”, ongehoorsaamheid. Ek leer, en julle luister, maar doen nie. Ongehoorsaamheid is sonde. Die laaste woord is “hamartia”, dit is: Jy mis die merk van My. Is dit waar van jou lewe? Ek het aan jou sekere riglyne gegee waarvolgens jy moet lewe. Dis die riglyne in die Bybel waarvolgens jy jou eie lewe moet toets. Onthou daar word nie ‘n lys van sondes in die Bybel opgenoem nie. Die Bybel is geen resepteboek nie. Alle moderne sondes kan egter so uitgewys word.
Is sonde ‘n las op jou skouers om My te dien? Laat julle dan elke las aflê wat julle so maklik omring. Laat julle hardloop met ywer om die prys te kry, die ewige kroon, die ewigheid by My in die hemel. Is dit ‘n ding wat jou laat struikel en jou gedagtes besoedel, of is dit iets wat jou nader aan My bring, wat jou meer leer om nederig te word en beskeie te wees en ‘n biddende mens te word?
Ek roep julle met die uitdaging dat, as julle nie wil afsien van al julle besittings nie, julle die prys in die koninkryk van My nie beërwe nie. Ek is nie tevrede met vyftig-vyftig nie, maar honderd persent – alles vir alles. Is jy bereid om te breek met die wêreld? Is jy bereid om al die dinge te vervloek wat Ek vervloek? Is jy bereid om jou rug op die sonde te draai? Om albei jou hande uit te steek na My, sodat Ek vir jou die prys kan gee – die ewige beloning?
Ja, Ek julle Vader, weet dat almal van julle nie oortuig sal word nie, selfs al sou iemand uit die dode opstaan. Al sou iemand by jou spook. Want daar staan geskrywe: “As julle na Moses en die profete nie luister nie, sal julle nooit oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” ‘n Spook is vir jou ook nie genoeg nie. Waarom nie? Jy is opgeskrywe vir die verderf. Gaan aan, dien die Satan, lewe vir die wêreld. Dien hom met jou liggaam en met jou besittings, want daar kom ‘n dag dat julle voor My sal moet verskyn.
Ek is ‘n liefdevolle Vader, maar Ek laat My nooit bespot nie. Laat julle dan onthou van alle dinge en breek met die Wêreld, want daar staan geskrywe: “Jy wat ‘n vriend van die wêreld is, is ‘n vyand van My.” Waarom rebelleer jy teen My en waarom speel jy met My liefde en My genade?
Op julle wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van hulle wat nie sterk is nie. Ek roep julle nie net om in selfsug aan jouself te dink nie, maar om die hand uit te steek na ‘n broeder en suster, na ‘n vreemdeling daarbuite. ‘n Helpende hand, sy swakhede dra, hom te beskerm.
Mag Ek jou van die vervloekte sonde bewaar! Bekeer jou tot My. Val op jou knieë, want Ek is barmhartig en vergewe menigvuldiglik. Vra My om jou verlede te was met My bloed.
Ek help jou daartoe. Julle liefdevolle Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205