OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

19/11/07          03h00
Vir oulaas hou Ek my hand van verlossing uit na julle, neem dit nou aan, Ek sal jou insig gee om alles te verstaan. My guns gaan op die val wat My uit opregte liefde met hart en siel wil dien. In baie groot gevaar gaan julle veilig onder My beskerming staan.
Weet dan My kinders, dat daar vir My geen groter vreugde bestaan as `n swak mensekind wat sy eerste wankelende geestelike tree na My, sy Hemelse Vader, gee nie. Die wat My in sy hart dra, dra ook reeds verlossing van sy sondes. Wees veral versigtig wat in jou hart aangaan, want dit bepaal jou hele lewe. Daar waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
Niks in jou lewe is toevallig nie, dis alles vir `n doel. En glo My, jy kan jou doelwitte bereik, net as jy alles insit. Jou lewensdoel is veel groter as jou persoonlike vervulling, jou innerlike vrede of selfs jou geluk. Kyk, die natuurlike sonde waarmee die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring liefde, lewe, vreugde en vrede.
Laat julle altyd onthou dat oral waar julle besig is, julle juis besig is op My arbeidsveld. Ek is immers die Skepper en Meester van alles. Slegs die wat My Lewende Waarheid binne hulleself dra, sal die vermoë besit om die waarheid te herken. Ek sal die gelowige bewaar en Ek sal `n dag gee waarop alles weer reggestel sal word. Dit behoort elke dag julle taak te wees, om julle op julle laaste dag voor te berei. My Woord gee ek as troos en bemoediging en koppel dit aan die belofte dat dit sal gebeur die dag as Ek ingryp.
Julle liefdevolle Vader
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205