OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 132
Ontvlugting of geloof
5 Januarie 2008 om 01h30
Daar is twee maniere waarop ‘n mens jou probleme kan aanpak. Die eerste is die wegvlug-metode. Dit is om weg te hardloop van jou probleme af. Die tweede is die geloofsmetode. Dit is om jou probleme vierkantig in die oë te kyk en hulle te oorwin.
Ja, Jona was ‘n voorbeeld van iemand wat van sy probleme probeer wegvlug het. Ek, Elohim het hom na Nineve gestuur, maar hy wou nie gaan nie. Jona het allerhande probleme en moeilikhede voorsien. Daar was oorlog tussen Jona se mense en die Nineviete en die gevoelens het hoog geloop. Jona het niks van die Nineviete gehou nie. Om hierdie rede gaan hy na die hawestad Joppe en neem ‘n boot na Tarsus toe. Ja, dit was so ver die teenoorgestelde rigting in as moontlik.
Jona het egter nooit by Tarsus uitgekom nie. Tarsus was ‘n misleidende skim in sy lewe – ‘n lugspieël. Geen plek op aarde is ooit so ver dat jy van jou probleme kan ontvlug nie. In plaas van sy probleme op te los, het hy vir homself ‘n hele klomp nuwes geskep. Nie alleen is hy deur ‘n groot vis ingesluk nie, maar hy was ook neerslagtig. Sy skuldige gewete en ‘n hele klomp ander negatiewe gevoelens het hom gepla.
Toe hy egter die weg van geloof en gehoorsaamheid bewandel en sy opdrag van My in Nineve gaan uitvoer het, het hy gevind dat Ek vir hom onderneem op maniere waarvan hy nie kon droom nie. Hy het ‘n belangrike lewensles geleer: Dat die wat hulle sorge op My werp, deur My self versorg word.
In die uitvoering van jou plig is daar geen kortpad na sukses nie. Deur geloofsvertroue kry jy die krag en sterkte om te doen wat gedoen moet word en dan vind jy tot jou verrassing uit dat Ek voor jou uitgetrek en die pad vir jou gelykgemaak het.
Elke mens probeer op die een of ander tyd weghardloop van sy moeilikhede af. Niemand gaan sonder probleme deur die lewe nie. Ja, Ek het ook My probleme gehad, maar Ek het nooit probeer om daarvan weg te vlug nie. In Getsemane bid Ek: “Laat nogtans nie My wil nie, maar U wil geskied!”
Werp al jou sorge op My en doen getrou jou deel. Ek, jou Elohim, is magtig om julle te ondersteun op maniere wat julle nie moontlik geag het totdat julle, julle vertroue in My geplaas het nie.
Kyk, Ek sal jou help om nooit jou plig te probeer ontwyk nie, maar om in geloofsvertroue jou plig te doen in diepe afhanklikheid van My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205