OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 148
Dien My met blydskap.
09 Januarie 2008 om 03h30
“As julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer.”
Baie van julle beskou oorgawe aan My, Messias as ‘n streng dissipline wat ‘n ondraaglike las hy julle lewe voeg. Julle voel dat die koste van dissipelskap ‘n te hoë prys is om te betaal. Soos wat die eise van julle geloof toeneem, so word julle greep op My swakker, totdat dit heeltemal los raak en julle terugval. Julle ly dan ‘n onbevredigende geestelike lewe wat vervulling kortkom. Jou verbondenheid aan My saak moet nooit as ‘n las beskou word nie. Jou lewe in My behoort een van vreugde te wees en soos wat jy in My groei, behoort jou vreugde toe te neem.
As jy waarlik aan My toegewy is, sal jou hoogste begeerte wees om My beter te ken en beter te dien. Soos wat jy groei in geloof, sal jy gedurig streef na maniere om My beter te dien omdat jy wil, nie omdat jy moet nie. Om op jou pelgrimsreis hierdie toestand te bereik, is dit nodig dat jy steeds meer van My, Jahshua sal weet deur Bybelstudie en gesonde Christelike lektuur. Jy moet egter ook My, die lewende Messias, persoonlik ken en gedurig deur gebed in gesprek met My verkeer. Soek daarna om met My te wees, en hoe meer Ek ‘n onlosmaaklike deel van jou lewe word, hoe meer vreugde sal jy in My diens ondervind.
Verbly jou in My diens.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205