OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 67
‘n Formule vir die lewe.
13 Desember 2007 om 22h00
Sommige van julle bestaan slegs en leef nie werklik nie. Met die lewe bedoel Ek ‘n vol, ryk lewe wat nie ontbreek aan kwaliteit nie. Hiervoor is ‘n paar vereistes noodsaaklik:
1)                  Jy moet iets hê om van te lewe. Voedsel, kleding en ander materiële bates is noodsaaklik vir jou fisieke bestaan. Maar die dinge moet nooit verhef word tot die hoogste goed nie. Dan is julle soos die ryk dwaas wat sy aardse besittings so liefgehad het dat sy siel skade gely het. Sy fout was nie dat hy ryk was nie, maar dat hy deur sy rykdom besit is. As gevolg daarvan het hy sy rykdom en sy lewe verloor, want “wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor ... ?” My opdrag is dat julle, julle nie moet bekommer oor wat julle moet eet, drink of aantrek nie. As die koninkryk van My vir julle van primêre belang is, sal Ek self sorg vir die sekondêre dinge.“... beywer julle allereers vir die koninkryk van My en vir die wil van My, dan sal Ek julle ook al hierdie dinge gee.”
2)                  Jy moet iemand hê om mee saam te leef. Familie, vriende en kennisse is noodsaaklike komponente van julle lewe en speel ‘n belangrike rol daarin. Hierdie mense is ‘n ondersteuningsgroep wat jou help om jou identiteit te ontdek en jou roeping te vervul. Hulle gee ‘n ekstra dimensie aan jou lewe, sodat jy ten regte kan sê: “Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my Vader.”
3)                  Jy moet ‘n reël hê waarvolgens jy leef. ‘n Lewende geloof is imperatief vir ware lewe. Dit is geloof wat jou laat uitstyg bo jouself en wat sin en betekenis aan jou lewe gee. Dit gee jou berusting in tyd en ewigheid. Daarsonder word die lewe ‘n doolhof van blinde gange waarin jy doelloos ronddwaal. As geloof jou lewensreël is, is alle dinge moontlik.
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat jy hoop, om oortuig te wees van die dinge wat jy nie sien nie.
4)                  Jy moet iets hê waarvoor jy leef. Jy moet ‘n taak en roeping hê waarin jy jou gelukkig kan uitleef. ‘n Taak wat jou talente, jou liefde, en jou toewyding opeis; wat jou lewe veredel en aan jou gemoedsrus gee. ‘n Taak waarin jy arbeidstrots en arbeidsvreugde kan vind. Dit bring julle in verhouding met My die Skepper en die Volmaakte Werker: Toe het Ek gekyk na alles wat Ek gemaak het, en dit was baie goed.
Kyk, Ek, Bron van alle ware lewe, leer jou om die kosbare gawe van lewe met eerbied te bejeën en dit met verantwoordelikheid te hanteer, sodat jy ‘n wyse hart mag bekom.
Wees lief vir My, want Ek is lief vir julle.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205