OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 64
Waar daar nood is.
12 Desember 2007 om 11h20
Kyk, Ek wys julle daarop dat alle nood in die wêreld ook My nood is, elke honger suigeling, elke mens in pyn, Ek het al julle nood geken. Ek was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het. Jy wat voorsien in die diepste nood van ‘n medemens, is besig om My te dien.
Om My te vind, hoef jy nie buite die grense van jou alledaagse lewe te beweeg nie. Dit is daar waar jy mense in nood ontmoet en waar jy ruim geleentheid kry om na die voorbeeld van My te dien en nie om gedien te word nie. Om My te dien, is om sonskyn in enige donker lewe in te dra. Ek vra nie van julle groot en moeilike dade nie, maar eenvoudige dade van naastehulp. Sulke eenvoudige dinge soos ‘n maaltyd vir ‘n honger mens; ‘n welkomswoord aan ‘n vreemdeling; klere vir ‘n arme; medisyne vir ‘n sieke. En dit sonder ‘n sedepreek daarby – selfs wanneer dit ‘n besoek aan ‘n gevangene is.
Julle moet nie voorwaardes stel aan julle liefdesdiens nie. Julle moenie so begaan wees oor wie dit is aan wie julle goed doen nie. Al wat saak maak, is die liefde in die hart wat julle dring. Dit hang ook nie daarvan af of dit raakgesien of beloon word nie: Liefdesdiens in My Naam het geen prysetiket nie.
Ek sal jou help om liefdadigheid te bewys soos Ek dit verwag, Ek stel jou daartoe in staat deur My Heilige Gees.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205