OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 106
Verlore kanse
28/12/2007 om 23h00
Daar is min mense wat kan beweer dat hulle geen selfverwyte oor verlore kanse van een of ander aard gehad het nie, selfs kanse om ‘n goeie daad te doen, of ‘n bemoedigende woord te spreek. Daar gaan byna nie ‘n dag verby sonder dat aan jou kanse gegee word om iemand te bemoedig wat terneergedruk is, iemand te vertroos wat diepe droefheid deurmaak, of eenvoudig om ‘n versterkende woord uit te spreek nie .
Om bewus te wees van die nood van ander en om jou beste te doen om daardie nood te lenig, is een manier om berou en selfverwyt te ervaar, wanneer dit te laat is om enigiets daaromtrent te doen. Om van iemand weg te draai wat jou hulp en meegevoel nodig het, verarm jou meer as vir hulle. Dit is een van die lewensreëls dat jy nie sonskyn in die lewe van ander kan bring, sonder dat die strale jou weldadig koester nie. Om jouself te gee in liefde en diens aan ander is die voorreg van hulle wat dissipels van My, julle Meester, is en dit is ‘n seker manier om ‘n dieper verhouding met My te bou.
Moenie aanhoudend oor jou skouer terugkyk en verlore kanse in herinnering roep nie. Werp jou met entoesiasme in die diens van ander, uit dankbaarheid vir My groot liefde aan jou.
Hy wat weier om ‘n geleentheid aan te gryp, verloor die prys.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205