OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Oorwin depressie
03/12/07 om 18h40
Daar is besliste stappe wat ‘n mens in die geloof kan neem om jou depressie te oorwin. Die enigste voorwaarde is dat jy gewillig moet wees om iets daadwerkliks te doen.
Glo dat Ek, jou Vader in die hemel, groter is as jou omstandighede en as die probleem wat jou terneergedruk maak. Dra al jou probleme in die gebed aan My op. Moenie net ydele woorde uitspreek nie – praat met My.
Glo dat Ek ‘n deel het met hierdie donker tydperk in jou lewe: “Julle weet dat Ek alles ten goede laat meewerk vir die wat My liefhet.” Jy moet my nie weerstaan terwyl Ek iets in jou lewe tot stand wil bring in hierdie tyd nie. Bely dat depressie ook selfbejammering is en vermy dit as ‘n sonde. Moenie dinge slegs op die oppervlak lap nie; handel beslis en eerlik met die werklike probleem.
Jy moet besef dat jy nie altyd jou sin kan kry nie. Aanvaarding van jou omstandighede is eintlik die aanvaarding van My wil vir jou lewe. Frustrasie en bekommernis los eintlik geen probleme op nie.
Erken dat daar geen geldige verskoning is om neerslagtig te wees nie. Soek iets om My voor te dank en besluit om alles te doen wat nodig is om jou frustrasie te oorwin.
Ja, staan op en gaan uit. Ontmoet die werklikhede van die lewe in die wete dat Ek lewe en dat Ek aan die werk is in jou lewe. Onthou dat sondige denke net so skadelik is in jou lewe soos sondige dade. Denke soos: “Ek, jou Vader het jou nie lief nie! Ek jou Vader gee nie om nie! Ek jou Vader kan jou nie help nie!”, baar verkeerde gevoelens en verkeerde optrede.
As ‘n kind van My het jy aanspraak op My beloftes wat jou hele lewe kan verander as jy hulle toepas en uitleef. Die vrede wat Ek jou sal gee kan nie versteur word nie, want dit gaan alle menslike verstand te bowe. Kyk, daar is min dinge so erg soos ‘n depressie wat jou van jou geluk en blydskap beroof, en jou hele lewe kan verwoes.
Bely en doen afstand van sondige dade en sondige gedagtes. Dink soos ‘n kind van My behoort te dink en tree soos een op. Kry jou prioriteite in die regte volgorde. Plaas My eerste en nie jouself nie. Ja, hou op om te verwag dat alles om jou en jou probleme moet draai. In ware Christelike denke het jy geen probleem nie; slegs geleenthede om jou hemelse Vader te vertrou en My aan die werk te sien in jou lewe.
Raak eerder betrokke by die nood van iemand anders. Kyk weg van jouself en sien ‘n slag die wêreld om jou raak.
Geseënd is die man wat op My vertrou, en wie se vertroue die Vader is. Kyk, Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.
Amen
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205