OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 82
Volkome verlossing.
17 Desember 2007 om 11h00
Daar is so baie mense wat aan een of ander sondeband verslaaf is en smag om daarvan verlos te word. Sommiges is verslaaf aan sterk drank; ander ly weer aan ‘n humeur, of ‘n los tong, of onreine dade en gedagtes, of enige ander vorm van verslawing. Maar die weg tot oorwinning, ken julle nie. Ek, julle Vader, wil julle dan op hierdie, en dergelike probleme as volg antwoord.
Die Skrif sê: “Daarom kan Ek ook volkome red die wat deur My tot My gaan, omdat Ek altyd leef om vir julle in te tree.” Die woorde “volkome red”, dui op die verlossing van die mens en so ook julle van die skuld, straf en heerskappy van die sonde.
Baie gelowiges glo vandag nie meer dat julle volkome verlos kan word nie. Julle het dan ook vanselfsprekend geen praktiese ondervinding van die oorwinningslewe nie; ‘n mens kan tog nie jou eie ervarings betwis nie. Die maklikste uitvlug van en vir ‘n gebrek aan so ‘n lewe is natuurlik om jouself te probeer wysmaak dat daar nie so iets soos ‘n volkome oorwinningslewe bestaan nie. Die val-en-opstaanlewe is so algemeen onder My kinders te bespeur dat dit die reël word en die indruk skep dat dit maar so hoort. Hierdie sieklike toestand het die “normale” geword, sodat die oorwinnende lewe, wat eintlik die normale behoort te wees, nou abnormaal voorkom. Die eerste stap tot verlossing van julle vanuit hierdie dwaling is dat julle oortuig moet word dat daar volkome verlossing van die sonde vir jou bestaan. Ek kan verstaan waarom so baie kinders van My nie die oorwinningslewe ken nie; julle glo nie dat so iets waarlik moontlik is nie. Die Skrif sê egter: “So sal elkeen van julle dan vir julself aan My rekenskap gee.” Baie van My kinders het ‘n troefkaart ontdek om hulle eie vleeslike toestand mee goed te praat: “O, dit is perfeksionisme”, en hulle is weer los. So maklik sal julle darem nie van die waarheid wegkom nie. Weet jy wat is perfeksionisme? Dit beteken dat jy nie meer die vermoë besit om te kan struikel nie. So ‘n toestand bereik die gelowige nooit aan die kant van die graf nie, want die oproep om te waak en te bid, wat weer die moontlikheid tot struikeling insluit, kom tot elke gelowige. My kinders mag aan geen ding verslaaf wees en deur geen swakheid oorheers word nie. My Woord leer julle: “Wandel deur die Gees dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.” Die woordjie “nooit” dui op voortdurende oorwinning en is nie te sterk gestel nie. Dit weer bevestig die waarheid van volkome verlossing. Dit is moontlik, dit is noodsaaklik, dit moet so wees. Maar waarom is julle geestelike lewe so gebrekkig en ondervind julle so min van hierdie heerlike waarheid? Waarom is die sonde so dikwels op die troon? Ja, omdat julle die weg van volkome verlossing nie ken nie.
Julle lewe is byna soos hierdie gelykenis: ‘n Wurm probeer om te vlieg; hy het nie vlerke nie. Die wurm hou maar op om te probeer, en vreet maar net die blare van die bos waarop hy sit. Dan gebeur die wonder. Die wurm word ‘n papie, en die papie word ‘n mot en ... daar vlieg die wurm! Die slimste wetenskaplikes kan julle nie presies sê wat alles gebeur dat ‘n wurm in ‘n mot verander nie. Dit antwoord is: Dit is ‘n wonderwerk. Julle kan dus met sekerheid tot julle slotsom kom: Net so is dit met julle. Julle wil nie die sonde doen nie; julle wil loskom van die dinge van die wêreld. Julle wil ook vlieg, maar kan nie. So leer julle ook maar om op te hou om te probeer, julle kan tog nie. Soos die wurm leer julle nou dat die enigste oplossing is om My te eet. Dit weer beteken om My as julle persoonlike Verlosser aan te neem. Daarna ontdek julle in My die heerlike werklikheid van ‘n nuwe skepsel te wees. Ek, julle hemelse Vader, het aangebied deur te praat, en julle het ontvang deur te antwoord. Maar Ek is nie slegs julle geregtigheid nie, maar ook julle heiligmaking. As julle geregtigheid, maak Ek julle vry van die skuld en straf van die sonde. Volgens die wet is julle vry, maar as julle heiligmaking maak Ek julle vry van die oorheersing van die sonde, sedelike vryheid. Die geregtigheid volg My tot by Golgota en die graf, maar die heiligmaking tot in My opstanding. By die kruis ontvang julle vergifnis van sonde en vrede; by die opstanding ontvang julle volkome verlossing; omdat Ek altyd leef om vir julle in te tree. Ek is julle volkome verlossing. Die eerste stap tot volkome verlossing is dan om tot bekering te kom, deur My in die geloof as Redder aan te neem. Baie het dit alreeds gedoen, maar ontdek nog die bande van sonde in jou lewe. Die rede hiervoor is dat julle nog nie vir My as julle heiligmaking ken nie. Sonde is soos ‘n puisie – hoe meer jy daarmee lol, hoe erger word dit. Kyk weg van die sonde. Gee dit aan My oor en bekommer jou nie meer daaroor nie, maar kyk na My. Bekommer jou oor die dinge van die hemel en Ek sal sorg vir jou sondes. Julle moet bid en My aan My beloftes herinner en julle moet My vertrou vir onmiddellike verlossing. Neem My op My woord, en doen dit nou. Alleen dan kan julle My behaag. Deur My woord te eer sal julle ontvang. Moenie na bewyse soek nie. Stap nou uit en gehoorsaam My Woord, en jy sal verlos word.
Dit vra Ek, julle hemelse Vader vir julle, wees gehoorsaam aan My Woord!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205